Video van Karino-ongeluk: vragmotor tref skoolbus

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Beeldmateriaal is pas vrygestel van ʼn ongeluk naby Nelspruit, Mpumalanga, toe ʼn vragmotor ʼn bus getref het.

Die ongeluk het verlede week Woensdag op die R538-pad by die Karino-kruising, sowat 20km buite Nelspruit plaasgevind.

Een voetganger is dood en 102 mense, waarvan die meeste skoliere, is beseer. Die voetganger was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Altesaam 97 mense het matige beserings opgedoen en vyf is ernstig beseer. Een van die mense wat ernstig beseer is, moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word.

ʼn Leser het die beeldmateriaal aan Maroela Media verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Bianca ·

Want hoekom moet ‘n vragmotor die padreels volg!!! Dis belaglik!

Annamarie ·

Ek hoop hy is toegesluit en sy lisensie en pdp word geskraap !!!!

Hanlie ·

Wel of Naas nou sy naam &*&^%) maak of nie – ek stem saam met Naas hy moet vir moord aangekla word. Hy het nie eers probeer by die stop teken stop nie……

Paul ·

Juan….
Die bestuurder kan aangekla word van moord.. wnt hy het met OPSET die stopstraat geskip. Hy sal nie noodwendig skuldig bevind word aan moord nie.. maar dalk wel vir Strafbare manslag. – net soos oscar se geval , indien Opset nie bewys kan word nie. dit is sover ek weet… maar ek is nie n regskenner nie.

Groetnis

Paul

Pietsnot ·

Paul, dis hier waar dolus eventualis weer ter sprake kom: hy moes voorsien het sy dade kan iemand se dood veroorsaak; desnieteenstaande het hy hom met dié moontlike gevolg versoen, en voortgegaan.
Gevolg: skuldig aan moord.
QED.
(en ja, ek ís ‘n regskenner ;-)

Phillip ·

Mense, Stop strate ,Robots,Zebra strepe,Toegee tekens,Spoed grense en al die Pad versierings is net daar om ons vuil land beter te laat lyk . Wat my aanbetref is die drommel wat die trok bestuur het die Spesifieke dag al `n paar keer oor die Stop gery sonder om te stop, speel die ccvtv nog terug, ek sit my kop op `n blok hy /sy stop nooit daar nie .Ja ons het `n nuwe trok reisie baan daar by is die persoon arrogant .Ek dink nie eers ons geld moet op `n hof saak gemors word nie .Gooi net die sleutel weg.Skuldig,skuldig !!!! Hy ry die pad elke dag.

Andries ·

Om net oor n robot te ry is nou se dae n groot gevaar. Wat gaan aan met die land?

Slakkie ·

Ek lees nou hier en praat namens n trok drywer soos jul dit stel,in die geval het die man verkeerd opgetree,ek het vir my n kamara aangeskaf wat 24 uur alles afneem,weens die gewone padgebruiker se optrede op die pad,om net een voorbeeld te noem,as ek op n snelweg ry en wil van bane verander sal nie een ou my n kans gee nie,mense sal verby jou jaag en voor jou kom indruk sodat jy skielik moet rem,ons weeg 56 000 kg en stop nie maklik nie,selfs nie eers op 40 km/h nie,sit u self in ons skoene en dan praat ons wee,laastens waar het jy gesien jy word gevloek omdat jy nie in die geelbaan ry nie,dis n noodbaan nie n trok baan nie

Nina ·

Weet jy, ek ry maar op langpad bloot uit ordentelikheid in die geelstreep as iemand wil verby. Veral op paaie waar dit bykans onmoontlik is om verby te steek. Dis nie asof ek nie kan sien of daar iets in die geelstreep is nie, of hoe? Jy kan dus nog BAIE beter as ek sien, en ook veel verder. Groete.

Johan ·

Het julle dalk daaraan gedink dat die vragmotorbestuurder wou stop, maar nie kon nie omdat die remme onklaar geraak het?

Martie ·

My seun en sy vriend is so vermoor omdat ‘n dronk man teen ‘n geweldige hoe spoed oor ‘n rooi verkeerslig gery het. Die ergste van alles hy loop in die strate rond en het dalk wie weet hoeveel ander mense vermoor. Dan se hulle jy mag nie haat nie ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.