Video: Uitvlucht-lokprent amptelik vrygestel

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die skrywer, regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se nuwe Suid-Afrikaanse film, Uitvlucht, word op 13 Mei landwyd uitgereik. Die amptelike lokprent van die fliek is pas vrygestel.

Uitvlucht vertel die verhaal van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n konserwatiewe middelklasvrou wat met vuur speel en alles wat saak maak in haar lewe verloor. Tydens haar reis om selfontdekking en vergifnis kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam Uitvlucht.

Stelselmatig begin sy herstel, besluit om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk en ontmoet in die proses ’n saggeaarde alleenloper-boer, Dok (Stian Bam), wat met haar bevriend raak en haar weer in haarself laat glo.

Sy ontdek ook weer haar rede om bestaan namate sy nouer betrokke raak by die kinders se geluk en hartseer, en tree op as heldin in hul lewens teen hul swaarkry, onder meer molestering, hul ouers en ander familielede se drankmisbruik, die gemeenskap wat die wet in eie hande wil neem en mense wat geen ontsag vir ander se leed het nie.

Anna vind die uitvlug waarna sy smag. Op haar beurt bring sy ook uitvlug na die skooltjie wat so desperaat veg om voort te bestaan, asook na die gemeenskappe waarin die mense slagoffers is van armoede en uitbuiting in haglike lewensomstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tiger ·

Ek sal nie die moeite doen nie dankie!Flieke oor “agtergeblewenes” of “voorheen benadeeldes ” trek my eenvoudig nie.

Xa ·

As dit alweer net op armoede van een groep fokus en n ander groep skuldig laat lyk, dan trek ek my woorde verseker terug. Ek raak moeg daarvoor dat witmense en kinders wat NIKS tedoene gehad het met politiek in die verlede nou moet skuldig voel nie. Dis belaglik.

Ek ·

Toevallig bly ek al die afgelope 52 jaar naby Uitvlucht en ken dis die mense en omgewing baie goed, sal probeer kyk of ek kan gaan kyk om vir myself te sien of dit al weer net op hemeling van die lui aards is.2

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.