[Video] Tugstappe teen slapende polisiebeamptes

'n Skermskoot uit die video. Die  video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Drie polisiebeamptes van die Postmasburg-polisiestasie in die Noord-Kaap het vandeesweek kennisgewings van beoogde skorsing ontvang nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle aan diens geslaap het.

Dié beamptes is op 4 Desember 2015 deur Dewald du Plessis, ʼn lid van die plaaslike AfriForum-buurtwag, betrap toe hy ondersoek ingestel het ná klagtes dat dié polisiestasie nie hul telefone beantwoord nie.

Arnold Spies, ʼn inwoner van Postmasburg, het die buurtwag geskakel nadat daar op die betrokke dag omstreeks 04:30 by sy huis ingebreek is en hy nie die polisie in die hande kon kry nie.

Du Plessis is direk daarna na die polisiestasie en het ʼn video met sy selfoon geneem. In die video kan ʼn mens sien hoe verlate die polisiestasie lyk en dat drie beamptes uit hul slaap gewek word en deurmekaar voorkom. Een van die beamptes lê op haar maag uitgestrek op die vloer, sonder haar skoene.

AfriForum het ná die voorval onderneem om druk op die stasiebevelvoerder en die provinsiale kommissaris te plaas om teen die betrokke beamptes op te tree.

“Die polisiestasie was so te sê onbeman. Die enigste drie polisiebeamptes wat aan diens was, was vas aan die slaap,” het Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noord-Kaap, gesê. “Die feesseisoen is hier en ons kan nie bekostig dat polisiebeamptes op hul louere rus nie. Misdaad neem veral oor dié tydperk toe en ons verwag van die polisie om gerat en gereed te wees vir enige situasie en om dadelik op inwoners se noodkrete te reageer.”

Brig. Masebueng Mochologi-Maleeme, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die provinsiale polisiekommissaris is bewus van die video-opname en dat ʼn interne ondersoek van stapel gestuur is.

“Die beamptes het Maandag in terme van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se dissiplinêre beleid kennisgewings van beoogde skorsing ontvang en het 14 dae om skriftelik te reageer waarom hulle nie geskors moet word. Hulle is tans nog aan diens en die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

[wpvideo om6eDILp]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

HANNIE ·

wat ‘n skande! Hierdie is maar net een geval wat ons van weet. Wonder net hoeveel sulke slegte goed daar nog is.

Peet Schabort ·

Hannie, nie baie lank gelede (2015) het dieselfde gebeur op Middelburg Tvl .

snuffel muis ·

Kaptein lag terwyl die skip sink waar is die polisie as jy hulle nodig het… Slaap slaap slaap.,

Eish! ·

Ag nee rerig, hul het niks gedoen nie. Hoekom optree teen die arme mense………. (Dalk sal die kommentaar geplaas word.)

Tascha ·

OK so hoe presies is daar teen hulle opgetree as hulle 1. Steeds aan diens is en dus ‘n salaris gaan kry einde van die maand en 2. 14 dae gegun word om redes aan te voer waarom hulle nie geskors moet word nie? Nee, wat los maar dis soos ek gesê word niks sal verder van die saak kom nie want ons polisie mag is ‘n grap! En dan wonder hulle waarom die lede so doodgeskiet word? Niemand kan respek het vir ‘n nar nie!

Ruby ·

Swak swak swak!!!

Hulle kon ons kommando’s weggevat het maar darem het ons ons buurtwag.

Alles wat werk word weggevat, bekwaamheid is vir hulle ‘n bedreiging.

Sarie ·

@ Ruby: Ek stem volmondig met jou saam… As ‘n booswig ‘n pistool wou hê, kon hy 3 sonder moeite of geld bekom het, & ongemerk vd toneel verdwyn het…. Wonder hoè die beamptes die verdwyning van hul wapens sou verklaar???

LYNN ·

Ag hulle was seker maar ‘n bietjie moeg. Nou ook lus om ‘n ou uiltjie te knip. :)

Ellie ·

Hulle moet summier afgedank word..Red nou ‘n nasie dan sit jy met dit opgeskeep.

Johann ·

Nou hoe is julle harte vriende die ou is 24 uur aan diens nou word hy gestraf oor hy die leopard croll oefen so n swerkater

atas ·

Saggies sluimerende slapende sus
Hier lê ek op my hoepel magie so knus,
Saggies sluimerende slapende sus
Van wat moet ek my nou eintlik vergewis?

Saggies sluimerende slapende sus
Borrelend en babbellend, hoor ek misdaad gis
Saggies sluimerende slapende sus
Gee klaasvakie my wang ‘n kus

Saggies sluimerende slapende sus
Vou ek my hande oor my slaapkuil en mus
Saggies sluimerende slapende sus
Sorgeloos verjaag jou pyn nie my lus

Saggies sluimerende slapende sus
Waaragtig! vandag is ek vir niks lus,
Saggies sluimerende slapende sus
Genade! Ek kort mos my rus…?

Swanna ·

Atas, baie mooi het jy nie dalk een vir ons oor JZ nie. Assebblief man dink ‘n bietjie dit gaan nie baie verg om so iets oor hom te dig nie. Great!!!!!!!!!

broos ·

Wonder wat sou hulle doen as iemand ‘n cracker of ses laat afgaan het? Sou hulle dan wakker wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.