Video: Twee sterf in N14-ongeluk

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911

Twee mense is Maandagoggend dood en minstens 11 beseer in ʼn ongeluk op die N14-snelweg tussen Centurion en Krugersdorp in Gauteng.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:00 op die N14-Wes naby die Malibongweweg-afrit in die Randburg-omgewing plaasgevind. Die bestuurder van ʼn bakkie het glo beheer verloor waarna die bakkie verskeie kere gerol het.

Paramedici van verskeie nooddienste is na die toneel ontbied om na die beseerdes om te sien.

“Twee mense is op die toneel dood verklaar. Twee mense het kritieke beserings opgedoen en is met helikopters na ʼn nabygeleë hospitaal in Johannesburg geneem vir verdere behandeling,” het Mathe gesê.

Sy het gesê die res van die nege pasiënte het tussen matige en ernstige beserings opgedoen en word met ambulanse na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Beamptes is steeds op die toneel om die voorval te ondersoek en die toneel op te ruim.

Verkeer in die omgewing is erg ontwrig. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die video is deur die verbruiker, Bernard du Toit, op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hennie ·

Net beheer verloor? Met 13 persone? Hierdie bakkie was beslis oorlaai en die bestuurder het nie besef hy moet stadig ry nie.

CQ ·

SIES AAN ELKEEN WAT SO VINNIG OORDEEL. Ja, daar is dalk 1 bestuurder wat ongehoorsaam of haastig of ongrduldig is, maar wat van die slagoffers wat onskuldig in hierdie padongelukke is? Julle vieslike woorde van oordeel val op ELKE GESIN wat seer het.
Hou asb op oordeel oor mense en omstandighede waarvan julle NIKS WEET NIE…. en bid eerder dat God almal wat hierdie feestyd op die pad moet wees om by geliefdes te kom sal beskerm.
Mag JY WAT OORDEEL n geseënde Feestyd vol liefde en vreugde ervaar. Mag JY WAT OORDEEL veilig tuis kom om jou kindertjies die nuwe jaar met seën en gesondheid in te stuur.

Adam Boshoff ·

CQ jy oordeel dan nou ander se oordeel Die bestuurder was nalatig om 13 mense in die bakkie te laai en moes besef het hy gaan nie ten volle beheer daaroor he nie Ja veroordeel sy nalatige optrede want regdenkende mens sal so iets doen nie

Asjas ·

Hoekom klim 12 mense agter op ‘n bakkie? Dit is mos vir moeilikheid soek. Daai mense is nie so onskuldig nie, jy dobbel nie met jou lewe nie. As dit nie veilig is nie, soek ander alternatief. En voor julle begin klippe gooi, jy het altyd ‘n keuse maar dit is hoe die ou volkie dit al dekades lank doen en sal doen.

MM ·

En dis nou al 3 jaar wat die wet verander het dat jy NIEMAND agterop ‘n bakkie mag vervoer nie. Ek ry elke dag daai pad en neem aan die ongeluk het net agter my gebeur. Hierdie bakkie kry ek reeld op die pad en hy kruip gewoontlik om weg te kom met al die mense agter op.

Ben Prinsloo ·

CQ dit was nou heel ongehoord en ongevraagd. Waar jy aan jou inligting kom om so n uitlating te maak sal net jy weet. Vertel ons ook asseblief.

CQ ·

Ek vra nederig om verskoning as ek mense oordeel. Ek het nie besef dat ek iemand veroordeel et nie. Ek voel net sleg vir onskuldige mense wat sterf en seerkry in motor ongelukke…. daar is verseker altyd n “skuldige party” maar elke dag is daar artikels oor motorongelukke en elke dag is daar mense wat net AANNEEM dit was spoed of roekeloosheid of ongeduld…. my vraag is maar net…wat van DIE SLAGOFFERS wat NIE skuldig is aan bogenoemde nie.
Adam Boshof…. ek is nie seker waar ek oordeel nie… ek probeer net die “ander kant / slagoffers” se kant stel.
Ben Prinsloo, soos bo genoem lees ek ander artikels en almal het dieselfde verwyte….
Waarom dit ongevraagd is weet ek nie…
Ek glo wel die Ma en Pa wat n kindjie in n ongeluk verloor voel ook dat mense se vinnige oordeel ongevraagd is.
Miskien net bietjie meer simpatie vir die slagoffers. Vreeslik jammer dat my vreeslike stelling SOVEEL mense in pyn los.

Asjas ·

Party mense is regtig slagoffers maar ander is sommer net dom en vra vir ‘n ongeluk om te gebeur. In my opinie is jy dan nie meer ‘n slagoffer nie. Ek kry baie van die tipe voertuie op die pad, ek kom so gou as moontlik weg van hulle af want hulle GAAN ‘n ongeluk veroorsaak en as ek in tref afstand is dan is EK ‘n slagoffer.

CQ ·

Adam en Ben. Soooo jammer dat ek julle soooo ongelukkig gemaak het met my kommentaar. Gladnie bedoel om te oordeel nie. Ek lees net daagliks van ongelukke waar mense sterf en ek dink aan die “onskuldige slagoffers” en die families wat seer het. Wonder net hoe n Mamma/Pappa of n Ouma/Oupa voel wat n kindjie verloor het in n ongeluk en hulle lees mense se kommentaar “ja dis spoed/ brandewyn het nie brieke nie/ idiote wat ongeduldig is”…
Ek dink maar net dat miskien sal die families van die slagoffers net BIETJIE MEER simpatie en eerbied vir hul geliefdes waardeer.
Weereens GROOT VERSKONING dat ek julle ontstel het. Mag julle n pragtige Feesseisoen ervaar met jul geliefdes.

Maryn van wyk ·

Ons kry gereeld sulke oorlaaide voertuie as ons N1 vat plaas toe, n gevaar vir alle onskuldiges op die pad – katryn

Blackies ·

Dit is so jammer dat mense so moet sterf. Maar is dit regtig nodig dat die lyke teen 12:00 nog steeds op die snelweg le, die ongeluk het omstreeks 8 uur gebeur. Wie se verantwoordelikheid is dit om hulle te verwyder .

WitBlits ·

Bakkies se laairuimte of bakgedeelte is gemaak om vrag te vervoer en nie mense nie!

Marina ·

Nou gaan ek seker ook gekruisig word maar ek wonder net … die persoon wat die video geneem het, het hy bestuur tewyl hy dit gedoen het of wat dit ‘n passasier?

LB S ·

Hy het een van daardie “dashcams” of wat jy die goed ook al noem op sy kar, anders sou die kamera sekerlik “gedraai” het verby die mense wat langs die pad lê. ☺

LB S ·

Al kommentaar wat EK het is, kyk nou weer die verkeer aan die ander kant van die pad. Mense is altyd so nuuskierig dat die verkeer naderhand wie weet hoe ver ophoop, net totdat hulle verby die ongeluk is dan vloei dit weer. Hier in die Kaap gaan dit so as iemand net ‘n pap wiel langs die snelweg kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.