‘n Bejaarde inwoner van die Ons Tuiste-sentrum in Bloemfontein moes ʼn noodoperasie aan haar hand ondergaan nadat ʼn kombuiswerker haar so hard gestamp het dat sy op die vloer geval en ʼn been in haar gewrig gebreek het.
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys boonop hoe Elize Devenish (79) verlede Woensdag hulpeloos op die vloer lê terwyl die werker met haar take aangaan.
Charl Devenish, Elize se seun, het aan Maroela Media gesê sy ma het ná ontbyt ʼn jogurt wat op een van die tafels agtergebly het, klaarblyklik sonder toestemming geneem.
“Een van die kombuispersoneel het haar beetgekry en sy het op die grond geval. Sy het my ma net daar gelos en toe ʼn suster gaan roep wat haar eintlik ook maar net daar gelos het,” het Charl gesê.
“Die suster het haar uiteindelik opgehelp en toe staan my ma maar daar. Jy kan sien [op die beeldmateriaal] sy is heeltemal verslae en uit die veld geslaan. Sy het daarna maar self aangesukkel na haar kamer.”
Elize het haar seun gekontak en hy is onmiddellik na die sentrum, waar die bestuur onderneem het om die voorval te ondersoek.
“Dit maak ʼn mens kwaad en gefrustreerd. Die stamp is een ding, ʼn mens kan nog sê dit was ʼn struweling al is dit beslis met opset gedoen, maar toe lê sy so lank daar en niemand doen iets nie,” het Charl gesê.
“Jy kan nie jou frustrasies, watter frustrasies dit ook al is, op dié mense uithaal nie. Die personeel wat aangestel word, ongeag of hulle kombuis- of mediese personeel is, moet empatie hê.”
Elize, ʼn jarelange inwoner van die tehuis, het aanvanklik in ʼn selfsorgkamer gewoon, maar is ná die voorval en daaropvolgende operasie na ʼn kamer in dieselfde tehuis geskuif waar 24-uur lange sorg beskikbaar is. Daar is ook geslote kringtelevisie oral in dié gedeelte.
Buiten haar hand, het Elize ook haar lies met die val seergemaak. Dit veroorsaak dat sy nou sukkel om self te loop en vir eers van ʼn rolstoel gebruik moet maak. “Ek glo dit is darem net tydelik. Van die spiere het seergekry, maar wanneer dit eers herstel het, sal sy weer self kan loop,” het Charl gesê.
Hy het gesê dit gaan nou vir sy ma meer oor bewusmaking oor hoe mense behandel moet word, nie net in die tehuis waar sy woon nie, maar ook in die vele ander in Suid-Afrika waar mense staatmaak op ander vir hulle versorging.
Die kombuiswerker en betrokke suster is intussen geskors. Die uitslag van hulle tugverhore sal na verwagting later vandag bekend gemaak word.
“Ons is tevrede met die stappe wat Ons Tuiste reeds gedoen het, hulle het dadelik opgetree. Hulle het na die beeldmateriaal gekyk en begin met ʼn ondersoek,” het Charl gesê.
Hy het ook ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak.
Ons Tuiste is ʼn deel van die Engo-welsynsorganisasie. De Wet Claassens, uitvoerende hoof van Engo, het aan Maroela Media gesê die uitslag van die betrokke personeellede se dissiplinêre verhore sal waarskynlik later vandag bekend wees.
Claassens het gesê die organisasie betreur die voorval.
“Dit was ʼn geïsoleerde voorval wat hoogs onaanvaarbaar is. Die veiligheid van alle Engo-inwoners is topprioriteit.
“Engo sien die insident in ʼn ernstige lig en die versorging en belang van inwoners word met die nodige erns bejeën. Engo tree in alle gevalle onmiddellik op en stel alle moontlike maatreëls in plek om insidente soos hierdie te voorkom.”
Die organisasie het gesê hy sal ook ten volle saamwerk met enige ondersoek wat ná die voorval ingestel word.
Ek haal my hoed af vir die bestuur wat dit nie net probeer toesmeer nie en stappe teen hierdie ongevoelige mense doen. Hierdie tannie kon soveel meer gebreuk het as net haar hand. As daar nou iets is wat my suur in die krop steek is dit mishandeling of dit nou mens of dier is. Tannie ek wens jou ‘n spoedige herstel toe.
Dit maak my sommer baie boos miskien was die tannie nog honger gewees! En die werker wou seker haar sakke vol gesteek het met dit wat oorbly. Ek sal nooit my ouer in ‘n oue tehuis kan sit nie sukkel maar eerder self om na hulle te kyk want orals word hulle so behandel. Soek net die oumense se geld dis mos al waaroor dit gaan!
Fire al twee van hulle. Sies dis n skande. Probeeer haar nie eers op help en sy is nog in n suster posisie. Skaam jou.
Stem saam EJ. Laat hul hul pensioen verbeur en vir die skade betaal.
Eintlik hoort die (woorde word verbied om hierdie lafaarde malema volgers te beskryf) in ‘n tronksel sit
Soos wit BAIE minder ras beskuldigdes wat niks gedoen het net gesê het is
Dis omdat sy self die kos neem wat oorbly wat sy so optree!
Swak, albei. Hoop hulle verloor hulle werk en kry nie weer by so ‘n tehuis werk nie.
Baie swak! Bly die 2 is geskors dit sal hulle leer.
Dit is ongelooflik hartseer om dit te sien. Die houdings van die twee personeel lede laat veel te wense oor. Tannie, as ek moet dink dit moet my Ma gebeur sal ek van my kop af raak. Dankie tog ek is in die posisie om my Ma by my te laat bly. Ek hoop die Tannie herstel ten volle.
Empatie is nie deel van die werker se menswees nie. Duidelik val sy in die kategorie van lafhartige mense wat geen onreg verdra van weerlose oumense nie. Die werker moet op n swartlys geplaas word sodat soortgelyke inrigtings haar nie in diens sal neem nie!
Wat vir my so hardseer is, die vernedering wat sy moes deurgaan. Ek sal nooit my ouers in n tehuis Los nie. Ek weet almal het nie n keuse nie maar vir my is dit n voorreg om eendag na hulle te kyk.
Kolla stel die regte mense aan solank hulle net swart is nè
Hulle sal oud word en gaan dieselfde behandel word en dan moet hulle nie vra hoekom nie.Dis n skande dat ons oumensie so behandel word.Waar dit by bejaardes en kinders kom raak ek die hel in as hulle so behandel word.Ek sal hulle albei n lekker taai klap wou gee.
Se net een ding hulle kan bly wees dis nie my ma nie! dis onaanvaarbaar !!!!!! maar dis hoe ons roll in SA! en gaan hier iets van kom??? nope NATUURLIK NIE die tannie is wit!
Die tannie is wit so is die suster. So wie gaan dit kaiings ontvang die suster of die werker
wit suster gaan gefire word en die werker gaan ‘n rdp huis by die staat ontvang . ons weet al hoe werk hierdie goed.
Urghh… hierdie dinge maak my WOEDEND!!! Ek hoop die familie gaan sorg dat oumatjie ‘n saak van aanranding maak, daai werker het GEEN reg om aan haar te raak nie!! Sy mag nie eers ‘n vinger op haar lê nie!!
Neeeee Bokkie as hulle in hulle in oue jare in ouetehuise land sal hulle soos hero’s behandel word Dit is ons skeefgetrekte land waarin ons probeer oorleef
Beeld material gelukkig nie uitgevee nie! Wonder hoe vind die psigologiese keuring van werkers vir te huise plaas? DIT behoort oral opgeskerp te word! Empatie MOET bo-aan geskiktheidslys wees, en NIKS anders nie.
Wat ‘n skande. Hulle moet van aanranding aangekla word. Nie woorde om die te bskryf nie
Magda die werker is beslis nie blank nie….die verpleegster is wel….. beslis nie van dieselfde ras nie.
Geskors????!!!! Hulle moet summier afgedank word sonder vergoeding. En mag hulle nóóit weer werk kry nie. As dit my Ma was, was alle hel nou los!!
O genade hulle kan baie bly wees dis nie my ma nie…… ek sal die totaal en al verloor…. dis onaanvaarbaar…..
Dagvaar daardie tehuis.
BETREURINGSWAARDIG !!
Dankie tog net vir die kringtelevisies.
Baie oumensies word so mishandle en abuse in tehuise.
dis ‘n skande voor die HERE.
Sies !
As dit nou n nie blanke persoon was wat gestamp is deur n blanke was dit hoof nuus op News24.
“Rasse voorval in ouetehuis”
Maar behalwe vir skorsing sal daar dadels van kom
Dit, vir wat? ‘n Yogurt.. Rerig? Wie gaan die mediese behandelings betaal? Hoeveel mishandeling gebeur nie met ons ou mensies nie, hulle is maklike teikens, blatante aanslag op die beskaafdes. Die videos was wel uitkom is nie eers ‘n druppel in die oseaan nie. My persoonlike opinie is dat altwee daai sleg goed moet afgedank word. Pik op iemand van jou eie grootte. Sy moet aan my kom ruk ruk ek stuur haar na haar familie stuk stuk.
Nee regtig dat mens DIT moet deurmaak op jou ou dag …..SKANDE !
My ma is 78 jaar oud en gelukkig nog gesond en sterk genoeg om vir haarself te kan sorg, maar ek moet sê as dit met my ma moes gebeur, sou daar minder as niks van albei die persone oorgebly het. Ongelukkig is Engo een van die organisasies aan wie ons gereeld skenkings maak. Ek dink my kraantjie gaan maar bietjie toegedraai word indien daar nie teen die persone opgetree gaan word nie…
Geen respek , mense het geen trots in hulle werk nie. As daai my ma was kyk sy sou af tjop hoor!! Maak n saak sulke mense moet hulle vervolg word!!!!
As dit ek was, maak aanrandingsaak oop! en hou die Terhuis verantwoordelik!Maroemedai: hou ons asb op datum met enige opvolg
YOH!!!! As dit my ma is sal ek bos gaan. Los haar op die vloer soos ‘n nikswerd. Geen mens of dier behoort so behandel te word nie. Ta wou seker die joghurt wat oorgebly het vir haarself he. Die tannie se geld wat sy daar betaal, gee haar tog die reg om die joghurt te neem. Ek hoop die twee tewerasies word summier afgedank. Mens sal dink die verpleegster het meer empatie, maar nee. Wonder hoe sal sy voel as dit haar ma is. Sy sal seker dieselde doen. Heeltemal sonder empatie, of sorg opgetree, heeltemal afgestomp, asof ou mense nie regte het nie. Baie bly oor hoe die tehuis se bestuur die situasie hanteer het.
Zaks ek stem saam. Hete en dit vir ‘n yogurt stamp sy die tannie. Sy wou dit seker geeet het.
Ek sal R1000 betaal aan enige iemand wat daai Suster se naam plaas….payback tyd
Daardie 2 personeellede mag NOOIT weer met bejaardes werk nie. Hierdie aangeleentheid moet op hulle rekords kom. Die kombuisvrou wou duidelik daardie yoghurt vir haarself gehad het. Hulle is gewoond daaraan om alle oorskiet vir hulself te neem. Lekker bederf! Dit kom egter die bejaarde toe aangesien sy streng gesproke maandeliks ten duurste daarvoor betaal!!
Duidelik hulle het nie die werk nodig nie so stuur hulle huistoe. Dan kan hulle lekker gaan ontspan en bejaarde mense nie in gevaar stel nie.
Eendag doen iemand dit aan hulle wanneer hulle oud en weerloos is,
dan wonder hulle hoekom!!!
Die wiel draai ongelukkig en wat jy saai, gaan jy maai! Wanneer jy maai, moenie huil nie, want jy het gesoek daarna!
Lekkernye is maar aan die skaars kant in die meeste ouetehuise. Ek neem die bejaarde glad nie kwalik dat sy die oorskiet yoghurt wou neem nie. Dit sou in elk geval in die hande van die personeel beland het! Die optrede van die personeel is ongenaakbaar/harteloos en onaanvaarbaar! Hulle gaan ook oud word en aan ander se genade oorgelaat word.
ek het gelees en ek het die video gesien lees wat ek se – daar gaan niks van kom nie want die tannie wat op grond le is wit! ongeag of die suster wit is, dis nie wat ek bedoel het nie, gaan ons land so agteruit dat hulle in elk geval susters in loopringe aanstel? sy was dalk self te swak om haar op te tel daar is nie klank nie. my punt nie teen staande is was die situasie omgeruil was ons lankal in koerante hieroor.
Hierdie is nie geisoleerde voorval nie, dit is hoe dit gaan in baie aftreeoorde en ouetehuise. My Pa was ook al 85, ‘n rustige mens wat geen vlieg sou skade aandoen nie, maar as gevolg van sy vroë stadium van Alzheimers het hy baie rondgederentel en by plekke ingeloop. Hulle was daarop uit om van hom ontslae te raak. Swart personeel het toe geseamentlike ‘n verklaring onderteken wat deur een opgestel was om voor te gee dat hy hulle wou molesteer en aanrand, verbeel jou, ‘n half kruppel ou man wat stadig ronskuifel en nie trappe kan klim nie ens . Hy het stadig aanbeweeg het op kierie ondersteuning. Die aantuigings kon ek teenbewys, maar is nie toegelaat nie om afsonderlik op my versoek met een personeellid se verhoor in te sit nie, ek sou hulle uitmekaar kon trek. Hulle het sy hare getrek tydens stort sessies en hom onderduims gekarnuffel terwyl my Ma moes toekyk en hulle dophou om dit te probeer verhoed. Die wit bestuur is te bang hulle naam word deur die modder gesleep en vee alles onder die mat in. Patetiese, lafhartige bang witmense van een van die duurste Pretoria aftreeoorde! Vandag se kamstige en merendeels swart verpleeg personeel is onopgelei en nie instaat om met ou mense te werk nie, veral die wat al begin met dimentia, totaal onbekwaam , moedswillig en onbeholpe!
Persoonlik dink ek daardie twee kan maar ‘n sel in die naaste tronk met nog 45 ander gaan deel! Aanklagte vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en bere hulle vir so 2 jaar – daar waar hulle so behandel sal word, dan sal hulle ‘n ander deuntjie sing.
Seker geskors met volle salaris
Afskuwelike gedrag!
Dis waar wat n swart suster eendag by n Gautengse hospitaal aan ons gesê het ….. Jare, ek meen jare, terug, was dit vir verpleeg personeel n passie om in verpleging in te gaan, om n diens te lewer, om met gevoel en deernis n pasiënt te verpleeg, bystaan, versorg ens. Sy sê vandag gaan dit slegs oor die geld.
Sterkte Mev
Nou wonder ek net hoekom die wit suster haar so lank daar op die grond laat lê het? Moes sy haar nie éérs op ‘n stoel gehelp het dan verder gepraat het nie? Dit is nie altyd maklik om met bejaardes te werk nie. Maar om oor ‘n bakkie jogurt iemand om te stamp en seer te maak, gaan my verstand te bowe! Hulle weet die ou mense het nie krag om hulself te verdedig nie. Familie moet sorg dat daar ook in hul kamers kameras is. Menige kinders het al in die verlede kameras in die kamers ingesmokkel om te sien hoe hulle ouers mishandle word. Want kla jy as die kind, word die mishandeling erger as jy ry. Mens moet sulke bewyse hê soos op die video. My sou hart sal breek as dit my ma of skoonma was! Gelukkig kon hulle by ons bly tot die dag van hul dood.
Die suster het dalk wel goeie rede hoekom sy haar nie dadelik opgetel het nie. Sy het met die tannie gesels, en moontlik wat ons nie kan hoor nie, is wat sy gevra het – waar het die tannie seer. Sy self het dalk ‘n paniek knoppie wat sy kon gedruk het vir hulp en wag moontlik vir hulp en dis hoekom die tannie nog nie opgehelp is nie. Sy kan nie die tannie ook net vinnig optel nie, want as sy ‘n rug of heupbesering het, kan sy dit vererger. Die ander dame se gedrag is onaanvaarbaar… mens stamp of slaan of gryp nie goed uit ‘n ou mens se hande nie. Daar sal moontlik rede verskaf word vir die suster se optrede…
As die suster omgegee het, sou sy gehurk het en met haar liggaamshouding gewys het, sy wil help. Maar om so te staan en af praat op iemand wat lê, is nie reg nie.
Aan Rika Wolmarans, Direkteur: Bejaarde Sorg van ENGO. Soortgeluke insident het al voorheen gebeur en jy weet daarvan maar ons het daai tyd geen bewyse gehad nie. HIER is jou bewys toe jy ons nie wou glo nie. Hoop die keer doen jy/julle iets aan die saak.
Dis ‘n verdompde yoghurt waaroor sy haar maai af betaal!!! Dai plek is peperduur en dan is dit die tipe behandeling, mag dai 2 nooit weer werk kry nie.
Die kombuis werker wou seker die yogurt vir haarself hou!! Hulle pak mos oorskiet in.
Ek praat uit persoonlike ondervinding: my moeder is onlangs in ‘n soortgelyke tehuis oorlede – moet asseblief nóóit julle ouers na só ‘n plek neem nie mense! Ek loop vir die res van my lewe met verwyte! Maak eerder planne om sélf na hulle om te sien!
Ek stem met jou saam, dit het ook met my dierbare ma gebeur, ek het eers daar van tehore gekom na haar dood. As ek net bewus was daarvan dan het ek hulle almal hof toe gejaag. …..ek sal die verwyt altyd dra.
@ Johann cb
Nee Johann ek stem nie saam nie.
My ma is in Koster tuiste vir bejaardes en ons kon nie vir beter vra nie.
My ma is 82 jaar oud en bly in n selfsorg kamer, daardie personeel doen alles vir daardie bejaarde mensies, n ster vir hulle, Onthou Johann ek verstaan jou verstrasie met n tehuis, maar daar is goeie verpleegsters wat hulle sout werd is. Dis net jammer dat hartelose mense die res se name weggooi, omdat hulle n werk gekry het wat hulle nie behoorlik kan doen nie.
Hulle moet nêrens weer werk kry nie.
Johancb jy sal altyd vrot appels kry tussen jou personeel en kannie die hele tehuis veroordeel nie. Mense soos die 2 dames se name sal op ‘n sentrale register geplaas word (as hulle skuldig bevind word) en nooit weer by so ‘n instansie mag werk nie.
Iets gee my die idee dit is nie die eerste keer laat so iets daar gebeur het nie.
Dis nie die eerste keer dat ENGO dinge probeer toesmeer nie. In die verlede is net weggekyk.
Ek hoop die skuldiges se name foto’s en name word bekend gemaak sodat almal kan weet wie hulle is.
Dit is tragies wat met die tannie gebeur het. Ons moet net versigtig wees om alle tehuise oor dieselfde kam te skeer. Daar is steeds plekke wat wonderlike werk doen. My oupa was ook in ‘n soortgelyke plek en was regtig net mooi behandel. Ons familie het ‘n punt gemaak om elke dag, verskillende mense, verskillende tye in te val en het nooit enige van hierdie gedrag gesien nie. Dus moet ALMAL meer moeite doen. Families en bestuur.
Ag siestog, wens ek kon die Tannie net n drukkie gee.
My skoonma is 82 jaar oud en doen ook alles self en ek weet op daardie ouderdom hoe belangrik dit is om als self te doen en nie afhanklik te wees nie.
Dat mens so geroof word van jou onafhanklikheid maak my boos, dat enige iemand n ou Tannie so sal BOELIE maak my boos, dat enige iemand so gemeen kan wees. VOEL jy sterk as jy n ou dame so seermaak, voel jy in beheer.
Kom stoot my bietjie, ek kan my vrou staan. Maar nee sal weerlose mense skade aan doen.
Ek kan dit nie vat nie.
Sterkte Tannie en moenie laat die ding Tannie onderkry nie. Glo my Tannie daar is goeie mense daar buite, al is hulle hoe skraal gesaai!
Ek moenie sulke goed sien / kyk nie, dit laat my goed dink & sê wat ek nie MOET NIE!!!
Sulke goed maak my briesend. My ma is ook in ‘n versorgingsoord en so iets is my grootste vrees, want as jy daar is is almal so vriendelik, maar hoe weet ons wat agter jou rug aangaan. My ma het dementia so ongelukkig kan ‘n mens nie altyd verstaan of sin maak van wat sy se nie, maar ek bid net elke dag dat die mense wat haar versorg opreg is in wat hulle doen. Ek hoop regtig hierdie voorval gaan ‘n baie sterk boodskap uitstuur en dat die skuldiges aan die pen gaan ry. Sulke mense hoort nie in so plek nie. Absolute skande.
Ekt net trane gekry vir daai weerlose ou dames…die een kon die ander nie help nie! Dis hart verskeurend! Ek sal maar nie kwyt raak wat ek regtig wil nie…maar dis verseker haar jogurt wat sy wou vat ! Ek hoop verseker sy word nie weer daar losgelaat tussen die weerloses nie…Raak ontslae van haar..en die wit suster hoort ook nie daar nie…ongelooflik!!!
Ek was bevoorreg dat my ma vir ongeveer 10 jaar voor haar dood by ons as gesin kom bly het. Sy is rustig in haar bed oorlede en ek lewe met ‘n skoon gemoed dat sy die liefde en sorg by ons gekry het wat sy op haar oudag verdien het. Almal se omstandighede verskil en soms is ‘n ouetehuis die enigste uitweg maar ek voel rustig oor my ma se laaste paar jare voor haar dood. Bejaardes moet definitief met meer liefde, respek en empatie behandel word.
Daai suster kon darem dan tenminste op haar hurke gaan praat het met die tannie. Nie daar van bo af nie. Dit sou darem wragtig my eerste reaksie gewees het.
Net bly dis alles op kamera anders het die goed alles ontken. Hoop hierdie mense word afgedank.
Toe ek die vidoe vanoggend vroeg gesien het, was my eerste reaksie dat nie een van daai 2 personeellede bewus is van die kamera nie. Anders het dit nooit plaas gevind nie.
Dis ‘n skreiende skande. Wys net hoe harteloos daai mense is, dan vertel hulle mooi stories vir familie en vriende om lof toegeswaai te word vir hul ‘onbaatsugtige’ werk. Daai suster se ongeërgdheid is skokkend; sy gaan ook doodluiters aan asof die tannie verdien om maar net so vir nog ‘n ruk daar te lê.
En die liewe tannie in rooi, wat ál een was wat omgegee het en teruggedraai het, al loop sy moeilik – dankie Tannie. Ons kan sien Tannie wou help, maar is self nie eens in staat om sonder hulp te loop nie; dis die énigste rede waarom Tannie haar nie opgehelp het nie. Ek kan net dink hoe magteloos Tannie ook gevoel het – het Tannie se bes gedoen om hulp te kry. Dit lyk nie eens vir my of die werker die suster gaan roep het nie; as sy het, het beide die werker en die suster maar hul tyd geneem om te kom help. Dis duidelik uit die video dat dit Tannie is wat geroep en gesmeek het dat hulle (gou) kom help. Tannie is ‘n voorbeeld van iemand wat vir haar medemens omgee xx
Mag geregtigheid geskied.
Ek is bly as die Bestuur optree teen die personeel. Dit gaan maar orals so! Die personeel is nie meer toegeweide mense met ‘n passie vir hul werk nie. Dit gaa net oor geld! En in elke geval wat sou nou gebeur het as die Tannie die ou bakkie yogurt gevat en ge-eet het? Of wou die kombuishulp die yogurt vir haarself vat? Ek hoop beide die hulp en verpleegster wat afgedank! Ons word almal oud en verdien beter!
Ja nou is hulle op betaalde verlof, en worry niks nie
Dit skrik hulle nie af nie want hulle kry nog n salaris
Waarom is daar niemand gearesteer nie ? Dagvaar die rook uit hulle .
Om na jou ouers om te sien is n absolute voorreg. Ek het vir 16 jaar na my ma gekyk, ook toe sy bed leend was. Het n werk, huishouding en kind gehad. Dit kan gedoen word. Ongelukkig is meeste kinders te gemaksugtig.
My hart bloei vir jou my Tannie, ek is SO jammer dat dit met u gebeur het . . .
met hoeveel ander, ou, weerlose mense gebeur dit nie daagliks nie? Ek kon gelukkig nie die video kyk nie, en ek is bly daaroor, ek sou net seeninge verloor het! Agter op ‘n boek het ek eenkeer die woorde gelees: Wat jy aan ‘n kind en ‘n oumens doen, sal die Here jou nooit vergewe nie. . . .
Ek hoop daardie 2 siele kry nooit weer werk waarby ou mensies betrokke is nie. Sies man dis n skande. Hoop die tannie herstel gou. Onaanvaarbaar, diekombuiswerker wou seker die joghurt vir haarself hê. Sies man, n bleddie skande.
Spoedige herstel tannie ek hoop tannie is baie gou aan die gang Daardie vrouens hoop hulle betaal tenduurste en hoop die tannie se seun trek nie die saak terug weens druk Hier gaan dit nie oor mediese kostes ens nie hier moet daardie twee gemors mense betaal Aan die kamstige wit suster jy is n skande om wit te wees Sies en ja baie verwens jou soos ek ook ….
Hoop ook hulle altwee verloor hulle werk.
Hoekom die oumensie so hanteer. Dis nie asof een Yogurt die tehuis bankrot gaan laat verklaar nie.
Dit gebeur want ons eie mense wat buitelanders aanstel as werkers. Buitelanders is gewoond aan geweld en haat ons as SA burgers want hulle soek ons rykdom wat ons in die verlede weg gehou het van hulle
Onthou, nie alle Terhuise is so nie. My ma is in Kingswood, Pretoria Oos en die kantoor personeel, eetkamer staf , en die Suster is waarlik GREAT! Ons kon haar nie in ‘n beter plek gesit het nie…..
MY ma is in ‘n aftree oord en bly nog in haar eie huis en sy word 89! Sy woon nou al 14 jaar daar. Sy wou nie by die kinders bly nie en het ons dit gerespekteer. Die personeel by die oord word baie streng gekeur en vandat hulle privatiseer het gaan dit veel beter. Nou kan hulle die mense met die kennis, begrip en nodige vaardighede aanstel. My ma het nou al 2x geval en onder andere ‘n heup en bekken gebreek. Hulle was binne minute by haar en het die nodige gedoen om haar so gemaklik moontlik te hou totdat die ambulanspersoneel oorgeneem het.
Ons het ook aan die begin baie baklei en gedreig, maar die vrot spul het hulself uitgewerk en nou het ons bekwame mense.
Die suster is WIT. Ons behoort te weet wat haar naam by die huis is.
Was dit n geval van wit teen swart, dan sou daardie persoon beslis al agter tralies gewees het en die EFF daar kom betoog het…
Ek wil weet wie is hulle. Gee die name! Skaam julle, maar eendag, ja, dan word julle tot verantwoording geroep! Gaan werk in die Spar, gooi dan liewers mense se inkopies rond. Jy is nie die naam Suster werd nie.
My ouma was ook in ‘n tehuis gewees sy was ongelukkig bedlêend en moes enige hulp van di verpleeg personeel af ontvang, ons het op’ n dag di telefoniese boodskap ontvang dat sy uit di vlees is agv ‘n hartaanval, na di begrafnis toe my oom haar goedjies gaan haal het-het’ n tannie wat oorkant haar gelê het vir my oom gesê dat sy op di spesifieke dag per ongeluk haar koppie tee op di bed om gestamp en een van di verpleegsters het haar onverwags blykbaar op haar hand gekap en met di het sy geskrik en net daarna toe di hartaanval gekry, my oom het gaan navraag doen daarna oor di gebeurtenis en dit als was geontken, daarom toe ek di boodskap gelees het het ek aan haar voorval gedink, as ek mag sê moet daardie tehuis vir daai mediese onkostes verantwoordelik gehou word wat met daai tannie gebeur het, daai suster se sertifikaat moet onmiddellik deur di mediese raad opgeskort word, al 2 moet ni net geskors word ni, laat hulle opgesluit word soos baie van di lesers sê dit is aanranding met di opset om ernstig te beseer
Ja wat sal mense se, kan n mense haar n mens noem. Nee jy Kan nie, nie eers n Dier. Skaam jou
Mense, mense, mense ons moenie te gou oordeel as ons nie kennis het wat agter die skerms gebeur nie!
Ek het gehoor dat jy meer skade kan aanrig om sommer net ‘n persoon op te tel, netnou het sy haar heup ontwrig, rug gebreek of so, as jy dan net so persoon ophelp sonder die regte mediese personeel rig jy meer skade aan.
Hoekom het die wit suster so lank gevat? het sy dalk gaan hulp soek, ambulans gebel, nog ‘n suster gaan soek wat haar kon help? hoekom praat niemand van die ander persoon wat voor die suster gekniel het by die tannie nie?hoekom het sy haar nie gehelp nie?
Ons moenie oordeel as ons nie die ware feite ken nie, die media het ‘n manier om stories soos die uit verband te ruk vir sensasie!
So tussen hakkies, is die ou tannie nie dalk ‘n moeilike tannie? Het sy nie dalk die werkers verbaal misbruik nie?dan sal mens mos effe stadig wees? Ek wonder soms wat is die agtergrond en waarheid.
Sannie, waar val jy uit? Daar was niemand wat gekniel het nie.
Sannie, dit neem n minuut vir n verpleegsuster om vas te stel waar die bejaarde pyn het, haar fisiese toestand te evalueer en gevolglik toepaslike hulp aan te bied. Die suster het n paar woorde gewissel en houtgerus weggestap. Sy behoort ook by die HPCSA aangegee te word. Niémand verdien om so behandel te word nie. Dis met goeie rede dat albei werkers geskors is. A.g.v. hierdie insident sal haar versorgingskoste ook eskaleer.
Sannie—Jy praat regtig in sirkerls en probeer die probleem weg praat. Die feit bly steeds dat die suster geen mediese of Noodhulp toegepas nie. Dis duidelik in die video. Die suster het haar mediese plig versuim. Enige persoon met graad een noodhulp sal die tannie 100% reg gehelp het maar die suster het versuim om dit te doen. Ek hoop sy word voor die mediese raad gebring.
Hulle sal oud word en gaan dieselfde behandel word en dan moet hulle nie vra hoekom nie.Dis n skande dat ons oumensie so behandel word.Waar dit by bejaardes en kinders kom raak ek die hel in as hulle so behandel word.Ek sal hulle albei n lekker taai klap wou gee.
Dit is n Skande- Ek wonder wat sal gebeur as die skoen aan die ander voet was.
Dit kom voor die betrokke werkers wou die yogurt wat die bejaarde vrou gevat het vir hulle self wou he eintlik daarom die agressie teen haar moedswillig en boonop het hulle geweet sy is weerloos. en dit uitgebuit -tipies
Net n vragie as jy in hospitaal le weerloos is die kans goed dat werkers daar presies so sal optree
Senior burgers word kwaad as hulle “oumensies” genoem word. Onthou asseblief dat hulle gerespekteerde mense is wat miskien belangrike posisies beklee het. Hulle is nie nou skielik potsierlike kabouters nie. Noem hulle “meneer” of “mevrou” of die titel wat hulle verwerf het. Elke mens wat hard gewerk het as jonger mens, of dit in ‘n ambag, as boer of as huisvrou was, is geregtig op respek. Jesus het self gewone mense gerespekteer.
Elsie Riekert, ek HAAT die word ‘mensies’!!!
Dit is vir my ‘n vernederende vorm van iemand aanspreek! asof JY groter is. . .
En dit oor ‘n bakkie yoghurt wat tien teen een in die personeel se sakke sou beland het…
Dit is vir die ou-mensies gegee saam met hul ete en reeds voor betaal.
Daarom seker dat my liewe Moeder nooit in so plek wou gaan bly het nie en ek haar ook nooit daar sou gaan plaas” het nie.
As dit my ma was …. ek mag dit nie se op die platform nie maar ja ….. en dat sy net so staan en toekyk??? ONMENSLIK
“ENGO bejaardesorgsentrums voorsien die noodsaaklike diens van omgee vir en versorging van bejaardesregoor die Vrystaat. Die diens het ten doel om die bejaarde se regte te bevorder, mishandeling vanbejaardes te voorkom en hulle te bemagtig met kennis en vaardighede. Daar word ook gestreef daarnaom bejaardes te help om so lank as moontlik in die gemeenskap te funksioneer. ” Aanhef van hul webwerf inligting…. kom ons kyk of hul hierdie gestand kan en gaan doen.
ag dis soos die SERVE AND PROTECT van die polisie . sien jy enigiets daarvan?
Indien die werknemer deur die tehuis ontslaan word sal die ander werkers natuurlik uit simpatie staak.
Gaan stap maar by enige ouetehuis in. Die meeste werknemers se bek is heeldag dik omdat iemand dit gewaag het om hulle in diens te neem.
Dit is natuurlik buiten etenstye wanneer baie personeel hulself rojaal help aan die rantsoene wat vir die inwoners bestem is.
Lyk my die werkers en verpleegspersoneel raak aggresief as die ou mense te veel eet. Miskien moet ERGO ‘n sekuriteits maatskappy aanstel om die werkers se handsakke te deursoek vir kos as dit huistoe gaan tyd word.
KLAAR OP BORGTOG VRYGELAAT .. SY GAAN NIKS OORKOM NIE .. dalk die volgende Minister van Gesondheid word ..
Hoe juk my hande nou om daardie twee by te kom! Dit maak my siek en harseer. My ouers is altwee in ‘n versorgingsafdeling van ‘n aftree-oord. Hulle word baie goed versorg want hulle kan nie meer vir hulself sorg nie. Ek is baie dankbaar vir die hoë gehalte sorg wat hulle ontvang. Ek woon redelik naby die tehuis en maak dikwels op verskillende tye van die dag ‘n draai daar. Hulle is altyd skoon en netjies aangetrek. Pa word elke oggend geskeer en volgens my Ma word hulle van kop tot tone gewas, met room ingesmeer en gepoeier soos ‘n baba – haar woorde. My Pa was eers nie tevrede daarmee dat ‘n vroulike helper hom was nie, maar hy het dit nou aanvaar aangesien daar net twee manlike verpleërs is. Hulle is vol lof vir die plek, van die etes af tot oor die vriendelikheid van die personeel. Ek is baie dankbaar vir die plek waarvoor ek so hard gebid het en waarop ek per toeval afgekom het.
NET GESKORS!! SY MOES SUMIER AFGEDANK GEWEES HET…
Sy kan bly wees dit was nie my ma wat sy so gestamp het nie. Hoop sy kry nooit weer werk in haar lewe nie. Oumens kon haar geen skade aangedoen het nie…