Video: Ure lange gespook om baba uit dreinpyp te red

Reddingswerkers grawe ʼn sloot om by die stormwaterdreinpyp uit te kom. Foto: Rescue Care Paramedics

ʼn Massiewe reddingspoging het Maandagoggend in Newlands-East in Durban plaasgevind toe reddingswerkers moes spook om ʼn pasgebore babadogtertjie uit ʼn stormwaterdreinpyp te red.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, sê verbygangers het omstreeks 07:00 gehoor hoe ʼn baba vanuit die dreinpyp huil en het hulp ontbied.

Paramedici, beamptes van die SAPD se soek-en-reddingspan, die plaaslike brandweerdienste en die munisipale soek-en-reddingseenheid het hulle almal na die toneel gehaas om te help.

ʼn Brandbestryder het in ʼn mangat afgesak en kon van daar die babatjie sien beweeg en hoor huil. Dit was egter nie moontlik om deur die mangat by die baba uit te kom nie.

Paramedici was deurentyd gereed op die toneel om die baba te behandel sodra sy uit die pyp gebring is. Foto: Rescue Care Paramedics

Reddingswerkers het egter nie tou opgegooi nie en dadelik ʼn sloot begin grawe om by die stormwaterdrein uit te kom. Later is ʼn veeldoelige laaigraaf ook na die toneel gebring om die reddingspoging te bespoedig.

Jamieson sê reddingswerkers kon deurentyd die baba hoor huil en dit het hulle aangepor om so vinnig moontlik te werk. Toe die pyp uiteindelik oopgegrawe is, het ʼn reddingswerker dit versigtig oopgekap om toegang te kry.

Daar kon op dié manier by die kind uitgekom word en die babadogtertjie is omstreeks 09:40 uit die pyp gehaal.

ʼn Mediese helikopter het gereed gestaan en paramedici het die baba op die toneel behandel voor sy na ʼn hospitaal in Durban gevlieg is.

Dit is nie tans bekend hoe die baba in die stormwaterdrein beland het nie. Die saak sal deur die polisie ondersoek word.

‘n Video volg onderaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Maria ·

Here het aangegryp kink soos bybel verhaal Moses! Sy mos gelewe het met n rede
Dankie vir al redding julle is puik!

Anoniem ·

Ek bid dat God slegte mense nooit die voorreg sal gee om swanger te kan word nie. Nou moet nog ‘n onskuldige pragtige siel daaronder lei. Dank die Here dat hierdie kindjie gered is, mag jou lewenspaadjie, lank, voorspoedig en vol al die geluk wees wat jy verdien kleine mensie en mag jy ouers kry wat jou liefhet in oorgawe, ek weet ek sou.

Iemand ·

Waarom sal jou gebede werk as niemand anders sn vir duisende jare gewerk het nie? Word wakker.

Oujongvrou ·

Ek sal julle se hoe sy in die pyp beland het. Sys daar ingegooi. Maar God het ander plan gehad.

Liezl ·

Amen en amen Oujongvrou. Ons Vader se plan was en is en sal altyd wees!!!

Stella ·

Kan jy glo!!
Hoe kan iemand so iets doen?,die blerrie vrouens wat so van n kind ontslae raak,MOET opgehang word! Siek,siek,

Wendy Smal ·

Dankie Here dat U hierdie kind veilig bewaar het.. As ook baie dankie aan die span wat hierdie baba dogtertjie gered het. Julle is Hero’s…

DeVill ·

Wie gooi ‘n klein lyfie soos dit net weg?!

Ek sien dit is blanke dogetertjie.

Ai die wêreld is so stukkend!

Nina ·

Haar kleur is totaal irrelevant. Die wonderwerk is dat sy gered is.

alida ·

Dit is siek om na die kleur van die baba te verwys. Dit bly ‘n baba. Ongelukkig gaan die voorplanting van lewe voort maar mense gebruik nie hulle verstand nie. Daar is hoeveel voorbehoedmiddels op die rak maar die satan weet beter. Hoop daardie vrou word gevang en kry 30 jaar tronkstraf.

ANON ·

Die trane loop – ek is so dankbaar die mensie is nou in veilige sorg.

Gert ·

Ai, dit is so verskriklik. Na 36 jaar se getroude lewe het ek nooit die voorreg gehad om n kind te kon hê nie en ander mense gooi hulle s’n net weg. Gelukkig hoef ek dit nie te gaan verduidelik eendag wanneer ons almal voor die Groot Stoel moet gaan staan en verduidelik nie!!
God seën daardie ou Babatjie.

Jennifer ·

Aai weet jy!!!……Hoe del hel kan enige iemand met ‘n gesonde verstand so iets doen?
Hoop regtig die regering wil instansies oopmaak vir kinders wat kinders het wat nie vir hulle kan sorg nie. Sit punte uit waar babatjies eerder in veilige hande gelos kan word sonder enige vrae….daar is soveel mense wat smag na kinders en verseker sal die kindertjies met ope harte en arms ontvang word. Ons land se oe moet oopgaan…..

christa ·

mag daardie kindjie leef en die hoogste sport in die lewe bereik, sodat haar ma haar kop in skaamte kan laat sak vir haar “tappet” gedrag. Die Here het ‘n doel met daardie lewetjie

Michael ·

Ek hoop ek word oud genoeg om te sien wat se doel het onse liewe vader met hierdie kleine mensie. Sy sal eendag n dokter of wat ook al wees en n lewe vol vreugde en liefde he . Die mense gaan praat van GOD se kindtjie. Dit is een van GOD. se wonderwerke hierdie . She Blessed. Maroela hou ons op hoogte van die storie ASB.

GM ·

IEMAND, gebede word verhoor en wonderwerke gebeur op ‘n daaglikse basis – ons sien dit net nie altyd raak nie. Die mensdom kan nie verwag dat elke dingetjie net gebeur soos hulle dit wil hê, net omdat hulle daarvoor gebid het nie.

Mag die babatjie ‘n voorspoedige lewe hê, en die persoon wat so siek daad gepleeg het, ‘n gewete ontwikkel en die skuldgevoel hul opvreet van binne.

EP ·

Een keer se plesier wat dan lei tot ongewenste swangerskap. Dan word die arme babatjie “weggegooi “. Dis tyd dat mense weer hul morele waardes in oënskou neem en vir die gevolge van hul keuses moet pa-staan.

Hanna Hoekom ·

Ja, sy is harteloos daar ingegooi en gelos om te sterf! Maar die wiel draai… Verskoning van n mens hierdie sogenaamde ma. Jou sonde sal jou inhaal.

Dorothy ·

Iemand, soos jy sê word wakker. Ek is geskok…
Jy is vandag in my gebede. Mag die Heilige Gees vandag met jou werk en dat jy tot inkeur sal kom. Die sap wat jy sal vandag uitdruk suiwer sal wees en nie vrot nie. Mag die Here met jou wees dat jy ook wonderwerke raak sien.

MS ·

Daar is soveel kinderhuise met “doors of hope” waar ma’s hul ongewensde baba’s in veilige hande kan los. Daar is absoluut GEEN rede hoekom hierdie baba’s vermoor moet word nie. Gee daai kosbare kindjie vir my, ons sal haar groot maak met baie liefde.

Rinske ·

Ek het 2 pragtige kinders en sal ñ derde enetjie wil he. Ek sal haar vat aangesien haar ma haar nie wou gehad het nie. Sy kort n huis vol liefde!!!! Siek wereld!!!!!

Chantelle ·

Dis baie hartverskeurend
so baie klein en reeds die lelik van die lewe beleef
dis Genade wat daai kindjie deur gedruk het en dat mense daai lyfie kon red
hopelik word die wat skuldig is vasgetrek maar dis Suid-afrika en ongelukkig kom hul maklik met sulke onheil weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.