Video: Tweede tornado tref KZN

‘n Tweede tornado het KwaZulu-Natal Donderdag getref. (Foto: Storm Report SA/Twitter)

Die weerdiens het Donderdag bevestig ʼn tweede tornado het KwaZulu-Natal getref – dié keer in die Bergville-gebied.

ʼn Tornado het die New Hanover-gebied net buite Pietermaritzburg Dinsdagmiddag getref. Groot skade is aangerig ná swaar reën en vloede wat reeds tot verskeie sterftes in die provinsie gelei het. Talle huise is verwoes en verskeie mense word vermis.

Video’s van die tornado’s het soos ʼn veldbrand versprei.

Die weerdiens het Donderdagmiddag wéér gewaarsku teen sterk wind, swaar reën en hael wat tot verdere oorstromings in KwaZulu-Natal kan lei. Mense is ook gevra om nie kanse te waag deur laagliggende brûe oor te steek nie.

Die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het leerders vroegdag al aangeraai om weens die gure weer liefs tuis te bly. Diegene wat eksamen skryf, is gevra om dit steeds te doen, maar onmiddellik daarna terug te keer huis toe.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie, Sipho Hlomuka, het Donderdag gesê die provinsie het gebeurlikheidsplanne gereed om te reageer op enige situasie wat uit die swaar reën kan spruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Net So! ·

Wou nou net iets soortgelyks sê! 100% in die kol Johann!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.