Video: Tuinwerker ontvoer; uitgevra oor huiseienaar

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Beeldmateriaal van kringtelevisiekamera wys hoe ‘n tuinier voor ‘n huis in Oakdene, suid van Johannesburg, deur vier mans in ‘n motor geprop word voor hulle met hom wegjaag.

André Snyman, stigter van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het aan Maroela Media gesê die voorval het Maandag net na 12:00 plaasgevind.

Hy sê die tuinier is deur die vier mans aangerand terwyl hulle hom vir inligting gevra het oor sy werkgewer. Hulle het onder meer gevra wie by die huis is, of daar honde is en watter veiligheidstelsels in plek is.

Die mans het die hek se afstandbeheerder en huissleutels by die tuinier gevat.

Snyman sê die tuinier kon daarin slaag om te ontsnap en het onmiddellik sy werkgewer in kennis gestel. Hy sê die huiseienaar het die huis se slotte vervang en ‘n nuwe frekwensie vir die hek se afstandbeheerder gekry.

Volgens Snyman het die huiseienaar se veiligheidsmaatskappy Maandagaand deur die nag voor die huis gepatrolleer. “Die huiseienaars het vanselfsprekend nie ‘n goeie nagrus ingekry nie.”

Snyman het huiseienaars aangeraai om nie vir hul huishulpe of tuinwerkers sleutels van die huis of ‘n afstandbeheerder van die hek te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nina ·

DIT is hoekom ek self my huis skoonmaak, verf, erf instand hou ens. Liewe hemel. Die kriminele het omtrent vrye teuels in hierdie land!

dalene ·

Dis hukom ek glo om eerder van n tuindienste gebruik te maak en te sorg dat ek by huis is wanneer daar gewerk word vertrou niemand

dalene ·

Dis hukom ek glo om eerder van n tuindienste gebruik te maak en te sorg dat ek by huis is wanneer daar gewerk word vertrou niemand

Carlynne ·

Dis dan die selfde straat waar die ADT kar wegry en dan breek hul by die huis in onder op die draai terwyl die mense weg is-die eienaar se in sy brief ADT het deel in die inbraak?????!!!!!

"Huh!" ·

Daar het julle dit nou, nê? So, wanneer gaan julle tot julle sinne kom, en selfwerksaam in hierdie land word? Die man kan sy sterre dank dat hy nog leef. Dit kon so maklik anders uitgedraai het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.