[Video] Van Breda demonstreer bylaanval

‘n Skermskoot uit die insetsel.

Henri van Breda het Woensdag op sy 23ste verjaarsdag met ‘n byl in die hand aan die hof gewys hoe sy broer glo deur ‘n onbekende aanvaller doodgekap is.

Die staat het ʼn replika van ʼn houtbyl aan Van Breda gegee sodat hy aan die hof kan wys hoe die swaaibewegings gelyk het wat die beweerde aanvaller gebruik het toe hy sy broer en pa aangeval het.

Van Breda word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Genieve ·

Sal graag wil weet hoeveel geld hy nog het om die hof so te mislei??? Hy is van dag1 af skuldig, en kan die Regter nie sien hy is besig om die staat se tyd te mors nie.

Sharnelle ·

Sy stories maak lankal nie meer sin nie. Dis net baie verdag dat die aanvaller almal in die huis aanval en nie hom nie. In gister se berig se hy net voor hy sy bewusyn verloor het het hy sy ma en sussie op die trappe sien le. Maar in n vorige berig se hy dat sy ma in Rudi se kamer gekom het en die aanvaller het haar ook met die byl gekap. My vraag is hoekom sal die aanvaller hom nie ook doodmaak nie, maar net n harde hou gee en sy bewusyn verloor.

SE MAAR NET ·

Almal weet hy is skudig. Hul rek die saak uit, omdat hul geld uit die saak maak. Did ook hoekom Oscar se saak so lank uit gerek het…

Genieve ·

Ek volg sy storie en in die uitsending toon hy nou berou. Hy het seker nou berou omdat hy homself sien hoe hy hulle 1ve1 doodgemaak het. Die staat kan nou regtig na n kant toe beweeg en bere hom vir dit wat hy aan sy familie gedoen het.

swank ·

Grootste lot nonsens, mens hoef net CSI op DSTV te kyk om te weet wanneer so ‘n aanval gebeur, g’n mens wat dit aanskou presies gaan onthou hoe die sg. aanvaller die byl vasgehou of geswaai het nie, jy gaan in panic mode om jou gesin se lewe te red en die aanval te stop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.