Video: Twee verdrink toe vloedwater taxi meesleur

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mense is dood toe ʼn minibus-taxi Saterdagoggend in Kwaggafontein in Mpumalanga deur vloedwater meegesleur is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die taxi het probeer om ʼn laagwaterbrug oor te steek toe dit in die vloedwater vasgevang is. Omstanders het op die oewers staan en toekyk terwyl die polisie en nooddienste ontbied is.

Volgens Hlathi kon ʼn lid van die brand- en reddingsdienste daarin slaag om die bestuurder uit die vloedwater te red en het hy teruggegaan om die enigste passasier in die taxi, ʼn 26-jarige vrou, ook te red. Hy is egter toe saam met die vrou deur die water meegesleur. Die vrou sowel as die reddingswerker het verdrink.

“Die liggaam van die vrou is intussen uit die vloedwater gehaal. Volgens haar familie is sy twee weke gelede getroud. Sy was op pad werk toe, toe die voorval gebeur het,” het Hlathi gesê. Hy het gesê daar word nog na die man se liggaam gesoek.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër vandag ʼn waarskuwing vir swaar reën en moontlike kitsvloede in die hele Mpumalanga uitgereik. Soortgelyke waarskuwings is vir die hele Gauteng, die oostelike dele van Noordwes en die noordelike dele van KwaZulu-Natal uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris ·

Ek is jammer vir die onskuldige slagoffers. Maar vir die bestuurder nie. Hy behoort vir ‘n hele paar oortredings aangekla word. Maar dit is maar die ou storie, jy kry nie pille vir onnoselgeit nie.

snoefie ·

God praat, maar pkeks van luister, is daar mense wat die ontstaan van die anc metdie geboorte van Christus Jesus vergelyk. alle simpatie met die naasbestaandes.

Gallie ·

Dit is bitter jammer dat die lewensredder nie die vrou gered het en eerder die taxibestuurder gelos het nie. Hy was verantwoordelik vir hierdie twee mense se dood wat heeltemaal onnodig was.

André ·

Dis baie hartseer dat die reddingswerker verdrink het. Hy het sy lewe opgeoffer om ‘n ander te probeer help. Ek wens die wêreld het meer sulke mense gehad!

JoeV ·

Verlang na die dae toe die weermag in sulke toestande oorals redding gedoen het met hulle helikopters. Dit was goeie dae.
Kan mens die smart van daai families indink, die verlies is vreeslik.
RIV.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.