Video: Twee aangekla oor ‘aanrandingsvideo’

‘n Skermskoot uit die video.

Twee mans sal vandeesweek weer in die hof in Belfast, Mpumalanga, verskyn nadat hulle op video vasgevang is waar hulle ʼn man hardhandig hanteer en na hul voertuig sleep.

Bruce Botha (29) en Wayne Swart (20) het reeds in die hof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en sal Vrydag weer in die rondgaande hof verskyn.

Lede van die publiek op Machadodorp het Maandagmiddag die voorval op video opgeneem waaroor Botha en Swart nou aangekla word. Die video is daarna op WhatsApp en ander sosialemediaplatforms versprei.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn plaaslike sakeman het die twee beskuldigdes, glo van ʼn private sekuriteitsmaatskappy, Maandagmiddag gebel om te kom help nadat hy en ʼn werknemer in ʼn rusie betrokke was.

Botha en Swart het op die oproep gereageer en dit het gelei tot die gebeure wat in die video gesien kan word.

In die video kan gesien word hoe die man, duidelik beseer, aan sy arms na ʼn bakkie gesleep word en agterop geplaas word. Lede van die publiek raak al hoe vuriger en skree vir die twee mans: “Is julle polisiebeamptes?” en “Julle is f****n rassiste! Hierdie is nie julle plaas nie!”

Omstanders probeer ook om die man uit die twee veiligheidswagte se greep te bevry. Die polisie daag by die toneel op en die video eindig te midde die lede van die publiek se woedende uitroepe.

Bhembe vertel dat Botha en Swart later die dag, vermoedelik ná ʼn opdrag van die stasiebevelvoerder, in hegtenis geneem is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy het wel genoem dat die oorsaak van die man se beserings nog bepaal word. “Ons ondersoek nog of sy beserings spruit uit sy onderonsie met die sakeman of die twee mans.”

Bhembe het bevestig die slagoffer het talle kneusplekke aan sy gesig en bolyf opgedoen, maar is onseker of die man na ʼn hospitaal geneem is of nie.

Woedende inwoners van Machadodorp het Dinsdag die oprit na die polisiestasie geblokkeer en die sakeman wat die sekuriteitsmaatskappy aanvanklik gebel het se winkel aan die brand gesteek omdat hulle meen dat “hy alles begin het”.

ʼn Klag van brandstigting word ondersoek.

Die gemeenskap was ook woedend dat die mans in die Belfast-rondgaande hof verskyn het en nie in Machadodorp nie. Volgens Bhembe dring lede van die gemeenskap daarop aan om te weet waar Botha en Swart aangehou word.

Bhembe sê daar is Dinsdagaand ook twee vragmotors in Machadodorp aan die brand gesteek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die situasie is steeds gespanne vanoggend, ons hou ʼn baie fyn oog op die situasie daar,” het Bhembe gesê.

Kyk hier na ʼn verkorte weergawe van die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Al ·

Dit lyk eerder na verset teen publieke arrestasie. En uitlokking!
Met opset om ernstig te beseer? Belaglik!

Adam ·

Inderdaad belaglik, maar ek verwys na die twee spiertiere se optrede. Gaan kyk gerus wat die Strafproseswet van 1977 oor “publieke arrestasie” soos jy daarna verwys, bepaal.

sweiz ·

Die sogenaamd wit afrikaners is gedoem oor hulle onvermoë om saam te staan julle ondergang kom so seker as wat die son môre gaan opkom.

Hansie Slim ·

As sekuriteit mense iemand hardhandig hanteer is dit rasisme. As wit mense gemartel en vermoor word, is dit maar ok?

Jaco ·

Daarvoor moet jy die linkse en polities korrekte media bedank, hulle blaas dit hoofsaaklik aan.

Gerhard ·

Jy weet mos:
Wit teen swart = rassisme
Swart teen wit = misdaad (a.g.v. apartheid)

ai tog ·

Wil iemand dit tog net waag om te sê wat het aanleiding gegee tot die gedrag

Wat se gedrag? ·

Ja hulle het hom probeer arresteer nadat ‘n SHOP OWNER hulle geskakel het en gese het hierdie man het hulle aangeval in die winkel .. nou is daar NIKS daarvan nie, ook nie van die SHOP wat aan die brand gesteek is nie net van die wit ouens wat hom in hegtenis probeer neem het ..!!

Irma ·

Is hy aangeval en neergegooi, sy tong met ‘n nael gesny aoos die 2 ou mense van Daniëlskuil moes deurgaan? Of die 2 vroue anderkant Pretoria wat met grawe aangerand en vir dood agter gelaat is ? Meeste van hierdie mense is oportuniste wat uitdagend optree en moeilikheid maak om die Malema’s van die lewe klippe te gee om ons mee te gooi. Ongelooflik hoe die media oor sulke mense bly berig en hulle sterkter laat vertoon as wat hulle werklik is. Terwyl dit die kringloop is sal dit seker nooit afneem nie. Hulle voel belangrik.

Zack ·

Dis ‘n video van Publieke arrestasie. Die Polisie in Bloemfontein het geen voertuie as die publiek hulp nodig het nie. Dit gebeur as die polisie nie hulle werk doen nie. Hulle moes die man kom arrestreer het nie die publiek nie.

M ·

lekker. gaan tronk toe. tyd is verby om mense onmenswaardig te hanteer en te dink jy gaan wegkom.

tamboti ·

M hulle doen hulle werk, ek is seker daarvan as die “verdagte oortreder” so ordentlik en opgevoed soos jy opgetree het, het die sekuriteit hom met sagte handjies en menswaardigheid hanteer soos jy “voorstel”
Jammer daar is nie ook straf vir mense wat dinge se sonder om mooi te dink nie!

boerseun ·

Jammer ek sien dit is in die dorp. Kyk maar, die omstaanders het drank in hulle hande so dan kan jy maar weet.

Ekke ·

Ja en geen van die omstanders sal “gevang” word vir dronk op straat nie.

Aag Sies Tog ·

As die sekerheids ouens swart was het daar nie n haan oor gekraai nie, maar nou die arme ouens wit en gaan al hulle hel kry.

GM ·

Ag dit raak nou afgesaag. Dele van ‘n insident word afgeneem net om wanpersepsies te skep. Dan brand en breek almal wat heelwaarskynlik nie eers die slagoffer ken nie, en dan sit ‘n klomp sonder werk, en die ‘rassiste’ in die tronk. Meantime, back at the ranch, is die slagoffer nie so onskuldig nie, en moes hy daardie pakslae al in sy jongdae gekry het by sy ouers.

Leser ·

GM – ek kon dit self nie beter stel nie! Stem heeltemal saam met jou!

JoeV ·

Die persone was besig om hom te arresteer, en het die nodige geweld gebruik om hom tot bedwang te bring.
Is die tye dat mens eerder die waarde wat die reg nog in die land het moet bepaal as om die mense te kritiseer!

Arno ·

So iemand probeer sy werk doen en omdat die nie onskuldige persoon hard handig hanteer word is dit nou die arme onskuldige mense se skuld en hulle word toegesluit, die besigheid word ook eers beroof en dan gebrand en die skelm is vry. Die ANC gaan seker vir hom ook nou n huis en klere en al die lekker dinge gee soos hulle gemaak het met die knaap wat vir diefstal betrap is in Middelburg…… lekker man lekker en dan is daar nog Afrikaners wat dink ons is veilig. Nie in die leeftyd as ons nie begin saamstaan nie. Gee vir hulle alles. Kom ons gaan vat die grond wat hulle nie wil he en begin oor…….

leser ·

jip, en hier kom weer ‘n klomp bollie
verset teen arrestasie word weer ‘n rassistiese gedoente
2x sekuriteits manne wat weer lank gaan sit net omdat hulle hul werk gedoen het
sterkte manne, ek dink aan julle

2 verkeerd maak nie n reg.... ·

Ja die man is n krimineel en hy was moontlik dronk en al die vreeslike goed, MAAR vir die sekuriteit om verkeerd op te tree maak hulle nie beter as krimineel nie.
Hulle moes van beter weet – nou is al hul goeie werk in hierdie “rasisme skadu”
Nou het niemand gewen nie – inteendeel- als is net erger omdat die manne wou “wys wie is baas”

Dit is nie twee verkeerd nie - dis een reg ·

WYS WIE IS BAAS? Wat bedoel jy? Lyk my jy is nog in rassisme vasgevang. Die ouens is SEKURITEITSWAGTE, ‘n klient het gebel en gevra hulle moet kom HELP hulle word aangerand in die winkel, en hulle word gedreig dat hulle winkel aan die brand gesteek gaan word, hierdie manne het die ou PROBEER IN HEGTENIS Neem en hy het homself verset .. so as die Polisie dit doen is dit fine?

Al ·

Besef jy hoe gevaarlik die werk van veiligheidswagte is? Hulle is die eerste op die toneel van ñ kliënt en weet nie wat om te verwag nie.
Soos jy weet is ons polisie se reaksietye soms pateties.
Veiligheidswagte is die nuwe helde in SA. Hul moet noodgedwonge ñ gaping vul waarin die polisie tekort kom.

Jack Russl ·

Sommer dieselfde dag in hegtenis geneem nadat hulle hulle werk gedoen het.

Op die voorblad is 2 berigte van aanvalle op kleinhoewes, niemand in hegtenis geneem nie. En dit is wreedaardige aanvalle op bejaarde mense

HP ·

Dit gebeur as gevolg van die afwesige polisie. In ‘n land wat wet en orde heers behoort daar nie n probleem te wees nie. die teendeel? Sou hierdie man enigsins hanteer gewees het as hy vrywillig op geklim het? Nee. Hy het hom verset.

verkeerd ·

Hoe is dit moontlik dat die sekuriteit toegesluit word om ORDE in die publiek te kry , hulle doen hulle werk en hou die krimenele weg van die publiek af en nou word hulle racist genoem. Pateties!!
Gaan maar aan, brand af en breek af , ons sal maar sien waar eindig alles. Die polisie weet selfs ook nie wat is reg of verkeerd nie , hulle sluit maar die non crime people /Crime stoppers toe. Daai lyk nie soos aanranding op die video nie , dit is meer handle/Remove with “force”

Ek weet nie , die land gaan agteruit. Kyk hoe lyk die strate deesdae, vol vuil goed wat rond-le, drinking in public soos Willie se n bier in die hand , bakstene in die strate en bande wat brand

BELAGLIK ·

DIT IS NOU BELAGLIK, hierdie is SEKURITEITSMANNE Wat hierdie man in hegtenis geneem het nadat hy klaarblyklik ‘n MISDAAD gepleeg . het … Dit is absurd om die wit ouens aan te kla, polisie werk baie rowwer met arrestasies en kom absoluut NIKS oor nie, die man wou nie oorgee nie. DIE IS WEER ‘n RASSISTIESE STORIE en die VROU WAT SOOS ‘n MAL DING GEsKREEU het het die storie ‘n rassisitiese een gemaak. AS die SEKURITEITSWAGTE nie meer mense kan arresteer nie is ons VERLORE Want die polisie sit net en kyk … EK hoop WERKLIK die sekuriteitsmaatskappy het ordentlike PROKUREURS of hierdie twee manne sit saam met die kisvoorval vir 14 jaar in die tronk OMDAT HULLE HULLE WERK GEDOEN HET …

@ VERITAS ·

Ja totdat jy JOU sekuriteitsmaatskappy bel as mense besig is om JOU aan te rand en JOU winkel aan die brand te steek (soos wat hier gebeur het) en die sekuriteitswagte staan HANDJIES GEVOU soos wat die POLISIE doen .. jy is regtig onbillik. .. GEBRUIK maar jou EIE PA Se woorde vir jouself . … WAT SE OPTREDE?? DIT IS sekuriteitswagte .. hoekom mag hulle nie die ou arresteer nie?

Neutraal ·

Veritas. Wat sou jy gedoen het as mie man wat jy wil arristeer hom verset soos in die geval. Sou jy hom koek te tee gegee het. Ag nee kom nou. Jy was sekerlik nooit in so n situasie nie. Erger is nou word onbetrokke mense se voertuie gebrand. Winkel word gebrand. Is dit nou niks.

Etienne ·

so snaaks, ek lag altyd al hul skree “racist” racist” racist”.

verkeerd ·

Ja, GOD moet maar hierdie wereld kom verwoes en n nuwe saamelewing begin

Jj ·

Ek kannie sien wat die mans verkeerd gedoen het nie?
Die lyk meer vir my of die blanke mans die slagoffers was.
Ek hoop die mense in die dorm staan saam om die mans te beskerm

JSG ·

Stem saam met jou. Die man is onder arres geplaas en geweier om op te staan. Die manne het presies opgetree soos ek in die polisie geleer is. Sleep hom na jou voertuig. Wat moes hulle gedoen het? Die man betaal het om saam te werk? Geen teken dat hulle hom verder aanrand, net so bietjie hardhandig hanteer, maar niks orde wat ek kan opmerk, of het die wet al so vêr verander dat jy ‘n oortreder moet smeek en omkoop om saam te werk?. Geen rassistiese woorde van hulle sovêr ek kan uitmaak. Hoop hulle word vrygespreek, die aanklagte is maar simpel wat my betref.

Lienkie ·

Stem saam Jj, ek glo in elk geval dat daar niks van hierdie vooval gaan kom nie.

JL ·

As die polisie meer hulle werk reg doen en die selfde toepas teenoor enige misdadiger sal dit al klaar beter raak in SA

snotklap ·

Gaan kyk bietjie hoe ander media blaaie hierdie voorval berig spesifiek ewn. co .za.
Ek wens maroela media wil n berig skryf oor hoe hulle indistrie die waarheid verdraai om meer clicks te kry en sodoende rasse haat aanblaas.

Waar was die polisie? ·

WIE HET HULLE AANGEKLA? Hoekom is die vermeende aanrander en dief en brandstigter nie aangekla nie? HIer kom weer ‘n doodskis saak .. Mag Sekuriteitswagte nie meer mense arresteer nie? Dan is ons land verlore, want die polisie us useless. Dis niks anders as ‘n rassevoorval wat hiervan gemaak word nie .. dit is twee WIT OUENS< as die manne swart was het niks gebeur nie.

Belaglik ·

NIEMAND IS NOG IN VERBAND MET DIE brandstigting van voertuie of van padversperrings of die brandsteek van die winkel in hegtenis geneem nie .. MOOI MAN . maar die wit manne moet sit .. die polisie het nie opgedaag nie maar die bevelvoerder is EERSTE om die mans aan te kla .. sleg sleg sleg!

Hans ·

In n onlangse video op facebook verskyn het, kan duidelik gesien en gehoor word hoe n skreeuende swart vrou wittes vloek en sleg sê in die teenwoordigheid van SAPD. Die polisie het niks gedoen en die vrou het daarna weggery en nie arresteer nie.

Hello ·

Veritas, nie net die twee jongmanne gaan swaarkry nie, die Afrikaner jeug gaan swaarkry. Die Afrikanerjeug het n moewiese probleem omrede hulle uitgelewer is aan domastrante slimjanne en organisasies wat hulle verkeerd oplei en hulle van die wal af tot in die sloot lei. Wetstoepassers wat opgelei is en n wetstoepassingsmandaat het sal nie eers so optree nie. Die doodskis twee en nou ook hierdie twee se domastrantheid kom reguit van sekere Afrikanerleiers af, wat polities ook, inkorrek optree! Ek sien net swarigheid voorle vir die Afrikanerjeug wie uitgelewer is aan hierdie leiers se sentiment.

Rambo ·

Sekuriteits wagte verbeel hul dat hul die polisie is . Dus reg sluit hul toe . Hul moet leer om hul plek te ken . Daar is n verskil as jy na n toneel ontbied word waar n misdaad gebeur en een waar daar n onder onsie tussen werknemer en wergewer in en opgrond waarvan word die ou gearesteer? En wat het plaasmoorde hiermee te doen?

JSG ·

Hulle mag enige persoon arresteer, maar mag nie vervolg. Dis die werk van die polisie. Hulle regte is dieselfde as ‘n burgerlike. Jy kan ook ‘n persoonlike arresteer, maar moet die gearresteerde persoon aan die polisie oorhandig vir vervolging. Of mis ek iets in die wet soos ek dit ken?

WH van der Merwe ·

Wat reg is vir een ras is verkeerd vir n ander ras,wat sou jy gedoen het in die sekuriteit se plek?hom op sy handtjies tik-nie te hard nie en se moenie weer nie?

Richard ·

Julle wat die 2 jong manne veroordeel laat uit die oog dat die witman en sekerlik nie net die Afrikaner nie, soos n versadigde spons is wat net nie meer die onreg van swart rassistiese reaksies en vernielsig kan hanteer nie.
Afrikaner dit is tyd dat jy jou slaphandjie houding opgee en opstaan vir die reg te van jou nageslag.

Foxi ·

Oh genade tog! Nou is hy seker so kamptig aangerand dat hy sal seker maak hy eis n klomp geld. Als gaan oor geld en die witman sal moet betaal vir al die ongeregtigheid al het hy probeer om sy werk te doen. Voel baie jammer vir daardie twee manne nou…….

JSG ·

Stem saam met jou. Die man is onder arres geplaas en geweier om op te staan. Die manne het presies opgetree soos ek in die polisie geleer is. Sleep hom na jou voertuig. Wat moes hulle gedoen het? Die man betaal het om saam te werk? Geen teken dat hulle hom verder aanrand, net so bietjie hardhandig hanteer, maar niks orde wat ek kan opmerk, of het die wet al so vêr verander dat jy ‘n oortreder moet smeek en omkoop om saam te werk?. Geen rassistiese woorde van hulle sovêr ek kan uitmaak. Hoop hulle word vrygespreek, die aanklagte is maar simpel wat my betref.

Realis ·

Ongelukkig sal wit mense moet besef dat ons leef in n land wat eensydig wil optree. Voel jammer vir die 2 manne. Julle is weer die slagoffers in n land met dubbele standaarde. Wit mense sal n situasie eers fyn moet waarneem voordat opgetree word. As jou vel kleur ‘reg’ is word jy beskerm en as wit is moet jy weet jy leef op n weegskaal. Slegte tye die!

Apie ·

Ek het in n ander berig gelees dat hierdie kader een van die eienaar se werkers aangerand het, waarna hierdie wit ouens ontbied was deur die eienaar. Sterkte manne!!

douwlina du plessis ·

Ek hou nie van geweld nie. Veral nie persone in magsposisies teenoor ander nie. Nie swart metropolisie / verkeersbeamptes nie en nie Blanke polisie of sekuriteitsbeamptes nie. Geen geweld is geregverdig nie.

Blommie ·

Douwline, nou wat moes hulle doen???
Kom toe ons vra mooi kom klim in asseblief en asseblief moenie geweldadig optree nie. Moenie mense seer maak nie asseblief.
Seker moes hulle n SIELKINDIGE na die toneel bring en EERS SY KINDERDAE ONTLEED en uitvind wat pla hom en HOEKOM TREE HY SO OP…
ARME HY, maar hy kan maak wat hy WIL net wanneer hy WIL, DIS BELAGLIK MAN.
Die mense wat so aanhou oor doodstraf moet mooi dink, want HOEVEEL onskulldige mense wat hulle werk doen soos hierdie twee gaan aangekla word heel moontlik van POGING TOT moord ook nog gaan hierdeur moet gaan.

alida ·

Hoe dit ookal sy en wat die ware storie is sal seker nog uitkom. Al wat ek weet is daardie tweetjies gaan swaarkry.

Onnie ·

Ek dink hulle het verkeerd opgetree. Is hulle mal om die man so rond te sleep en te wurg – en dit nogals voor ‘n klomp mense met selfone?! Pleks hulle bel net eerder die polisie. Nou is julle in groot gemors. Dink voor jy doen!

Johnny Smith ·

Onnie – net ‘n vraag, hoeveel arrestasie het jy al uitgevoer ? Ek vra maar net, want dit is nogal ‘n “mal” affêre.

Hello ·

JSG, jy se dit so mooi-“die manne het presies opgetree soos ek in die polisie geleer is” en net daar, presies daar, le die probleem nou vir hulle! Hulle is verkeerd opgelei omrede hulle nie opgelei mag word soos die polisie nie, want hulle mag nie optree soos die polisie nie, want hulle het nie die mandaat vir polisie wetstoepassing van die minister van polisie ontvang nie, hoekom is dit so moeilik vir julle om dit te verstaan? Wetstoepassingswetgewing tel selfs deesdae teen die polisie wie die mandaat het om op te tree, nou soveel te meer tel wetgewing dan teen sekuriteit wie nie die mandaat het om op te tree nie! Wat tel die arrestasie as die gearresteerde n aanrandingsklag le met klagtes van onregmatige arrestasie, onmenswaardige behandeling, rassisme om net n paar te noem en n skare getuies en n video opname. Die gearresteerde is bekend aan die eienaar, dit gaan ook teen die manne tel! Dit lyk vir my julle verstaan nie lekker die dinamika van die situasie waarin ons en spesifiek die Afrikanerjeug hulself in SA bevind nie!

Johnny Smith ·

Nou net uit vergadering met SAP gekom waar daar oor-en-oor gesê is dat die SAP nie alleen die stryd teen misdadigers kan wen. Elke burger van die land het die mandaat onder Artikel 42 van die Strafproseswet om ‘n siviele arrestasie uit te voer. Vergewis jouself eers oor feite voor jy so ondeurdagte opmerking maak.

Christelle ·

En as hulle ‘n skelm in die townships necklace dan is dit nie ‘n problem nie.

Wiele ·

Baie hartseer dat die sekuriteits beamptes op die harde onnodige manier moet leer.

Ons leef in n era waar die wet nie aan die wet toepassers se kant is nie, die uitdagings is verskriklik.

Die feit is dat ons wegehoorsame burgers nie kan bekostig om in sulke situasies te beland nie.

‘Taktiese’ opleiding hoef nie angepas te word nie maar die wettige stappe enen eskakalsieleer moet reg toegepas word.

Ek glo die leiers moenie hulle manne is sulke situasies sit nie. Van wat ek bo lees glo ek daar is baie alternatiewe opsies….om te begin, raporteer aan SAPD vir rekord doeleides..

Dit gese; ek dink dit is baie swak van die SAPD om so oorboord te gaan met die saak en om nie sy local sekuriteits companies te ondersteun nie, al rede hoekom hulle daar is is omdat die SAPS nie die kriminele oortreders kan beheer nie.

Baie hartseer en onnofig, ek glo en hoop die manne sal goeie regshulp ontvang en gou weer operationeel wees.

corne ·

Sterkte manne julle kry nou hel omdat julle net julle werk gedoen het

Bloudrom ·

Ek hoop tog die man herstel van sy beserings agv die verskriklike mishandeling wat hy moes deurmaak. Een van die dae sal swart rugbyspelers seker nie meer geduik mag word nie. Hulle sal seker mooi moet gevra word of hulle nie wil gaan sit nie.

Dis so ·

@hello jy het n paar goeie punte beet maar jou arogante manier van dit stel het ons nie nodig nie. Sterkte manne ongelukkig het julle verkeerd op getree en die klient en die sapd en en en. Ons moet nie onsself uitgee om gekou te word nie.

Lindtjies ·

Sorg dat jou optrede altyd onberispelik bly. Moenie dat daar iets soos hierdie video wees wat teen jou gebruik kan word nie. Kyk wat het gebeur met die manne van die doodskis video.

Antionette ·

Kyk reg of verkeerd ek weet nie maar wat ek wel weet is dat Suid Afrikaners duidelik nog nie die boodskap kry nie… Om sulke stupid goed nog te doen as jy weet wat met jou gaan gebeur regtig waar. As jy wit is gaan dit jou skuld wees ongeag!!!

Johnny Smith ·

Hoe is dit stupid -snaaks ek sien nie dat jy die werklike rassiste veroordeel vir hulle optrede.

Henk ·

“Met die doel om ernstig te beseer”.Snert as dit die twee jong manne se doel was was hy nou in intensiewe sorg gewees .Sterkte aan die twee manne

Pote ·

Steek en martel n witbejaarde paartjie met n tuinvurk, in hul eie huis en dis net huisbraak.

Nico Pieterse ·

Ek kan nie sien wat die 2 verkeerd gedoen het nie as sekuriteitbeamptes het hulle die man aangehou tot die SAPD opgedaag het. Ons landgenote gaan hierdie n rasse insedent maak , maar die tyd het gekom dat ons n teenvoeter moet kry vir sulke belaglike aanklagte, hofsake en vonnisse .

TLC ·

Waar is die 2 manne nou
Nog in die tronk
Of was daar n opvolg wat ek gemis het

Johnny Smith ·

Die meeste arrestasies in SA gaan met geweld hand-aan-hand. Ongelukkig is ons kriminele nie so goed opgevoed soos die Hollywood kriminele wat netjies hulle handjies agter hulle ruggies sit om geboei te word. Die liberale slapgatte wat sê hierdie ouens is verkeerd het seker nog nooit in hulle lewe ‘n arrestasie uitgevoer. Lekker om op die kantlyn te sit en kritiseer.

Jef ·

Maar wat sou nou gebeur het as die 2 sekuriteitsmanne nie die winkel eienaar sou help nie, waarvan sou hulle dan aangekla wees.

Johanna Botha ·

As jy oorsee aanrand vat hulle net jou paspoort weg …einde van storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.