Video: Tweeling amper ontvoer by winkelsentrum

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe ‘n vierjarige tweeling glo amper ontvoer word by die Zambezi Junction-winkelsentrum in Montana, noord van Pretoria.

Rekord Noord berig Zindie Ribbink was Maandagmiddag in ‘n apteek by die sentrum saam met haar tweeling, ‘n seun en ‘n dogter. Die kinders het in ‘n winkelwaentjie gesit. Ribbink sê sy het vir ‘n oomblik haar rug gedraai en toe sy weer kyk, was die waentjie weg.

In die video kan gesien word hoe ‘n vrou met die waentjie by die apteek uitstap. Ribbink hardloop agterna en kom dan weer met die waentjie terug. Ribbink het aan Rekord Noord gesê sy moes met die vrou stoei om die waentjie terug te kry en dat die vrou toe gesê het sy wou net deur die waentjie kyk.

Ribbink se man, Dale, het die beeldmateriaal op Facebook geplaas. Volgens Ribbink het hulle ‘n klag by die polisie ingedien en het hy die beeldmateriaal aan die polisie oorhandig. Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Nico ·

en jy vat die trollie met jou kinders so terug sonder om die “dame” iets aan te doen of om die SAPS te bel???

Tanya Van Schalkwyk ·

Ag nee regtig… Ek kan jou nou se ek sou dit nie daar gelos het nie… Maar so vinnig wat daai kinders amper weg… Jy sal hulle met kettangs om jou moet vas maak…. Nee wragtig waar… Ek sal die skool elke dag moet bel waar my kind is…, maak my nou bekommered….

Nansie ·

Mens kan nie jou kinders vir ‘n oomblik onder jou oë laat uitgaan nie. Ons kosbaarste besitting, en grootste verantwoordelikheid.

Johann ·

Daai ma van die kinders is die oorsaak dat iemand anders se kinders dieselfde sal oorkom.
Sy het niks gedoen om te verhoed dat daai vrou nie weer so iets sal probeer nie.

Johann ·

Gegroet is u naamgenoot.
Lyk vir my ons is twee Johann’e hier bymekaar.
Vredevolle dag vir u.

Thea ·

As jy mooi kyk kan jy sien dat die twee vroue wat buite weer bymekaar kom, altwee binne rondslenter. Hulle werk heel waarskynlik saam. Wees op die uitkyk vir drentelaars. Mammas moet meer ‘alert’ wees as hulle in sentrums is. “Scary” om te dink wat kon gebeur het.

Natasha Bouma ·

Ek en my man was so ruk trug in Smooch Eastgate. En amper dieselfde het met my gebeur ook. Dit was net nie my kinders maar my selfoon. Daar was ook 2 mense wat eweskielik ons omsingel het en my aandag probeer aftrek. Die een vat toe my selfoon uit my handsak uit, nadat ek met die ander man klaar gepraat was, drai ek dadelik om en sien hoe die ander ou my selfoon ewe sku onder sy arm indruk! Ek loop toe reguit na hom toe! Gryp hom aan die arm en vat my selfoon trug! Hy lag toe vir my en se dis nie hy nie. Stupid idioot! Tussen al die geraas wat ek toe maak hardloop die ou wat my aandag af getrek het weg. Ons bel ons toe die security! Bel polisie,maak toe n saak oop. Na twee hof aanmeldings is die saak afgehandel. Hy is toe skuldig bevind en is trug gestuur na sy Zimbabwe toe. As ons nie iets doen aan die situasie nie gaan dit net aan hou gebeur!! Mens kan dit nie net los soos wat hierdie vrou ewe Non Chalant gedoen het nie. Dis vir my skrikwekkend dat sy so ewe trug in die apteek inloop en verder inkopies doen! Ek skaam my dood! Sy moes net daar dai twee vroue vaskeer in die winkel en die polisie bel!! Ag nee man!! So teleurstellend!!!

cindy ·

Dis soos my 8 jarige meisiekind my vra oor die naweek. Mamma hoekom is daardie huis se heining so laag “heel geskok”? Daar kan skelms oorklim. Dis hartseer om te weet my kinders sal nooit die vryheid he soos ons gehad het nie. Weg met tok tokkie.

Mev H ·

Ek sien in die berig dat die Ma noem sy het net ‘n oomblik weggedraai, maar as mens haar dophou, is haar aandag vir ‘n geruime tyd nie op die kinders nie. Nie so seker daai vrou wou die kinders steel soveel as dat sy dalk die Ma wou skrik maak nie? Dit lyk ook nie of sy regtig so moes ‘stoei’ soos sy genoem het nie…? As dit ek met my kinders was, sou ek ‘n baie groter bohaai op opgeskop het. Maar net my opinie..

Theresa ·

Dit sou haar laaste “ek wou net deur die waentjie kyk” gewees het. Dis blerrie verseker! Sy moet beslis opgespoor word. Sy sal dit weer doen. Toe SAP doen julle ding en wys daar is nog iets in julle.

salome ·

Moenie die mamma so gou oordeel nie! Dit is maklik om te se jy sou so en so maak,maar onthou dit was haar twee kinders en nie n selfoon nie,sy was alleen en nie iemand saam om te help bond staan terwyl sy die mense vas keer nie… Soos die berig se het sy die polisie gekontak,maar logies het sy terug ingegaan net om weg te kom met haar kinders en dan die polisie te bel!

Snippie ·

Ek dink nie daai vrou sou heel anderkant uitkom as dit my kinders was nie. Dankie tog die mamma het betyds gesien wat gebeur!

Johanita ·

Lyk of die man in die rooi hemp wat saam die misdadiger in die winkel ingestap het en kort voor haar uitgestap het, saam met haar werk.

C Matthee ·

Shoe hoe maklik oordeel ons hierdie mamma! Sy het, eerstens haar kinders in n winkel trollie gesit, hulle hardloop nie die plek vol nie. Haar hand is amper heel tyd op die trollie. En, Natasha, ek sou nie hierdie mense aanvat nie, ek sou ook terug in apteek gehardloop het, wat n veiliger plek was vir die kinders as n oop mall. Niemand weet dat die mamma aangegaan het met haar inkopies nie! Sy was waarskynlik in skok en het om hulp gevra. Sy het immers die saak by die polisie aangemeld.

natalie ·

High five for that mom. Shows she a good mom. Busy but still doesn’t take her eyes off kids. I wouldn’t have been that calm though! I would have half killed the people trying to take my kids! And its very obvious there were 2 accomplices with the fat slob that pushed the trolley!

Belinda ·

Hulle was beslis 3 wat saam is die groot VET vrou wat regtig nie kan hardloop as ek haar vat nie en die swart man en swart vrou met die rooi hempde aan………………en ja haar aandag was beslis nie heeltyd op haar kinders nie ek hoop nie haar handsak was in daai trollie nie want dis wat hulle gesoek het mens kan net nerens gaan sonder om versigtig te wees nie ek dra geen handsak by my nie ek dra my geld in my broek of bra :-) die ander dag was ons by Checkers my Ma het die gewoonte met die handsak toe ons by die melk is kry my Ma n brood en ek staan en wag vir haar kom daar ook n vrou aan of ek vir haar room kan gee (geweet sy kom met n plan) se ek vir hey het ek n Checkers uniform aan kry jou eie room……………………….het die wind uit haar seile gehaal…………..want nie lank daarna nie het sy wragtig iemand gevang handsak gegryp en gehardloop maar hulle het haar toe gevang…………….en of iets gebeur het met haar weet ek ni……………

Monica ·

Lyk nie vir my of die vrou gestoei het om die kinders terug te kry nie. Maar leer in elk geval jou kinders om ‘n helse lawaai op te skop as hulle deur vreemdelinge genader word.

Monica ·

Lyk nie vir my of die vrou gestoei het om die kinders terug te kry nie. Maar leer in elk geval jou kinders om ‘n helse lawaai op te skop as vreemdelinge hulle uit jou nabyheid neem. Die skuldiges moet gestraf word, want hulle gaan dit weer probeer. Dis hoekom baie ouers “leibandjies” vir die kinders gebruik.

Ac ·

mens kan nie die oorweldigende bewys laat die kinders gemerk is ignoreer nie, maar my mening is dat hulle haar handsak wou steel en gehoop sy gaan dit op daai gegewe oomblik dit los of neergooi. die derde ene het mooi agtergebly daarvoor en die een wat die waentjie gestoot het was heeltemal te rustig. Beide intensies is moontlik… maar dit los nie n lekker gevoel nie…

Elizabeth ·

Hierdie is regtig skrikwekkend. Eerstens wat het die vrou te kyk in ander emnse se trollies en tweedens as sy dan iets WOU kyk hoekom die trollie by die winkel uitstoot? Ons praat so – as dit oorsee was het die polisie die video beslis in hoë resolusie laat ontleet en baie gou ‘n identikit kon saamstel en versprei onder die publiek. Wat het die sentrum se sekuriteit hieroor te sê – as mens daar gaan rondloop sien jy dalk weer die spul. Mense verspei asseblief hierdie berig aan almal wat jul ken, nie net in Pretoria maar oral, mens ys om te dink wat kon gebeur. Kinderontvoering en slawerny is nie net stories nie!

lorayne ·

Ek sou haar wragtig RAAK geklap het as my een van my kinders in daardie trollie was!

Cassandra ·

Nee kyk, ek en my kêrel was ook een Donderdag aand in Checkers en my dogtertjie sit in haar stootwaentjie terwyl my kêrel die inkopies op die toonbank uitpak. ek speel nog ewe met haar en sien toe ‘n man en vrou brom om die Simba skyfies reg langs my en dan vat hulle 5 pakkies van die rak af en dan sit hulle weer 3 terug en dan vat hulle weer 3 ander en so gaan dit aan. Met die wat die man so afbuk om die skyfies nou maar nog ‘n keer nader te bekyk begin ek terugstaan en kyk dat hy nie aan my handsak probeer karring nie. Ek kry toe onmiddelik die gevoel iets is aan die gang en ek begin meer vorentoe staan. Die vrou kom staan behoorlik amper bo-op my dogtertjie en maak asof sy met haar gesels en ek bly toe beskaafd en se toe oordentlik sy moet wegskuif. Ek kyk dadelik af en sien my handsak is oopgezip en met die wat ek omdraai staan die man met my beursie in sy hand en die skyfies. Ek het seker oorreageer maar ek was so woedend ek het hom en haar so verskree en die man ‘n paar houe gegee.

Pieter Pienaar ·

Eke sou nie so rustig soos dai vrou gewees het nie!!!!! Sou hulle opgevoeter het!!!!

Belinda ·

Ja Cassandra dis altyd deel van die plan maak asof hulle iets soek en trek jou aandag af maar eintlik is hulle daar om net te steel……………….daar is altyd n groep wat saam is vernaam op einde van die Maand maar wat my pla dit gebeur net altyd baie meer in Checkers………….

Lanie ·

Dis maklik om die ma te oordeel maar het enigiemand dalk daaraan gedink dat sy. In ‘n skoktoestand was en nie normaal kon dink nie. Nie 2 persone sal dieselfde reageer in ‘n situasie nie.

Erika ·

Dit is werklik hartseer om te sien wat van ons wereld word – wat sou jul se as ek julle sou vertel wat ‘n biologiese ma van drie aan haar kinders doen terwyl hul in haar toesig is en ek as stiefma kan niks se of doen nie want die Wet van die Land se dat ek gun regte het nie!!!!
Moeder sluit haar kinders in ‘n kar toe (tweeling van 5 en groot boet 10) terwyl sy in Alberton in ‘n dans plek ingaan want sy wil dans???!!!!

Antoinette Pretorius ·

5 Jaar gelede het iets soortgelyk met my vriendin gebeur. In ‘n groot supermark is haar dogtertjie, ook in ‘n waentjie, by die toilet ingestoot. Daar het sy iets ingekry wat haar bedwelm het, ‘n ander kleur t-shirt is vir haar aangetrek; haar poniestert is teenaan die kop afgesny en sommer net daar in die asblik gegooi. Die sekuriteit en personeel soek toe vergeefs vir ‘n dogtertjie met ‘n pienk hempie en lang haartjies! My vriendin het net heeltyd hardop gebid. Sy het buite toe gehardloop en haar dogtertjie se huil herken net toe die ontvoerders besig was om haar in ‘n bussie te laai – ‘n enkele minuut later en sy sou vir altyd weg gewees het. Die insident het ook binne sekondes gebeur – dit is bedrewe sindikate wat baie geld kry vir hierdie kinders wat se bestemming is om iewers ‘n seksslaaf te gaan word.

Pieter ·

Die man met die rooi hemp is ook betrokke. Hy het definitief n rol saam met de vrou gespeel om die kinders te steel

olga van oostende ·

Dieselfde het een paar jaar terug met myn dogter gebeur maar dan in menlynpark nogal in hypetrrama
Daar was een gesette vrou wat haar gevra het oor babamelk . want haar dogter het een tweeling Sy het ook met die trolly in die hand gestaan.Toe sy die vrou veduidelyk sy moet aan gaan was haar trollie weg met een baba van 3maand
Maar gelukkig het zyn die regte kant opgeloop en een ander vrou het met die trollie geloop anders was ons kleiseun weg gewees ook de selfde verskoning .Ek see vir haar hoekom het jy nie gegil sy see ma ek het my kind gekry en vinnig huis toe gegaan sy was so in die war dat dit haar eerste reactie was om vylig te wees Dit is tog erg dat jy nie eens met jou kinders winkel toe kan gaan.As die man van dir kring tv syn wek gedoen het sou hy dit mos gesien het en kon optree. Mev ek leef met jou mee gaan maar liever saam met een vriendin of familie winkel want ons leef almaal in een korupte wereld Heel veel sterkte vir u groetjes een bekomerde ouma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.