Video van ‘reuseklopjag’ is fopnuus

‘n Skermskoot uit die video wat op sosiale media versprei word.

ʼn Video wat op sosiale media die rondte doen waarin daar gesien kan word hoe polisiebeamptes na bewering tydens “ʼn een dag operasie” minstens 240 onwettige immigrante in hegtenis neem, is nie waar nie.

Die video is op YouTube gepubliseer en word ook deur ander sosialemediaplatforms soos WhatsApp en Facebook versprei. Die inligting wat saam met die video versprei word, beweer die video is verfilm toe polisiebeamptes ʼn klopjag by ʼn woonstelblok in Boksburg aan die Oos-Rand uitgevoer het.

Daar word verder beweer dat 76 Zimbabwiërs, 44 Mosambiekers en 120 Nigeriërs tydens die “polisieoperasie” in hegtenis geneem is en dat daar beslag gelê is op kontant van R47 miljoen. Daar word ook aangevoer dat die verdagtes met onder meer plaasmoorde en huisrooftogte verbind word.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die video en inligting wat versprei word, is geensins waar nie. “Hierdie is fopnuus en is as’t ware net kwaadwillig,” het hy gesê.

Hy het gesê die polisie het geen idee waar die video vandaan kom of wanneer en waar dit gemaak is nie.

“Sosialemediagebruikers is nou al by verskeie geleenthede gewaarsku om hulle te weerhou van sulke onverantwoordelike gedrag op sosiale media, selfs al is dit op hul persoonlike profiele of toestelle,” het Masondo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

pieter ·

Ek het geweet dit is fobnuus ons hardwerkende polisie is definitief nie so toegewyd nie.

MAGGIE ·

Hahaha hah hahaha…. Lekker lag ek as kollega Nou saam jou. Well Dis Waar….. ??????

Suzette ·

Dit is waar… kyk mooi na die video op facebook… al die voertuie daar het GP registrasies en… aan die einde roep n man Kaptein……

giepie ·

Weet hoe dit kan fopnuus wees nie, lyk vir my baie waar!!!

snoefie ·

net so waar soos die minister van landbou, bosbou en visserye se bewerings, nie waar nie giepie?

Johann ·

In die huidige SA? Met SA Polisie? Whahahhaaaa!!!!

DAARS NIE N MANIER wat so iets sal of kan gebeur nie!

Jane ·

Wat sal dit dan anders wees? Volgens my is daar tussen FAKE en FEIT net TYD! Was ook egter verbaas oor die groot hoeveelheid inhegtenisnemings . .soos ‘n skrywer hierbo sê, ons ken nie ‘n polisiemag wat so flink is nie.

Hanna Hoekom ·

Ag, mens kan seker maar hoop en droom… Sou dit nie wonderlik wees as al die onwettige immigrante kan “huis” toe gaan nie? Dan kan Suid-Afrikaanse burgers dalk die broodnodige dienste kry.

Afrikaanse Knaap ·

Hulle kom is, duisende ‘n dag. Om honderde ‘n dag te vang, elke dag, sal te min verskil maak.

jean ·

Asof hule die moeite sal doen….sal eerder met die motors en familie gaan kruideniersware koop!………Niemand sou dit sekelik glo nie.

Suzette ·

Wel as jy stadig deur die video kyk is al die motors se registrasie GP…. en iemand top daar in afrikaans Kaptein… watter ander land het ook GP nommer plate…

Daan ·

Haaaaaahahaha ek dink daai polisie wat se dit is fopnuus, gee ons nou eerder fopnuus, ek dink dis dalk iets wat nie oppie lappe moes kom het nie, miskien is ek verkeerd.

PLP ·

Nee glad nie fopnuus nie jy kan duidelik 2 helikopters in die lug hoor draai oor die gebou. Hier steek meer agter as wat die polisie dalk wil se. Iemand het heelwaarskynlik die video vroegtydig uitgestuur voordat die polisie self n verklaring kon uitstuur.

hoera ·

SA het die mees effektiewe polisie mag in die wereld.
Gewoonlik is hulle 85% van die tyd op die toneel as daar ‘n misdaad gepleeg word.

PLP ·

Stem saam met jou Hoera. Hulle is meer effektief as wat die meeste mense wil toegee. Die negatiewe mense teenoor die polisie sal heelwaarskynlik oor alles negatief wees

hoera ·

PLP—-Lees weer my stelling. Gewoonlik is die Polisie 85% van die tyd op die toneel as daar ‘n misdaad gepleeg word. (85% van die polisie is deel van die misdaad)

Eish ·

As die berig waar is, hoe sou so min Polisielede op die toneel
soveel kriminele van hul vuurwapens ontneem het of kon konfiskeer het?
En hoe sou die inligting in detail m.b.t. die hoeveelheid immigrante/ wapens so gou beskikbaar wees nog voor die skuldiges in die tronk is?
Aan die anders Kant, van daai gesigte het werklik vreesbevange gelyk.
En kyk na daai lakens wat van die verdiepings afhang. Reg vir ‘n vinnige getaway!

Pop ·

En hier is ek bekommerd oor spasie in die tronke vir al daai skelms.?

A simple man ·

So wat die polisie sê is dis fopnuus, en ons as snr sap is onbevoeg, want so groot operasie word uitgevoer, saam Metro, en ons wetie daarvan.

Charlene ·

Die feit bly staan, dit is WEL beeldmateriaal van SA Polisie wat ‘n groot klomp verdagtes aanhou. My vraag is dan WAAROM en WANNEER is dit dus op kamera vasgelê? Ek is self in die Mag en gestasioneer in ‘n Provinsie waar daar feitlik slegs Engels gepraat word. Selfs daar, spreek “engelsprekendes” die rang Captain, uit as Kaptein. Iets is vreemd…

Ag Asseblief Tog ·

Suid-Afrika het die mees ondankbaarste mense. Kan nooit iets goeds se nie. Daar moet altyd negatiwiteit wees. Dis eintlik pateties om die minstens te se. Onthou net, die publiek is nie altyd reg nie.

PLP ·

Lees my kommentaar hiebo Ag Asseblief Tog.
Mense gun niemand niks. Altyd negatief. Sulke mense gaan met alles negatief deur die wereld. As dit wel waar is dat die Polisie die mense gevang het. Wat gaan die ongelowiges dan se. Kom by mense.

DS ·

Ag asseblief tog en PLP ons is REALISTIES nie negatief nie. Glo my al is al daai klomp vandag gevang is hulle môre in elk geval weer terug op die strate. Ek dink julle twee lewe in ‘n droomwêreld.

Daan ·

So as dit fopnuus is, waar en by wie kry daai manne die polisie uniforms?

Dion ·

Ek spog altyd dat ek nie fopnuus versprei nie, omdat ek dit eers navors. As hierdie fopnuus is het hulle my ook gevang. Ek sé ook soos van die vorige skrywers, alles klink eg en hoe is die vangwaens dan GP registrasienommers? Verwonder my oor hoe hierdie video dan vervaardig is?

Talitah ·

Ek glo dat ons polisie wel soiets kan doen Ek dink SA Polisie is die beste in die wereld en het al groot deurbrake gemaak en is seker dit is waar maar Polisie wil nie he publiek moet weet nie

PLP ·

Moet net nie dat DS jou kommetaar lees nie, behoede jou. En Anton hier onder wys wat hy is. Ek glo self nie dis fopnuus nie. Wat sou met fopnuus die doel wees om so baie mense bymekaar te kry, n helikopter of 2 te huur en dan n video te maak. As dit byvoorbeeld onwettige myners of onwettige immigrante was sou die polisie nie die mense in rye op die grond laat le het nie. Hulle sou gesit het op die grond. Duidelik is dit om te verhoed dat die mense vinning kan opspring en weg hardloop. Dit is hoe die polisie kriminele hanteer le op die maag. Jy kan ook sien die wat probeer wegkom het is met plastiese tie-downs vasgebind.

Sarel ·

Fopnuus word kwaadwillig versprei met ‘n negatiewe doel. Hoekom altyd die Polisie kritiseer. Ja daar is swak plekke veral aan Bestuurskant. Watter beroep het nie sy slegte kolle nie! Daar is baie eerlike en hardwerkende Polisielede wat daagliks hulle lewe op die spel plaas. Kom reg ouens.

Blindspot ·

Die polisie se sleg appels word nou baie meer as die goeie appels. Ongelukkig betaal ons belasting hulle salarisse, hulle het daardie werk gekies so ons mag maar kritiseer as hulle nie hulle werk doen nie. Daar word weekliks polisiemanne in hegtenis geneem wat of by CIT betrokke was of by dwelms, bedrog, korrupsie en plaasmoorde . so hoe kan ons dit nou miskyk?

Riaan ·

Nou wat sien ons dan op die video? Is dit n konsert,of doen die polisie werwing.

anton ·

Jy reken die S.A polisie is die beste in die wereld Talitah………Nou het jy my soooo lekker laat lag op n Vrydag oggend!!!
April is al verby vir n ”April fools” grappie hoor!!!

DS ·

SAPD en die weermag WAS jare terug en dis baie jare terug van die beste in die wêreld Talihta ongelukkig het ons jare terug daai titel verloor!

Piet Pompies ·

Dit was inderdaad ‘n deursoekings geleentheid, na die kaping van ‘n geldvoertuig het die polisie van die verdagtes agterna gesit en die rowers het in die gebou in gevlug. Die gebou is deursoek en deel van die proses is almal uit die gebou verwyder. Dit is normale prosedure. Niks met immigrante te doen.

Boshoed ·

As dit waar sou die opskrif gelees het: “Polisie arresteer kollegas” met ‘n onderskrif van:
“Werwing van nuwe lede neem skerp toe na helfte van die mag toegesluit is”

Sophia ·

Miskien het hulle net so gou weer ontsnap vanuit oorvol tronke, en nou sê hulle maar dit was fopnuus… Anything is possible in South Africa!

Gert ·

Dink dit is wel waar , die regering wil dit net nie erken lyk sleg op hulle statastieke as daar nie eers n ande kleur gesig tussen die klomp is.

Erick ·

Ek het ‘n idee wat fopnuus is maar hiermee kan ek nie saamstem nie. Dit moes baie goeie akteurs wees wat dan hieraan deelgeneem het.

JPJ ·

Erick, dis nou presies waar jy onwetend reg is! Movie makery word gewoonlik goed gereël en moenie Putin se moontlike aandeel vir propaganda vir die SA ANC Regering hierin miskyk nie nê! Hy plaas tot VSA president van sy keuse in regering dmv van media!?

Gerhard Burger ·

Fopnuus of nie, daar is lede van beide die SAPD en die metropolisie sigbaar. Is die voertuie van die metropolisie nie GP nie?

Paul ·

Regtigwaar, mense. Dis ‘n werklike video van een of ander SAPD-operasie, maar die berig wat daarmee saam versprei word en wat dit beskryf as ‘n inhegtenisname van 240 onwettige immigrante, is vals.
Dis presies wat die beste soort fopnuus is – iemand gebruik ‘n foto of video wat eg is, maar voeg daarby ‘n beskrywing wat vals is. Die kommentaar hierby wys hoe goed dit werk. Selfs wanneer mense deur die SAPD self verseker word dat dit vals is, wil hulle dit steeds nie glo nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.