Video van rooftog lei polisie na verdagte

‘n Skermskoot uit die video.

Die Wes-Kaapse polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem nadat ʼn vrou vroeër vandeesmaand langs ’n pad in Muizenberg aangeval en beroof is en ʼn video daarvan wyd op sosiale media versprei is.

Die vrou is op 9 Februarie omstreeks 7:40 in Sunrise Boulevard in Costa da Gama van haar selfoon en handsak beroof. Die voorval is egter eers op 19 Februarie by die polisie aangemeld nadat ʼn video daarvan wyd op sosiale media versprei is.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van die Muizenberg-polisie het die video bestudeer en dat dit hulle gehelp het om ʼn verdagte in hegtenis te neem.

“Die eienaar van die voertuig in die video is in Blouberg opgespoor en die identiteit van die bestuurder ten tyde van die voorval is vasgestel. Die 27-jarige verdagte van Retreat is Vrydagoggend in hegtenis geneem.”

Volgens Traut is daar ook op die motor wat in die rooftog gebruik is beslag gelê. “Die verdagte sal Maandag in die hof verskyn. Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgeskakel nie.”

In die video kan gesien word hoe ʼn voertuig langs die vrou stilhou waar sy op die sypaadjie stap. Twee mans spring dan uit die motor en een van hulle gryp die vrou se handsak en spring terug in die motor.

Sy baklei terug teen die ander man voordat hy nog van haar besittings gryp en ook terug in die motor spring en die voertuig wegry. Die vrou gaan sit dan op die sypaadjie nadat die verdagtes gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

IK ·

Wat het Lindiwe nou weer gesê vir Australië . . . ?
Onrusbarend ook om te sien dat niemand by haar stop maar met die toestand in hierdie rama-land is dit dalk te verstane.

Willem ·

Dit raak nou algemeen om mense te beroof met die wegkom kar so byderhand,hulle was tenminste 3 gewees en sy was alleen,skiet jy sit jy in die tronk en is jy jou vuurwapen kwyt en, hulle weet dit,dit gaan vererger omdat niemand iets kan doen nie

Slim Jan ·

WAARHEID!!!! Ek was by n autobank amper geroof. Weens polisie teenwoordigheid nie my geld verloor nie maar….. Die twee het onmiddelik met die polisie begin praat en wou my verkla… Nou is dit nie rocket science nie. Twee getuies teen een. Die polisie het te min gesien om my kant te verklaar. As jy jou mond oopmaak lê hulle n klag teen jou wat jy gaan VERLOOR.

Haan ·

Nonsens. Indien jou lewe of n geliefde se lewe bedreig word MAG jy skiet.

Roos ·

Dis regtig verblydend dat die swerkaters gevang is. Doe so voort!

Leon Pit ·

Le die blaam voor die regering en polisie se deur. Hul is die skuldige partye te sleg en vrot van kurupte staatsamptenare.
Jy moet jou self verdedig om te oorleef.

Zombie ·

Om dit eenvoudig te probeer stel: die video is waarskynlik met ń veiligheidskamera, wat byvoorbeeld hoog teen ń lamppaal gemoniteer is, geneem. Die beeldmateriaal kan in werklike tyd deur ń persoon gemonitor word of dit kan op ń later stadium gekyk word.

Oujongvrou ·

20 uit 10 vir die polisie wat moeite gedoen het en die uitvaagsels wat so sterk is te vang. 3 mans teen n vrou. Julle is baie sterk en braaf boeties!!!

JWC ·

Seker maar ou Hanswors of Hanskakie…. Wil ook maar net sy ou snater gerek het.

leser ·

sterkte vir die vrou
10 uit 10 die keer vir die polisie
ek weet ons moet mekaar help, maar kyk wat het gebeur
stop jy by die vrou om te help, dink sy dalk dis weer ‘n roof of aanranding of verkragting wat gaan plaasvind, sys nou net deur trauma en dit mag haar dalk net laat hardloop, dalk nog voor ‘n motor in of nog erger dalk ‘n hartaanval

$ ·

@leser: Bisarre verskoning om nie te help nie. As almal in die land soos jy redeneer is ons land en sy mense finaal in hulle peetjie in.

RHG ·

Leser, ek ken die plek nie, maar dit lyk vir my of mense om ‘n draai ry en het waarskynlik nie gesien wat gebeur het nie.

Annie ·

Rooftog in ‘n Mercedes! Uitklophou v armoede/ werkloosheid= misdaad. Van die armste weerloosste mense is die eerlikste. Sekerlik besit die arme slagoffer nie ‘n duur motor nie. Hierdie rowers moet baie swaar gestraf word. Maak ‘n voorbeeld van hulle.

Annie ·

Wat kommerwekkend is is dat daar aanvanklik geen gevolge was nie. Eers later ondersoek. Wie beman die monitorkamers waar beeldmateriaal bekyk word ? Word die persone tot verantwoording geroep?

Frik ·

Ramapokker-bende en hul borge sal nie van hierdie idee hou nie. ONTHOU…Slagoffers het GEEN regte in piesangland nie.

leser ·

@cherokee
die beeld materiaal is deur ‘n dvr opgeneem en iemand het dit daarna met ‘n selfoon of kamera afgeneem om dit op sosiale media te kry

@annie
daar is ‘n hele spul kameras in kaapstad, niemand monitor die kameras nie, dit is net daar om beeld materiaal te sien wat op daardie spesifieke draai aangaan

Pensioenaris ·

Annalie, ek het in n vorige berug gelees dis n kamera wat langs die pad geistaleer is.

Wielspore ·

Die vrou is netjies aangetrek en het waarskynlik goed gekoop met haar salaris net om haar waardevolle items aan straatrowers af te staan.
Goeie werk dat die skelms aangekeer word, hou so aan.

klip in die bos ·

Ek is deur ‘n sakkeroller in die Louis Pasteur- deurloop in Pta van my selfoon beroof. Het dit nie eers agtergekom nie, totdat ‘n swartman wat in die deur van een van die winkels gestaan het hard op die sakkeroller geskreeu het “I have seen what you have done. give back the selfone” Die sakkeroller het ongedraai en my selfoon teruggegee. Op die ingewing van die oomblik het daar 2 moontlike verklarings vir die gebeure deur my gedagtes gegaan, omdat die individu nie weggehardloop het soos ‘n mens sou dink nie. 1. Of hy was bang vir die mense wat begin saamdrom het na die geskreeu van die man in die deur. of 2. die sakkeroller was ‘n amateur en in opleiding en die persoon in die winkel se deur sy instrukteur. Ek het uit die aard van my verleentheid nie probeer uitvind nie, Ek het na die persoon wat tot my redding gekom het, gestap en hom bedank. ‘n Ruk later het ek gedink dat hy moontlik op ‘n vergoeding gewag het. Dit sal ek nie kan se nie,

Stretch ·

Skrikwekkend as n misdaad OP video so lank neem om op te los.
Baas Speurder Faber se posbeskrywing verander volgens die bedeling.

Sputnik ·

Ek stem 100% saam met Hans en $ se kommentaar! Verheug dat een van die boewe reeds vas is en dat daar op hul motor beslag gelê is – hoop die ander lê lekker wakker vannag omdat die “pote” op hul spoor is.

Dienkie ·

What would Jesus do
(Adam Gregory)

They stopped saying prayers in school yesterday
And there’s a boarded up rundown church up on third and main
Missions overflowing and the crime rate just keeps growing
And I’m not sure where it’s gonna stop, but man this world is all we’ve got.

What would Jesus do in times like these?
Would He walk amongst sinners, fall to His knees?
Heal the sick, save lost souls the way He used to?
Would He throw up His hands and just walk away?
Cry a tear for a world that’s gone astray?
I’m not sure, but God I wish I knew, what would Jesus do.

What if He appeared right where you stand?
Could you look Him in the eye, reach out and take His hand?
Show Him how we’re changing this place
Day by day with His Amazing Grace?
It’s a heaven on earth but man it’s tough, so I have to ask, is it really enough?

What would Jesus do in times like these?
Would He walk amongst sinners, fall to His knees?
Heal the sick, save lost souls like He used to?
Would He throw up His hands and just walk away?
Cry a tear for a world that’s gone astray?
I’m not sure, but God I wish I knew, what would Jesus do?

– Keith Follese & Billy Yates

Vryheid+ ·

ONS moet die verandering wees, Jesus se hande en voete, HIER.

Sout wat laf geword het, word buite gestrooi en mense trap daarop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.