Video van gestremde man wat seksueel misbruik word skok

Die video word wyd op onder meer WhatsApp versprei. Argieffoto: Pixabay

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het sy skok uitgespreek oor ʼn video wat wyd versprei word van ʼn 25-jarige verstandelik gestremde man wat glo seksueel misbruik word.

Dr. Phophi Ramathuba, waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, het in ʼn verklaring gesê die jong man is van die Mehlareng-nedersetting in Zebediela waar die beweerde voorval glo plaasgevind het.

“Op die video kan daar gesien word hoe ʼn vrou vermoedelik die jong man seksueel misbruik, ten aanskouing van ander mense. Die video word wyd op sosialemediaplatforms versprei,” het sy gesê.

Ramathuba het die voorval streng veroordeel, asook alle dade van geweld en vernedering van die mees kwesbare lede van die gemeenskap. “Ons hoop dat geregtigheid teen die verdagte sal geskied.”

Ramathuba het onderneem ʼn sosiale werker sal die familie bystaan vir berading en hulle help om strafregtelike stappe in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marcia ·

Dis siek! Wat het geword van omgee en hulpvaardigheid.. eerder as mishandeling en misbruik? Dis siek verby!

Magda ·

Solank as wat “Crime” voorkeur kry by ons regering sal die sort mishandeling voortgaan. die probleem le nie by ons WET nie – maar by die mense wat die WET moet toepas – en daar weet ons wie dit is.

R. Swart ·

Hoekom is daar ‘n wit man op die foto? Nou die dag op ‘n ander nuusblad was daar ‘n berig van ‘n mesaanval waar ‘n wit hand uitgebeeld was wat die mes vashou, al was ‘n wit persoon glad nie by die voorval betrokke nie. Sal graag ‘n verduideliking vir hierdie tendens wil hê dankie.

Renier ·

Dit gaan oor “stock photography”, dis bloot makliker om n prent te koop as daar nie een beskikbaar is vir die spesifieke voorval nie. Meeste stock photography webtuistes se skeppers (mense wat fotos afneem en oplaai vir n inkomste) is vanaf die vsa en is wit. Ek glo nie maroela het n onderliggende motief of iets nie

Ek stem R SWART ·

Heel eerste waaraan ek gedink het. Ek wil ook nie graag die ras game speel nie, maar daar was al objeksies oor veiligheidsdeure en aanvalle wat op TV verskyn met swart persone in en daar is ‘n helse bohaai opgeskop daaroor, snaaks dat dit nou na WIT verander word en nou is dit maar net goed so? Ons vat alweer die houe, wit diewe, wit aanvallers, wit kapers, wit seksuele teisteraars, dit is fine as die beeld van die wittes so uitgedra word, maar WAAG dit net om ‘n anderskleurige hand of iemand met ‘n balaklava op ‘n ADVERTENSIE te sit en jy is RASSISTIES. Wanneer gaan hulle ophou om die wittes te BOELIE? AS die swartes beswaar kon maak, hoekom nie ook die wittes nie?

Elize C ·

Let op of daar “Argief” onder ‘n foto by ‘n berig geskryf is. Dan is dit ‘n foto wat glad nie ‘n uitbeelding is van die werklike persoon/omgewing/ens nie. Ek glo nie ‘n nuusblad gaan die moeite doen om na ‘n foto in hul argiewe te gaan soek wat pas by die berig, maar ook “ras”-korrek is nie. Ek hoor wat ander kommentators sê oor die “wit” hand, maar : Genoemde foto by hierdie berig is waarskynlik bloot net om ‘n persoon uit te beeld wie besig is om op sosiale media na iets te kyk, (soos genoem is die video waaroor berig word wyd op sosiale media gedeel) wie met ander woorde enige ras kan wees. As dit ‘n argief foto van ‘n blanke persoon was wat met ‘n mes in die hand staan, terwyl die meegaande berig handel oor bv ‘n swart man wie sy vriendin vermoor het met ‘n mes, kan daar gekla word.

Duiwels ·

‘n Verstandelik gestremde wat seksueel misbruik word deur ‘n vrou en dan nog verneder word ook… Presies hoekom mense reeksmoordenaars uitdraai en soms net vroue doodmaak. Ek het dit al so baie gesien. Hierdie vrou wat dit aan die arme man doen, is seker direk uit die hel gestuur. Mag sy kry wat sy verdien.

SO ·

Mense met ‘n aangebore gestremdheid of “anders” voorkoms verstaan die man se intense vernedering want hy “pas nie in nie”. Wens dir vir niemand toe nie want die gespot en telurstellings van die lewe ken geen perke. Mense wil kamma “volmaak wees”. Raai wat niemand is volmaak buiten ons Skepper.

Pieter ·

Ai, dis voorwaar siek, maar ons moet weet dat sodanige siek optrede dikwels ook deur pornografie gestimuleer word. Ons moet opstaan vir ons beginsels – as ons dit het! – of die gevolge dra!
NS: Is ‘n “sosiale werker” nie ‘n “maatskaplike werker” nie? Dit lyk so of ons Afrikaans ook al hoe meer verkrag word…

Veronica ·

Just as it was in the days of Noah, so also will it be in the days of the Son of Man . . . . Luk 17:26

Ronel ·

Wat is fout met die mense nr1 dat hulle mense seksueel misbruik en dit geld vir enige persoon ongeag ras of geslag. Nr2 Dat hulle actually daai video help versprei!!???? Die wat die video versprei moet so siek in die kop wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.