Video: Tuks-student hospitaal toe ná uitvoering skeefloop

‘n Skermskoot uit die video.

Die voorval waarin ʼn student aan die Universiteit van Pretoria Saterdag tydens die Step It Up-danskompetisie, voorheen bekend as Serrie, beseer is, word as ʼn ongeluk bestempel.

Die student, ʼn inwoner van die Madelief-dameskoshuis van die universiteit, is tydens dié koshuis se optrede in die eindstryd van die kompetisie in die universiteit se amfiteater op die kampus beseer toe sy as deel van die uitvoering deur haar koshuismaats in die lug gegooi is.

In ʼn video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die student deur haar koshuismaats gehelp word om orent te kom voordat sy in die lug gegooi word. Dinge gaan egter nie volgens plan nie en die student tuimel grond toe met die gehoor wat geskok reageer.

Rikus Delport, woordvoerder van die universiteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Delport is die student ná die val deur paramedici behandel waarna sy per helikopter na ʼn hospitaal vervoer is. “Haar familie is in kennis gestel en die universiteit bied tans ondersteuning en bystand,” het Delport gesê.

Die student is tot dusver nie geïdentifiseer nie en dit is nie duidelik wat die aard van haar beserings is nie. Luidens berigte is die verwagting dat sy ten volle sal herstel.

“Dit was net ʼn ongeluk. Dit moet ook so hanteer word. Dit is baie sleg wat gebeur het, maar dit maak nie die kompetisie sleg nie, ” het Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, gesê. Dit is die eerste keer dat ʼn besering van dié aard tydens die kompetisie opgedoen is, het Maree gesê.

Volgens Delport is ander deelnemende koshuise as ʼn voorsorgmaatreël gemaan om na dié voorval nie meer mense in die lug op te gooi as deel van hul uitvoering nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

J ·

Vinnig hersel! Dis wat gebeur as n lot eerste jaars n ding reel en “movie” danse wil doen sonder die opleiding of kunde.

Zenithia ·

Siesta vir jou!! Dit was n ongeluk. Skaam jou. Baie sterkte aan die student en familie. Ons bid vir julle?

Abe ·

J,
“Movie” danse se voet: uiters onverantwoordelik en kinderagtig. Hulle behoort strafregtelik vervolg te word. So n kompetisie behoort ook nie by n akademiese instelling gehou te word nie.

Veiligheid eerste ·

@J:
Ek stem saam met jou. Sulke toertjies moet eerder deur professionele mense hanteer word en daar moet baie strenger veiligheidsreëls wees.

Hierdie opvoering was egter nie net deur eerstejaars studente nie. (Hulle konsert was reeds in die begin van die jaar.) Soos ek verstaan, mag ouer studente ook aan die “serrie” deelneem.

Ons bid vir die student se volkome herstel.

Petro ·

That’s Life… Ongelukke gebeur… Hoop sy is ok en vinnig op die been x

Bekkige Berta ·

As dit nie vir kompetisies soos hierdie was nie sou menigte studente nie kan volhou met die akademiese stress wat hulle ervaar nie (insluitende myself), dit is hierdie kompetisies wat studente help om te cope met die stress wat hulle ervaar, Jinne mense, gun die studente darm dit,

Vinnig herstel dame

RAUkie ·

In my tyd het ons sommer by Milky Lane in Cresta gaan draai vir ‘n roomys, of gaan fliek, of sommer net gaan koffie drink saam jou pelle om bietjie te ontlaai. Of gewag vir die volgende jol saam met Afslaan se oulike manne. Kyk nou net hoe het dinge verander!

A ·

Ek stem saam Bekkige Berta.
Dis deel van koshuis pret, maar my hart gaan uit na die student en haar familie

GM ·

Bekkige Berta, ek weet darem nie so mooi van die ‘help vir stres nie’. Vir my het die eerstejaarsdansies gesorg dat ek meer gestres was oor my akademiese verpligtinge, want oefeninge moes altyd na klas ingepas word en die volgende dag moes ons klastoetse skryf (By US).
Die opvoerings sorg wel vir ‘bonding’ tussen eerstejaars.

Wonder soms ·

Ek hoop die studentjie herstel vinnig. Ek het al Laerskole sulke toertjies sien doen… Dan is die meisies wat gelig of gegooi word darem gimnaste of iets. Maar het ook al asem opgehou as die seuns, wat nog nooit gedans het nie (my rugbyspeler seun was een), meisies moet optel en rondgooi… all in the name of winning. Die feit bly staan die kinders (studente) is mal oor die dansgroepies en ongelukke gebeur…

Koos ·

Hierdie is studente, en dit was n fout, ek het al die voorreg gehad om na “chearleading” kompetisies in ander wereld dele te kyk van kinders wat baie jonger is, en daardie gooi kunste laat mens se maag draai, as iets reg ge oefen en afgerig word kan dit steeds skeef loop, ek dink aan die gimnas wat beide bene gebreek het na jare en jare se deelname, menige beserings gebeur, en dit is so hard dat die vooste groep nie eens weet van doe agteste nie, hartseer maar n ongeluk, hoeveel mense nestuur duisende ure om een dag n fout te maak? Moet alle voertuie nou net deur F1 mense bestuur word, wat ook gereeld ongelukke maak? Hierdie was n fout en ongeluk en ons bid haar beterskap en volle herstel toe.

moeg betaal ·

nou kyk hoe moan die ouers julle betaal belaglike bedrae aan julel kinders as sakgeld , en kos verblyf en studies, het julle al gesien waste maak klere dra die studente deesdae en waste drankies hulle drink…ons werkende mense wat sukkel om die kinders op universiteit te hou elke maand na maand van hand na mond lewe did wat studente doen hulle leef asof daar geen more is nie leef net vir die dag…hulle het geen benul van verantwoordelikheid nie en niks pla hulle nie , wnt ma en pa sorg en alles word net geee…ek self sien dit in ons dogter sy soek net en vat geen verantwoordelikheid vir dade nie …..wa le die problem nie by die kinders maar by ons as ouers….hartseer ne want ons wil tog nie he hulle moet swaar kry nie …..so dis ons eie skuld , los die oordeel want ons dra skuld in die hele studente lewe wat hand uit ruk..

Lizelda ·

Ai, julle mense wat so klippe gooi sal seker nooit ophou nie neh? Kinders bly kinders en studente bly studente. Ek is doodseker hulle het voor die tyd geoefen daarom was hulle reg vd opvoering. Gaan kyk bietjie hoe speel die jong laaities rugby voor skool en as jy mnr of mev wat so baie te se het dink jou bloedjie is stroopsoet op Universiteit/kampus?? Surprise, surprise. :-) Ek wens die student alle voorspoed en vinnige herstel.xxxx

K ·

Serrie is al lank n tradisie vir tuks se koshuise. Dis pret.
Maar wat my ontstel is dat die berig maak asof dit net n klein besering was maar mede studente wat daar was sê daar was soveel bloed dat dit moes opgemop word.
Die nuus van haar vriende is dat sy n gekraakte skedel het en haar nek is gebreek sy is nog in die hospitaal. Ek weet nie of sy nou al weer bewus is nie.
My hart gaan uit na haar en haar familie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.