Video: Vaaldam-vlak skokkend

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Vaaldam is net sowat 34% vol. Verlede jaar dié tyd was dit meer 75 persent vol, wat die voortslepende gevolge van die afgelope seisoen se droogte duidelik laat blyk.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ben ·

En so gaan almal (bitter min boorgate hier by ons rond)steeds heerlik hier rondom my in Pretoria voort om hulle tuine nat te maak en die water stroom die strate af. Darem is die gras groen vir die winter? Praat mens met hulle daaroor is dit maar die tipies ‘los my uit moenie jou probleem myne maak’ aggressiewe Afrikaner houding. Ek is jammer meneer, maar tans is dit ons almal se probleem.

DC ·

Moenie veralgemeen nie Ben. Jy is ook ‘n Afrikaner. Dis nie ‘n Afrikaner houding nie, maar sommige mense se houding.

Lance ·

Hier kom n ding …as dit nie die seisoen reen nie is ons in groot moeilikheid. Spaar water deur bv n baksteen in jou toeilet se bak te plaas …daar is dan nog genoeg water om te spoel. Stort eerder as om te bad. Draai die stort se kraan op vol warm as jy lank moet wag vir die warm water …alles dit kan help. Ons vang die water op in n emmer wat eerste uit die stort kom wat nog koud is …gee potplante met dit water.

vermeende ·

Die publiek het oogklappe aan en word met beloftes gelei.
Hierdie is net die begin van die elende. SA se gemidelde reen kan nie die populasie onderhou nie.
Daar kan krieses bestuur toegepas word om water verbruik te halveer met water beperkings, maar waar gaan die voedsel vandaan kom vir die massas.

Johann Marx ·

En as jy deur my woonbuurt ry sien jy talle “tuinwerkers” wat opritte en sypaadjie blare met ‘n oop tuinslang in die straat af spoel…in plaas van met ‘n besem op te vee en op te tel!!

Grap ·

Die regering moet begin om ontsouting aanlegte op te rig by die kus dit is duur maar word goedkoper namate die volume water vermeerder.

KLEIN ·

Ek stem saam dat daar baie reën op pad is. Moontlike vloede kan ons ook tref.

Wat-ek-lees ·

Ek het foto’s met ‘n vol dam en soos dit nou is op punte waar dit sin maak wat ‘n beter prentjie gee as die video.

WICUS ·

AS DIE MINUSIPALITEITE AL HULLE LEKKE REGMAAK WAS HY NOG 70% VOL

coen visser ·

Dis waar die stedelinge se boorgatwater vandaan kom….van lekkende munisipale pype.
In ons dorp bereke n die munisipaliteit dat hulle omtrent 50% van die aangekoopte water verloor. Toegegee, baie gaan seker na onwettige aansluitings, maar dis SKOKKENDE vermorsing….waarvoor besighede en ander belasting betalers moet betaal…..

KP ·

Die EFF wat nou so hard om koalisies baklei gee mos apartheid die skuld. Die apartheids regering het die damme te groot gebou nou vat dit te lank om vol te loop. Daar le die probleem……..

Anoniem ·

Hier in Heidelberg, Gauteng by die ‘taxi-rank’ word die talle taxi’s en gewone karre daagliks gewas. Daar is ‘n kraan langs TJ’s wat lekker oortyd werk. Iemand moet daar ingryp!

Ronel ·

Mense hou op om klippe heen en weer te gooi. Dit gaan nie vir ons damme water bring nie.
Draai terug na GOD, daar is julle oplossing!

Marlene ·

Mense julel moet ophou dood spreek oor ons land. Lewe en dood lê in die mag van die tong. Hoe vinniger ons reen spreek hoe vinniger sal ons meer as genoeg kry. So sak maar Afrika op jou kniee wat sag geword het en bid vir genade en versoening

CR ·

Op ‘n ander noot: Noudat die vlakke so laag is, is daar baie boere grafte sigbaar. Die families weet van die grafte en hulle is daar begrawe nog voor die dam gebou was. Gelukkig is dit boere, want as dit nou anderskleuriges was, moes die hele dam skuif en daar was grond eise :-)
Maar dit is tog intressante geskiedenis om te sien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.