Video: Twee polisiemanne in winkelsentrum vasgetrek

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video waarin twee polisiebeamptes in ʼn restaurant by ʼn winkelsentrum in hegtenis geneem word, het die afgelope naweek soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die twee mans, waarvan een in gewone drag en een in uniform is, by ʼn tafel in die restaurant sit wanneer hulle in hegtenis geneem word.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat dit ʼn 48-jarige kaptein en 56-jarige adjudant offisier is wat Vrydagmiddag by ʼn winkelsentrum in Kuilsrivier vasgetrek is. Die beamptes is in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie nadat hulle glo omkoopgeld by ʼn lid van die publiek aanvaar het.

The Daily Voice berig dat die beamptes, verbonde aan die Lentegeur-polisiestasie in Mitchells Plain, glo R10 000 by die lid van die publiek geneem het om ʼn persoon wat nie ʼn vuurwapen mag besit nie te “help” met sy wapenaansoek.

In die video kan gesien word hoe daar dokumente en selfone in bewysstuksakke geplaas word. Die beampte in uniform se rangtekens en polisiekenteken word ook verwyder ten aanskoue van talle nuuskierige omstanders.

Die verdagtes het Maandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie. Rwexana kon nie onmiddellik die verdagtes se name bevestig nie.

Waarskuwing: Die berig bevat kru taalgebruik en kan sensitiewe lesers ontstel.

Hawks arresting Police Officers based at Lentegeur Police Station. All Shall Be Equal Before The Law!!!

Posted by Vytjie Mentor on Sunday, April 8, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Eish ·

Geen skaamte, geen berou.
Min het werklik verander die afgelope kwarteeu.
Die klas van onheilighede was alomteenwoordig. Voorheen egter, die uitsondering op die reël, nou, die norm.

christa ·

dis die SA polisiemag waarmee ons opgeskeep moet sit. Die man wat die omkoopgeld betaal het moet ook gearresteer word. die deeler is net so goed soos die steler

Piet Pompies ·

Dit was ‘n sting operation, die persoon wat die omkoopgeld betaal het, het saam met die SAP gewerk om die korrupte polisiemanne te vang, hy is staatsgetuie.

magda ·

“dis die polisiemag waarmee ONS OPGESKEEP sit” dalk eendag sal die res van die “mag” jou siening verander…..nes ander instansies is daar goeie en slegte werkgewers…

Chris ·

YesYes Yes . Dit moet meer gebeur . Maak hulle bekend aan die publiek dan sal meer twee keer dink om misdaad te pleeg .

Marlene ·

Maroela media,

Julle blur sy gesig uit in die artikel op die foto maar nie voordat jy die artikel oop maak nie?, wat is die nut om dit dan te blur

Genieve ·

Omkoopgeld nou hulle werk gekos, leer hulle dan nooit daar is seker nog baie van hulle wat ook navore gaan kom kan n mens so stupid wees

Goeie werk Polisie ·

Goeie werk Polisie, dit sal die oneerlikes onder julle ‘n les leer, die Polisie mag KAN NIE, MAG NIE misbruik word deur kriminele nie. Die wiel draai stadig maar seker.

Johan. H. ·

Maak n voorbeeld van hulle nes daaie Lamoer, wat nog wag vir sy oranje pakkie,Maar as jan publiek R1000.00 skuld vir sars word jy gejag soos n hond,,,

KG ·

Dit sou vir my so vernederend gewees het, veral toe hulle al die goed van sy uniform verwyder het.

Christa M ·

2 vrae: (a) Is dit standaard prosedure om mense op hierdie wyse in hegtenis te neem? en (b) is daar nie n beginsel dat mens onskuldig is totdat jy skuldig bevind is deur die hof nie? Vanselfsprekend veroordeel ek enige en alle kriminele aktiwiteite buite en binne die SAPD. Vra maar net …

Chris ·

(a) Wat is fout met die inhegtinisname?
(b) Ja daar is so’n beginsel. Inhegtenisname beteken nie jy is skuldig nie, dit en borg is daar om te verseker dat die persoon voor die hof veskyn en nie vlug nie.

Wonder ·

Arme waiter, wie het die rekening betaal en is haar tip ook daarmee heen?

Gerrit ·

Die meeste is so, kriminele in uniform en dit is die hoofrede vir die stygende misdaad net vandag is twee polisie beamptes in natal se gemerkte voertuig gehighjack hoe pateties.

Tammy ·

Ja, Johan, jy praat die volle waarheid. Kyk wat gebeur by SARS maar ons, die melkkoeie word soos gemors behandel en hulle kry mense om jou te bel en te dreig. Het self meer as n jaar gesukkel my my eie geld uit hulle terug te kry.

TLC ·

Ja Tammy as ons net die guts gehad het om saam te staan en nie tax te betaal nie vir net n maand dit sal n goeie knou gee. As hul met boete dreig dan weier ons nog n maand te betaal en as hul bereid is om boete af te skryf dan betaal ons. Maar dit gaan die President en sy makkers se oë oopmaak as daar nie geld in kom om mee self bedrog te pleeg nie

Tammy ·

Dankie aan die betrokkenes wat die twee vasgetrek het. Julle het regtig kaliber!!!

Mario Smith ·

Propaganda. 100%.
Die beskuldigde moet eers aangekla word en deur ‘n hof skuldig bevind word. As hierdie arrestasie toegelaat word op implikasie van korrupsie; hoekom is Jacob Zuma nog nie gearresteer nie?
Dis nou die polisie wat een of ander patzi opsit om te probeer wys dat hulle korrupsie beveg. Maak dit publiek vir media effek.
Wat ‘n joke. Wat is in elk geval onwettig om iemand met ‘n aansoek te help vir ‘n vuurwapen lisensie? Antwoord: NIKS. Die dienste word daagliks geadverteer in koerante.
Wat wel onwetting sou wees was om die lisensie te oorhandig of uit te ryk vir geld, maar dit blyk nie dat die hier die geval was nie. Hierdie is ‘n diens wat verkoop is teen ‘n prys.
Lyk my sersant Rwexana is een van die nuwe bedeling se model-morone.

Robert ·

Mario, duidelik het jy nie die hele berig gelees nie. Hulle is deur ‘n persoon betaal om aansoek te doen vir vuurwapen lisensie en die persoon is vooraf onbevoeg verklaag. So dit maak jou as polisieman aandadig aan korrupsie. Looi hulle. Hulle het vooraf geweet die salaris in die polisie is nie wat wonders nie maar het nog steeds ‘n kans gevat.

Peet243 ·

Stem ook saam met Mario. Dit maak nie saak of iemand onbevoeg verklaar is nie, om heraansoek te doen vir ‘n lisensie is nie ‘n kriminele saak nie. Polisiebeamptes kan ook die aansoek in ‘n persoonlike kapasiteit ondersteun, maar mag dit nie tydents werk doen nie, en mag ook nie offisiele invloed op die aansoek dwing nie. Buiten dit, klink dit ook vir my na propaganda. Gans te publiek, met media daar. Dis natuurlik ook dom van die polisie om ‘n lid in offisiele polisiedrag te arresteer. Dis nou letterlik om jou vuil wasgoed in die publiek te was. Die SAPS se reputasie nog een vlak laer as die seebodem.

Propoganda of te not ·

Propaganda of te not, die boodskap moenie omkoop geld aanvaar nie!!!! Jy verdien ‘n salaris, as dit te min is, kry ander werk. Kriminele kom skuil in die Polisie. Verder weet niemand wat alles gebeur het nie, om so op te tree, beskik hul oor die regte bewyse en feite. Die tekens verwydering is drasties, maar dit was nog nooit anders gedoen nie, indien jy nie in so situasie wil wees nie, moenie onder die naam van Polisie misdaad pleeg nie, jy is dan ‘n groter krimnieel, jy het meer voordele as die een op straat, jy ken dan die hele Modus Operandi.

Alida ·

TLC ek wil my nie eers verwerdig om kommentaar te lewer nie. HOE WEIER JY OM BELASTING TE BETAAL. Se ons ASB!

Pieter ·

Ons sal nie kan weier om belasting te betaal nie maar ons hoef geen ekstras te verklaar nie en maak seker elke loophole wat bestaan word ten volle benut , vra jou werkgewer om die helfde van jou salaris in n komisie toelaag te betaal ,gebruik jou huis as kantoor spasie om jou werk te doen , ons kan die belasting wat ons volgens wet moet betaal met meer as die helfde besny vra enige ouditeur wat sy sout werd is.

Janeen ·

Nee nou verstaan ek nie. Ons word gesê ons mag nie fotos versprei nie maar hier word dit openlik versprei. M.a.w. hierdie belemmer nou die saak in die hof?

Phillip ·

Dagsê Janeen

Dié verdagtes se foto’s mag versprei word sodra hulle vir die eerste keer in die hof verskyn het.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.