[Video] Tuks weer gesluit ná geweld

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Klasse op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) is Maandag opgeskort nadat betogers weereens die kampus bestorm en klasse ontwrig het.

Die universiteit het op sy Facebook-blad aangekondig dat lesings nie Maandag sal voortgaan nie. Klasse op die universiteit se Groenkloof-kampus gaan egter normaalweg voort. Die universiteit se woordvoerder was nie Maandagoggend onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Ian Cameron, woordvoerder van AfriForum Jeug, het aan Maroela Media gesê dat lede van die EFF in alle Afrikaanse lesinglokale ingestorm het en klasse en toetse stopgesit het. Volgens Cameron het die EFF-groep later na die hof beweeg waar talle van hul lede verskyn het nadat hulle Vrydag in hegtenis geneem is vir openbare geweld en saakbeskadiging.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“ʼn Groot groep van die Afrikaanse studente staan nou hier buite op die kampus en wag. Ons het gehoor dat die EFF weer sal terugkeer na die kampus sodra die hofverskyning verby is. Hierdie [Afrikaanse] studente is nie bereid om die kampus net so agter te laat nie,” het hy gesê.

Die universiteit het vroeg Maandagoggend op sy Facebook-blad gesê die voorgestelde pad vorentoe is dat lesings slegs in Engels aangebied sal word en dat Afrikaans en Sepedi slegs gebruik sal word vir bykomende ondersteuning aan studente. “Om die taalbeleid te verander, is ʼn statutêre proses. Hierdie wysigings word deur die Senaat ondersteun en sal deur die raad oorweeg word. Enige verandering aan die taalbeleid sal ook aan die minister van hoër onderwys en opleiding voorgelê moet word.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Intussen het ʼn student ʼn video aan Maroela Media gestuur waarop gesien kan word hoe die betogers met kampuspolisie bots. Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die betogers gewelddadig raak en omstanders te lyf gaan.

Die EFF se studenteverteenwoordiging het Maandag ʼn program vir die dag op sy Facebook-blad geplaas. Volgens die program sal hulle binnekort terugkeer na die kampus vir ʼn “massa-vergadering”. Die inskrywing is gemerk met die hutsmerke #AfrikaansMustFall, #AMF en #UPBlackMonday.

Altesaam 27 betogers is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle buite die hekke van die universiteit gewelddadig geraak, klippe na joernaliste en voertuie gegooi en polisievoertuie beskadig het.

[wpvideo 62omGoNh]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Jacques ·

Ai fooitog hulle kan nie eers spel nie maar hulle wil verniet studeer

karen b ·

Dis vir my baie jammer dat die studente wat werklik wil leer, en hulle is oorheersend weer wit en afrikaans, moet terugstaan vir die onopgevoede betogers, wat volgens die fotos wat maroela media self plaas, oorheersend swart en moontlik van ander tale is. Ek wonder net of hierdie tenagekome studente enigsins tegemoet gekom word t.o.v kostes vir hul studies, want waarom moet hulle betaal as hulle op hoeveel dae uit die studente leer jaar verontrief word?

Carike ·

Hoekom moet afrikaans afgeskied word terwille van hulle ons studente betaal vir hulle klasse. Laat hulle hulle eie universiteite kry

Willie ·

Carike,as jy die SAKP se notule van hul afgelope kongres lees staan daar duidelik dat die onderwys in sy geheel ontwrig moet word en dit alles met die medewete van die anc! Hulle stel dit baie duidelik dat dit hul fokus punt gaan wees en dan die ‘grass roots’ en shop stewards soo hulle dit noem sal gemobiliseer word. Daar le die brobleem en al wat hulle doen is om afrikaans die onderwerp te maak van hul aanslag en die res sal vanself gebeur soos ons dit tans ervaar.

Dee ·

Wel Willie, as jy SAKP in hoofletters skryf en Afrikaans met ‘n kleinletter is jou prioriteite ook bevraagtekenbaar.

Loeis ·

Jap, blankes moet moet die prys van hul keuse van 1992 betaal. Toe, nou, maak nie saak nie. Dit gaan gebeur.

tamboti ·

DPJ ek verstaan jou kommentaar glad nie, vra jy of die eerste skoot nou gaan klap vir die/’n rewolusie?
Ek dog jy bid en propageer net vrede???

Christo ·

Dit is hoogtyd dat hul op hul plek gesit word want duidelik werk net gepraat nie meer nie al wat hul ken is geweld, maar het ons nog die ruggraat, dis ander vraag. Ons moet tenduurste betaal vir wat ons wil hê, maar hul wil net demand en afbreek, as hul hul sin hier ook gaan kry dan kan almal maar handdoek ingooi, want dan is dit duidelik hul kry alles met hierdie tipe optredes reg en wat is dan volgende, besetting van plase? Wanneer is genoeg genoeg?

Simon ·

Jou vryheid strek ook net tot die punt waar jy ‘n ander se vryheid ontneem. Hulle het geen reg om my as student se klastyd te kom ontwrig nie, hulle moet van kampus geweier word. Ek moes vanoggend kyk hoe talle mense met EFF hemde toegelaat word op kampus hoewel daar ‘n hoë kaans was dat hulle remoerig sou raak. Kyk nou net!

Student ·

Hoe kan studente met EFF hemde toegang tot kampus geweier word? Dit is n vorm van diskriminasie. En in SA word dit rassisme genoem.

Simon ·

Dit is tog waar maar EFF was verseker nie daar om koekies uit te deel nie.

Therese van Schalkwyk ·

Dalk moet iemand net gou prof. Karin van Marle se bystand inroep dat sy persoonlik “die betogende studente kan bedank”. Sy is hoof van die departement regsfilosofie by Tuks en van mening dat die “protesoptrede verwelkom” moet word, omdat dit “substantief verband hou met die akademiese oogmerk van ‘n universiteit”. Dit sal o.a. van die studente “verantwoordelike burgers” maak.

Alle sterkte, professor van Marle!

Christoff ·

Klasse op Groenkloof is ook gestop en van die personeel is huis toe. Studente wat nie deel is van betoging nie is moedeloos.

Batman ·

En dan gaan hulle nogsteeds nie tevrede wees nie. Wat’s volgende?

Maggie ·

Ek sit in die buiteland, maar my hart is nog altyd in Suid-Afrika. Nou sit ek en kyk na hierdie ontstellende video en my hart breek vir ons Vaderland. Ons kosbare, mooi land, waar ons Afrikaners nie meer welkom is nie. Direk na ek hierdie video (oor en oor) gekyk het (om al die omstanders se reaksies dop te hou), luister ek na die lied wat Bok van Blerk sing, ook in vandag se Maroela blad en ek voel omtrent of ek iemand aan die dood afgestaan het. Wat het geword van die gelukkige tye toe ons land nog vir ons veilig gevoel het? Ek wil so graag eendag terugkeer na SA, waar my familie en kultuur is, maar wonder of my kind daar sal veilig wees. Ek besef dat my verantwoordelikheid is om regtig elke liewe dag op my kniee te gaan vir ons land en ons nasie. God is die Een wat ons land kan red en versoen.

Loeis ·

Neem maar vir Bok van Blerk met ‘n knippie sout. Hy is die een wie Ons vir jou Suid-Afrika sing. “Sien net ons helde, span saam op die veld, sal veg tot die einde om ‘n nasie te smelt”. Dis presies waarvoor Mandela daai dekselse sport waarmee mense so obsessie het met soveel sukses ingespan het om patriotisme uit te roei en met iets anders te vervang. Dit is om van siek te word.

Magda ·

Maggie, ek het nog altyd gesê ek sal NOOIT my SA, my Vaderland verlaat ter wille van die massas (gepeupel) nie. Maar ek wens ek het lankal my land verlaat, want hoe regverdig mens dit waarmee hulle besig is? Jy is reg, net GOD kan ons land hieruit haal, maar dan gaan ons eelte op ons kniee kry van al die gebid, want God se Woord sê Hy het Sy eie tyd , en die tyd is nog nie reg nie…Bybel vertel mooi wat alles eers moet gebeur

Magda ·

Hierdie gepeupel besef nie dat hul die toekoms van hulle boeties en suusies wat oor n ruk ook graag wil studeer, in die wiele ry nie. Daar gaan niks oor wees as hul voortgaan met hul vernietigingsveldtog nie. Miskien moet hul eers basiese onderrig in maniere en logika kry?

Simon ·

Hoekom nie eerder die Universiteit uitbrei deur Sepedi of Sotho by te sit as onderrigtaal nie. Hoekom nou juis die diversiteit verminder? As Engels eers as die hoof taal gekies word gaan dit lank wees voor daar weer meer tale beskikbaar is vir onderrig, mens kan nie nou baklei vir engels en dan later soek jy jou eie taal by nie.

Karma ·

Ek stem, Simon. In elkeen van die provinsies van SA is daar 3 amptelike tale; in die Wes Kaap is dit Engels, Afrikaans en Xhosa. Daar moet diversiteit wees en taalbeleid moet gebaseer word op demografie. Bv. as Afrikaans die huistaal van 45%, Engels 35% en sê-nou-maar 20% Xhosa van alle huishoudings in die provinsie is, moet die taalbeleid so aangepas word. Daar moet vir studente KEUSES wees: wil hulle in hul huistaal onderrig word, of verkies hul Engels, wat dalk hul tweede taal is of Afrikaans, wat hul derde taal mag wees. Omdat ek Afrikaanssprekend is, dring ek daarop aan om in my huistaal bedien te word; of ek nou diens vra oor ‘n toonbank of oproepsentrum na Eskom of Telkom.

Wat ek NIE mee saamstem nie, is die konnotasie wat daar nog steeds na al die jare gemaak word tussen Afrikaans, die blanke persoon en rassisme. Ek stem ook nie saam met die anargistiese manier waarop studente hul griewe lug nie. Ek verstaan nie hoekom jy moet breek, verniel, afbrand en beskadig om jou standpunt uit te lug nie. Maar ek dink nie dit is suiwer net die lug van griewe, hierdie gevalle nie. Ek dink die ANC Jeugliga en EFF Jeug (dalk ander politieke deelnemers ook) het ‘n groot aandeel hierin en dan ook die massa-“mob” element.

Student ·

Vir kwaliteit onderrig stem ek vir onderrig in jou moedertaal. Ek ondersteun die standpunt dat die taalbeleid aangepas moet word om die demografie te verteenwoordig. Bring Sepedi na die universiteit. Veral in die eerste en tweede studiejare waar aanpassing vanaf hoërskool telkemale die rede is waarom studente uitval. Die (tegniese) wêreld is egter Engels, so 3de en 4de jaar vakke kan slegs in Engels aangebied word. Dit is hoe dit reeds by die Ingenieurswese departement van die universiteit is.
Die teensy hiervan is dat dit geld kos om poste te skep. Die studente het reeds betoog vir goedkoop tersiêre onderrig. So hoe gaan mens voort van hier af?

Flippie ·

Dit gaan nie oor dir taal NIR dit gaan oor die wittes mense wat die taal praat!!! Hierdie mense haat ons met ‘n passie en sal nie stop voordat die Afrikaner/Boervolk totaal tot niet is nie.

Theresa B ·

Dit absolute veregaande. Is daar niemand wat hierdie spul maniere kan leer nie? Hoe lank dink hulle moet dit so aangaan? Hoe lank wil hulle alles met geweld regmaak en alles verwoes. Wragtig – Nou moet iemand daadwerklik iets doen. Almal staan net en toekyk en “veroordeel” alles. Julle spul in die Parlement praat net elke dag julle praatjies en ons land word verwoes deur ‘n spul wat nie verder as hul neuse kan dink nie!!!!

hans ·

Nog geen berig gesien dat die Rektor die student wat die vieslikhede teen Afrikaans op bord geskryf het asook die EFF-lede wat wit studente met bottels aangerand het permanent geskors het. Hoop die afrikaanse studente stel groot eise teen EFF en UP bestuur in vir die trauma wat hulle vandag moes beleef. Die UP bestuur moet eerbare weg volg en onmiddelik bedank aangesien hulle hul verantwoordelikheid teen afrikaanse studente versaak het. Bestuur is bang om teen EFF op te tree darom moet hulle hoes en betaal.

Verskoon tog ·

Ek het perongeluk geklik op die rapporteer knoppie! Ek vra om verskoning, moet nie sy kommentaar afhaal nie.

Rynhardt ·

A special message for arrogant students:You have written on wall,”Afrikaans must fall”.I also have a special message for you:English must fall plus Zuma must fall and Anc must fall now!All my messages are much better then yours and it’s a special gift from me to you!

Karma ·

Eish!!! Man, pleks hulle het die spelling ‘reg’ verander, die ‘k’ met ‘n ‘c’ vervang en die dubbel ‘a’ uitgelos – #AfricansMustFall!!! :-))

Maggie ·

Loeis, jy kan reg wees oor “Ons vir jou Suid-Afrika”, maar ek het nog altyd die ‘velde’ as die oorlogsvelde van destyds gesien en die ‘helde’ as ons voorvaders, wat geveg het vir hul nageslag. Ek hou van rugby, maar sien beslis nie die spelers as my helde nie. Hulle is sportmanne, want ons land verteenwoordig.
God kan ons red en nie noodwendig eers later nie. Daar is die lied wat ons destyds in die kerk gesing het, wat ook iewers in die Bybel staan…’as my mense, wat my Naam dra, hul harte skeur, na my Wil vra en omdraai terug na my, dan sal Ek luister, Ek sal vergeef, oorvloediglik sal Ek hul seen, Ek sal hul land genees’. Ek glo dit.

Loeis ·

Jy is reg oor ‘n paar goed, Maggie. As jy na die voorkant van die CD kyk waarna ek verwys, sal jy sien waaroor die bok so blêr.

Mike de Beer ·

Opsetlike saak beskadiging, aanranding, aanhitsing tot geweld, vandalisme is almal kriminele dade. Diegene wat daaraan skuldig is behoort gearresteer te word en te boet vir hulle dade. Eienaardig dat sekere groeperings van mense hulle wend tot bogenoemde en ander groeperings eerder die pad van onderhandeling in vrede en harmonie loop. Maak dit van my ‘n rassis … of is ek bloot ‘n realis?

Pieter Basson ·

Die mense wat so praat van God sal red, ek is seker die Christene in Zimbabwe (veral), Sudan, Sirië ens het dieselfde gesê…? Ek dink die realiteite is dat dis ‘n kwessie van tyd vir die wit Afrikaner in SA. Studies het bepaal dat die SA bevolking teen 2035 omtrent 68m gaan wees. So ons kinders wat nou op skool is gaan dan so 35j oud wees en nog steeds deel wees van die net sowat 4m wit populasie op daardie stadium. (Dus ~1:17 vir BEE kwotas, wat nooit hersien gaan word nie.) Sien jy enigsins dat minderheidsregte eerbiedig en gehandhaaf gaan word (as dit nou al gaan soos wat dit gaan), of sien jy dat taal, kultuur, geskiedenis, bestaansreg ens vernietig sal wees, en grootskaalse onderdrukking (‘tyranny’). Die plan is klaar duidelik – neem ekonomiese bestaan & vryheid weg (BEE ens), asook naskoolse opleiding (omtrent geen toegang tot tersiêre instellings), eiendom ens. Sien julle die groot prentjie?

Flippie ·

Pieter Basson jy is so reg. Ek dink die tyd is reg vir ‘n volksverhuising. Afriforum moet hierdie opsie oorweeg. Laat ons ons verdiende erfporsie van die SA regering kry en die stof van hierdie plek van ons boete afskud – want hulle wil ons nie hê nie.

tamboti ·

Ja Pieter dit is waar, Christene glo altyd God sal hul red maar besef nie hulself moet die aksie neem en dan kan God hul help daarmee.

david ras ·

Heeltemal korrek Pieter Basson–die groter prentjie is om die wittes uit SA te verdryf d.m.v die metodes wat jy genoem het.
Dit raak al duideliker dat ons hier die ou spreekwoord beleef—DIE GESKIEDENIS HERHAAL HOMSELF.
So omtrent 86 jaar gelede het daar ‘n man in Duitsland die bewind oorgeneem. ‘n Man met ‘n verterende haat jeens die Jode-‘n etniese minderheid in Duitsland.
Die man se naam was Adolf Hitler, en hy was die stigter van Nasionaal Sosialisme of meer bekend as Nazisme.
Hy het ‘n uitgebreide plan gehad om die Jode uit Duitsland te verdryf deur-in jou woorde, “hulle ekonomiese bestaan en Vryheid weg te neem”…soos verwoord in sy Nuremberg deklarasie.
Hitler was inderwaarheid die ontwerper van Regstellende Aksie–wat ons nou beleef is ‘n kopie daarvan uitgespreek in ANC taal.
Wat kan ons daaran doen , en hoekom ?
Omdat ons nou buitelandse hulp en druk bitter nodig het.
Vraag is net–weet die buiteland van die Swart Nazisme ?

In sy boek History of the modern world from 1918 to the eighties beskryf die historikus Paul Johnson vir Hitler as a Race Socialist. Sosialisme en Rassisme is nou openlik ANC swart beleid.
Dis die ander deel van die groot prentjie.

Meraai ·

Dit is vir my opvallend dat nie een van die blanke studente soveel soos ‘n hand gelig het nie, maar dat die oproerige EFF kaders nie kon wag om geweldadig te wees nie. Dit kan wraggies nie vryheid van spraak wees as ‘n man wat duidelik tussen die oproeriges en ‘n handjie vol swart studente staan, niksvermoedend van die kant af gemoker word deur ‘n oproerige wat blantant haat nie!
Ironies dat die gelag in die agtergrond nes ons agbare president se laggie klink – ‘n siek poging tot humor, wanneer daar absoluut niks is om oor te lag nie!

Anell ·

Groenkloof se klasse is ook opgeskort. Ek is n onderwysstudent by tukkies .. almal was Sondag aand in kennis gestel dat klasse soos normaal sal verloop. Ek het toe ek op kampus stop deur clickup in kennis gestel dat dit weer afgestel is .. ek het dus vandag onnodig 44km gery.

Tommie ·

Dit gaan nie oor Afrikaans as onderrig taal nie, maar wel die “wraak van die donker mense” ideologie in die volgende rat!

tamboti ·

Tommie aangesien MM amper alles wat ek se sensor kan ek net met jou saamstem, dis die haat wat nou na vore kom.

Johan ·

Vanoggend op kampus was sekuriteit baie sterker as gewoonlik maar die universiteit is groot en daar was net gemiddeld twee wagte per gebou. Die swaar sekuriteit was by die hoof ingange. Daar was meer as een groot groep en sekuriteit was as gevolg verdeeld. By die gebou waar ek was het die EFF lede ingestorm en chaos in die lesingsaal gemaak en gekeer dat die studente die lokaal kon verlaat. Toe die groep daar klaar was het hulle begin rondbeweeg op kampus maar van wat ek kon sien het die sekuriteit geen poging aangewend om hulel van kampus af te kry nie, hulle het die groep net gevolg om daar te wees as die pap êrens anders spat.

Magda ·

Dalk is die sekuriteit ook lede van die EFF- lol of is hul betaal deur EFF…

Pammie ·

Dis blatante rassisme en klaar. Ons is wit, ons is Afrikaans en ons kinders WIL graag studeer en selfs betaal vir hul studies, maar die massas wil alles verniet hê en as hulle nie hulle sin kry nie, dan hulle afbreek, ontwrig, vernietig, verbrand en dan die verlede die skuld gee vir hulle huidige optrede. Lyk en klink nie vir my of hulle enigsins iets tussen die ore het nie. Hoeveel van die wat so rumoerig is, val nie uit na n jaar se tydmors op universiteit nie ! Nee wat, gee vir die mense wat graag WIL betaal om te WIL studeer , hul eie universiteit en laat die massas maar voort ploeter soos die res van ons land se leiers ! Kyk wat gebeur in Namibië. ! Vrede en vooruitgang by hul uiniveristeite.

alida ·

Mens is soooooooooo gatvol vir hierdie spul. Betaal die afrikaanse studente se geld onmiddellik terug en stuur hulle huistoe. Daar sal wel ‘n uitkoms wees elders. Laat die spul betogers dan maar met die Universiteit doen NET WAT HULLE WIL. Dit is in elk geval lewensgevaarlik vir hulle om op die kampus te bly. Die volgende sal wees hulle steek die koshuise aan die brand.

Trolle ·

Ek wens ek kon soos die EFF se wat ek graag wou se sonder om gesensor te word,want daar is net een woord vir die klomp.

Myne ·

WAT GAAN MET HULLE GEBEUR-NIKS NIE!!!

WAT GAAN MET HULLE GEBEUR-NIKS NIE!!!

WAT GAAN MET HULLE GEBEUR-NIKS NIE!!!

WANT HULLE KOM MET ALLES WEG!!! WAT GAAN HULLE OOR VOLGENDE BETOOG?? ONS MAG NIKS HÊ NIE, ALLES WORD VAN ONS WEG GEVAT!!

SUID-AFRIKA SE NAAM MOET EINTLIK DUBBELSTANDAARDE WEES!!!

anna ·

eis betaling terug van universiteit oor studies wat geonderbreek word v ir studente wat daa r is om te leer.

Marius ·

Die minderheid Afikaners is gelowiges en die meeste Afrikaners is marginale gelowiges, maw hulle glo in God maar gaan nie meer kerk toe nie, en sal ook vir jou sê dat geloof nie enige direkte impak op hul lewens het nie. Dieselfde geld vir nie-blankes. Hou geloof maar uit hierdie politieke debakel uit. Meeste mense swart en wit glo glad nie meer in God se hand in enigiets nie. Almal het redding nodig, swart en wit. Hierdie gaan oor ideologiese en politieke gewin, niks anders nie. As daar reeds streng opgetree was met Rhodes must, sou dit nooit so chaoties geraak het nie. As jy ‘n swart student is wat teen die barbaarse gedrag is, is jy ‘n verraaier. Daar is baie swart student wat hulle ten sterkste distansieër van die gedrag, net soos wat baie blankes die AWB se gedrag beoordeel het in die verlede. Hulle bly ook maar stil vir hulle eie veiligheid. Behou perspektief. As jy fyner opgevoed is en van beter weet, moet dit nie ‘n rasse ding maak nie. Dis politieke oppertunisme van die ANC en EFF, niks anders nie.

Wonder net...? ·

Dalk is dit tyd dat ons, ons eie inisiatief gebruik. Die wat wil studeer moet bymekaar kom en met ons sportstadiums ooreenkoms sluit om ons klasse op die pawiljoene by te woon. Daar is groot skerms wat die dag se werk kan verduidelik ens, daar is genoeg toiletgeriewe en elke student kry ‘n sekere studentekaart. Nog ‘n idee kan wees om skole te gebruik wat smiddags leeg staan, wonder of hul skole sal afbrand a.g.v van dit? (Wonder of hul sal toelaat dat hul kindertjies (wat saam met Afrikaanse leerders daar skool kry), se skole sal afbrand?! Kontak BBC netwerk sodat hul joernaliste kom kyk hoe swaar ons kry onder diè regering!

pieter ·

Kyk ma wie sit agter al die geweld ,wa het dit begin toe die eff kampusse gaan toespreek het ,as die goverment n ruggraat het moet hy alle politiek in universiteite en skole verbied, hoe nader na verkiesing hoe meer geweld kyk ma ,da moet nou plan gemaak word wie betaal die studente se klas gelde wat so aangaan die goverment as dit so is mors hy met belasting betalers se geld

alida ·

Hoekom word my kommentaar nie geplaas nie? Omdat ek gese het ons is gatvol vir die spul – wel ons is !!! Hoe kan mens onder hierdie onstandighede nie n rassis wees nie?

Dee ·

Sal dit werklik enige doel dien? Dra petisies ooit vrug? Is dit bekend dat petisies ooit enige besluite verander het?

anna ·

Eis julle geld terug!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Eis “demand” julle geld teug Afrikaanse studente sodat die rugraatlose bestuur van hierdie Universiteit tot hulle sinne teruggeruk word!!!

Oom Boer ·

Wat ‘n gemors, is dit ‘n manier om hande te vat en oplossings te vind om in elkeen se behoeftes te voorsien. Sjoe en die genadelose sykant aanval uit so ‘n onverwagse oord, is dit nou geregverdig? Nee regtig, hierdie jongelinge kan mos nie aan die tipe ongemanierde swakhede bloot gestel word nie. As dit vir my genoem word as “Demokrasie”, dan stel ek en my familie geensins belang om deel te wees van so ‘n tipe demokrasie nie. UP kan regtig gerus beter sekuriteits maatreëls en polisieëring instel om hierdie tipe van aanvalle en beserings wat toegepas word op onskuldige studente hok te slaan.

ANDRÉ ·

Ag, arme goed!! Hulle kan nie eers spel nie (“Afrikans”), maar hulle is nou op universiteit?! G’n wonder nie — hulle’t seker ook matriek geslaag met net 30%.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.