Video: Universiteite se geldsake is beroerd

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Universiteite is nie finansieel gereed vir die nuwe akademiese jaar nie. Dit was van die onthullings tydens Statistieke Suid-Afrika se voorlegging in die parlement.

Statistikus-generaal Pali Lehohla sê dis duidelik universiteite word nie behoorlik befonds nie en dat dít aanleiding gee tot die FeesMustFall-beweging.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Asjas ·

Ek wonder soms wat word die mense betaal om die voor die hand liggende feite wat ons almal alreeds weet vir ons te vertel?

Rupert Ashford ·

Jy moet verstaan meeste staatsdepartemente wereldwyd bereik hulle doelwitte binne ‘n relatief kort tydperk, en dan begin die paniek: “As ons nie meer ‘n doel het nie, wat gaan met ons gebeur? Gaan ons afgedank word?” En dan begin die planmakery – “skep” die nodigheid vir ons departement en maak soveel reels en regulasies as wat jy maar moontlik kan om te verseker daar moet iemand wees wat daardie reels polisieer…en voila nou is ons vir altyd nodig en kan nooit afgedank word nie!!! Dit is hoekom jy daardie “gevoel” gekry het Asjas – dit word ook genoem “deja pu” let wel nie “deja vu”…:-)

Lance ·

Presies wat mens verwag ….gaan nog erger raak …sal maar sien wat oorbly ….

Jan ·

As gevolg van al die prysstygings is ek ook nie gereed vir die nuwe jaar nie. In effek dit sal maar dinges dinges op die gelykpad gaan, wat nog te sê van die bult uit.

John ·

Die’ dat die rektore net so hard soos die studente getoi-toi het…

Manie ·

Wat skokkend is dat 63℅van studente wat befonds word maak nie hulle kursusse klaar. So stop die vermorsing van miljarde rande

snoefie ·

duh. sover ek kan eie isdie soystrein FEES MUST FALL die een en enigste oorsaak vir universiteite se finansieele verknorsing. so laat studente betaal of gaan keeg le by hulle huise.

miv ·

Sluit die universiteite. Diegene wat wil studeer, sal wel ‘n plan maak, hulle kan deur die pos by Unisa, by Solidatiteit, of oorsee.

vim ·

miv jy gaan hulle natuurlik befonds om oorsee te gaan swot.
bolle!!!
verdere studie bly n reg en n voorreg. ek wil se n luxury. betaal daarvoor, verdien dit of gaan daar sonder.

John ·

Hier kom baie meer moeilikheid aanstaande jaar. Na-skoolse opleiding is nie verpligtend nie, maar dit moet glo gratis wees, maar vir skoolopleiding, wat verpligtend is, moet ten duurste betaal word. Nou moet dit glo in ’17 met 8% verhoog word. Skole verengels en verswart met rasseskrede, wat ‘n dramatiese toename in die sogenaamde agtergeblewens beteken. Wie betaal skoolfonds? Witmense wat gemarginaliseer word? Skole gaan binnekort ook betogings ervaar en die skoolhoofde gaan saam toi, want bankrotskap wag…

neef ·

Ek het niks anders verwag nie. Rektore beteken niks en kan nie hulle voet neersit nie. Te lamsakkig. Maai wat hulle gesaai het.

Basson ·

En die teorie dat 2de & 3de jaar studente (want daar is baie minder) in natuurwetenskappe aspris gedruip word (bv deur die gebruik van belaglike nuanses in vraestelle), net sodat daardie fakulteite meer geld kan in?

snoefie ·

absolute snert basson en jy weet dit. met wetenskappe kan FOUTE nie geduld word nie. dis reg of dis verkeerd. dit kan nie AMPER reg wees nie.

Slappie ·

Ek dink die ‘studente’ het inside information gehad, dit is hoekom hulle so tekere gegaan het hulle weet net so goed soos ek dat hulle nooit VERNIET sal kan studeer nie want die Universiteit het nou nie eers geld met betalende studente nie, wat nog te sê as almal verniet wil studeer? Die Universiteitsbesture is in elk geval slaprug, ek het geen respek meer vir hulle na die aanvalle op universiteite en hulle hantering daarvan nie. Soveel studente moes maar aanlyn op ‘n manier aangaan, dit kos hulle duisende rande aan data, BO en behalwe hulle klasgelde wat hulle moes betaal. Hulle verdien dit om klas te gee vir studente wat GRATIS studeer en 20 jaar daar gaan sit op ‘n 3 jaar graad te voltooi.

Johanna Botha ·

Tog eienaardig dat in die 80s 1.82 blankes universiteit geslaag het vir elke nie blanke en nou slaag 6 blankes vir elke nie blanke …dit se mos baie veral omdat geld nou minder van n probleem is !

Dup du Plessis ·

…en dis deur ‘n swart professor bevestig / m.a.w. onderwys was eintlik beter af in die apartheidsjare…..of is daar iets verkeerd met my wiskune…..

JAPTRAP ·

Finansiele onsekerheid, onstabiliteit wat voortduur by universiteite, stresvolle en ontwrigtende werksomstandighede, aftakeling van die standaarde en die statuur van universiteite, ens, gaan tot gevolg he dat akademiese personeel ook maar die pad gaan vat en elders n heenkome gaan soek.

Schalk ·

Waar daar ‘n wil is sal ‘n weg gevind word. As jy ‘n spesifieke beroep wil volg en jou skoolpunte laat nie toe vir toelating is dit JOU eie verantwoordelikheid om dit reg te stel deur weer sekere vakke te loop of selfs nuwe vakke. As jy deur lamsakkigheid nie gevorder het op skool nie is dit weer JOU eie skuld. Maar Jy kan omdraai en regruk as JY WIL. Glo my jou kinders sal nie dieselfde fout maak nie as JY ‘n ouer is wat deur die proses moes gaan. Klipgooi , brandstigting , aanranding en ander geweldadige handelinge is misdaad waarvoor JY aanspreeklik gehou moet word. Jy hoef nie deel van dit te wees nie. Universiteit , Technikon , Kolleges of watter ookal instellings kan jou help met die nodige kursusse maar net AS JY WIL. So opsomming JY is of Goed of Sleg. Hou op om ander te blameer vir JOU eie tekortkominge. Inteendeel daar is geleenthede geskep vir ander om dit makliker te maak. Daar was beroepstekorte destyds as gevolg van oorlog teen apartheid en op lands grense . Vandag is mense besig om daardie enorme kennisbron in die buiteland te bekom deur ons uitvloei van mense met die regte bekwaamheid as gevolg van rasseoorlog intern. Sal die mens dan nie leer nie?

JC ·

Ja, en ongelukkig skiet hul hulself in die voet en maak ‘n groot fout met hul geveg teen ons pragtige taal Afrikaans en eintlik teen Afrikaners. Hulle sny as’t ware hul voedingsbron af!!
Wanneer dit die meeste benodig word, en dit bitter baie sal help, het dit reeds, en gaan, alle donasies, skenkings en finansiele hulp aan KOVSIES OPDROOG en gaan dit ‘n hool word sonder redding aangesien Afrikaanses onttrek!!
Ons is nie so onnosel as om ‘n instansie te ondersteun terwyl die einste instansie Afrikaans aktief ondergrawe nie!! Dink hul regtig ons is “fools”!!!!
#AFRIKAANSES BOIKOT UNIVERSITY OF THE ORANGE RIVER COLONY!!!!!!
Ons sal sien wat word van UV sonder Afrikaans!!! Kom ons gee eerder ons geld aan Akademia!! So trots op Akademia:-) Akademia groei met rasseskrede!! Ook bitter trots op Soltech en ook op AROS. Bogenoemde het natuurlik uitstekende standaarde in teenstelling met wat binnekort aangebied gaan word by openb univ.
Dankie Solidariteit!!

Schalk ·

Stem saam JC. Net jammer ons kan nie ons belasting kanaliseer nie. Dan sou sekere bronne vinniger opdroog.

Anoniem ·

Die oplossing is vir my eintlik heel eenvoudig: maak die toelatingsvereistes strenger vir tersiêre onderrig, sodat minder studente toelating kry. Teoreties behoort die slaagsyfer dan ook te verbeter. As die staat minder studente hoef te subsidiëer, kan elke student se subsidie mos verhoog word? Dis kos die staat ‘n klein fortuin om so ‘n massa studente te subsidiëer, waarvan ‘n groot gros in elk geval uitval (en ook nie hul staatslenings terugbetaal nie). As mens nie baie geld het om mee te werk nie, moet jy mos slimmer/effektiewer werk met dit wat jy het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.