Video: Vandale takel luukse motors

Vandale takel die luukse motors (Foto: Skermskoot)

’n Video van ’n groep mans wat Woensdag by ’n motorhandelonderneming in Kaapstad opdaag en die luukse motors beskadig, het soos ’n veldbrand op sosialemediaplatforms versprei.

In die video is dit duidelik hoe die mans die motorvertoonlokaal betree en die luukse motors op die vertoonvloer se vensters met voorwerpe flenters slaan. Van hulle gooi die voertuie met voorwerpe en skop duike in die bakwerk.

Die motorhandelonderneming is as The Toy Shop in Brooklyn, Kaapstad, op sosiale media geïdentifiseer.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat altesaam 40 mans die vertoonlokaal binnegegaan en die werknemers met vuurwapens gedreig het. Hulle het twee van die voertuie geëis.

“Toe hulle nie hul sin kry nie, het hulle die voertuie op die vertoonvloer met voorwerpe geslaan,” vertel Rwexana.

Rwexana sê altesaam agt voertuie is in die proses stukkend geslaan. Van die werknemers se selfone is ook gesteel.

“Die moontlikheid dat die voorval met afpersing verband hou, kan nie uitgesluit word nie.”

Die polisie volg alle moontlike leidrade op om die verdagtes wat by die voorval betrokke was, op te spoor. Klagtes van sakeroof en kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Misky ·

Sommige dae voel dit asof ek droom terwyl ek nuus kyk of sulke artikels lees. Dis mos belaglik en wou elkeen van die 40 skobbejakke nou `n kar hê of wat het hulle gedink???? Die mensdom is besig om mal te word

koos10 ·

Kom in getalle soos wilde honde (jammer wilde honde), en NET hulle wil word afgedwing.
As een van die werknemers gewapen was en 10 dood skiet, is ek seker vir die se moeite sou hy/sy toe gesluit en van moord aangekla word!

Ou Baardbek ·

Gaan leer by China en ander wat dissipline is; hulle vat geen twak van sulkes nie!

Andre ·

Demand en as hulle niks kry nie dan plunder of verwoes hulle alles!!
Die is maar net die begin van meer sulke insidente

Anoniem ·

‘n Familielid wat in Aus woon vertel dit het hulle ‘n hele klomp maande geneem het om nie meer ‘oor hulle skouer’ te kyk nie. Hulle lewe glad nie in vrees nie. Hier by ons gaan dit by die dag erger en erger.

Daleen ·

Want hulle het nie ons “elemente” daar nie melaney…..

Keelvol ·

Melaney, weg hardloop is nie die antwoord nie. Australië het ook misdaad.

Sobymykoolkop ·

Ek het dieselfde as Melaney se mense ervaar na ń paar dae se kuier in Orania. Sy het beslis nie gesê dat daar NIE misdaad in Aus is nie

Pierre ·

Daar is wel ‘n “storie” wat rondes doen van uitstaande skuld wat nie vereffen is nie…

Pierre ·

en daar kom dit toe uit, eienaar en sy vou word al geruime tyd ondersoek, aangesien hulle besig met onderduimse besigheid is. Neem voertuie in as SG “consignment stock” verkoop dit maar betaal nie die einaar sy geld nie. Ek dink hulle het dit met verkeerde persoon probeer…

Tino ·

Bheki wou seker ‘n nuwe porsche het toe stuur hy sy makkers in om oortuiging werk te doen

Jakes ·

Hoe verlang ek nie nou na doe ou dae toe wet en orde afgedwing was.

Sarel ·

Kan dit die SA wees waarin ons groot geword het. Aikonna maar hierdie het seker weer iets met Kaapse Bendes te doen

Mariana ·

Verdomde skollie gemors. Kyk na hulle, almal dra hoodies, te lafhartig om hul gevrete te wys. My kommentaar sal seker verwyder word maar deesdae laat hierdie tipes my bloed kook. Hulle loop heeldag net vir kwaadgeld rond en verwoes als en niks maar niks gebeur met hulle nie.

Barend ·

Hoodies word wereldwyd deur rampokkers gebruik, nou moet hulle maskers ook dra. Perfek as jy een is

Pierre ·

Die moontlikheid dat die voorval met afpersing verband hou, kan nie uitgesluit word nie

– Hierdie raak al hoe meer n probleem waar die besighede skade berokken word en moet dan “veiligheids” geld aan ge-organiseerde misdaad betaal om beskerm te word.

Cecilia ·

Als d ANC se skuld. Hulle ht mos voor 1994 als belowe en dat d Comrades d reg het om als te eis!

Blikkantien ·

Ek hiewers anders gelees dat daar bendes is wat sake ondernemings wil dwing om “beskermingsgeld” te betaal. Ek wonder of hierdie daarmee verband hou.

Oujongvrou ·

Hierdie is net die begin. Volgende besigheid vra hulle weer vir voertuie en dan gee die bestuurdes dit, eerder as om die hele plek te laat verwoes. Dis mos nou expropriation without compensation.

Casper ·

Hoekom moet jy misdadigers betaal om nie jou eiendom te beskadig nie.Wie gaan betaal vir die skade.Dit is ‘n verhaal uit ‘n storie book.

Kobus ·

en dan wil die goed se hulle is honger maar kyk hoe gaan hulle aan wat het hulle bereik niks

Dries ·

As jy met poeiertjies en onwettige goeters betrokke raak, is dit jou verdiende loon.

Johan ·

Waars die mense se vuurwapens! Skiet die vuilgoed. Jy mag jou eiendom beskerm.

Robbie ·

Nou sal die comrades en staatsamptenare net langer moet wag voordat hul motors afgelewer word.

Duck ·

Alles gebeur vir ‘n rede, daar moet ‘n rede wees vir die optrede. 40 mense gaan net nie dood eenvoudig na ‘n garage en beskadig eiendom nie. Iemand skuld iemand ‘n klompie $$$
En die area is ook ‘n lekker gewilde besigheid vir onder grondse bedrywighede.

Ansie ·

Dis die soort gemors wat ons samelewing terroriseer terwyl die die regering baie geld maak uit die sekuriteitsbedryf en nie belangstel om misdaad uit te roei nie.

Ian ·

Die vrug van liberalisme wereldwyd. Dit stuur af op totale selfvernietiging. Soos Biden se Amerika. Alles sonder grense.

Anton J ·

Ek het eers gedink ek kyk nou na aksie film. Die lewe word deesdae soos n aksie film. Sjoe, baie wreed. Hierdie is n bende gewees as jy my vra.

Phillip ·

Grond gryping so hulle kan mos nou als vat dis maar net die begin nog voor hulle hulle oe iut vee is die gebou met karre nie meer hulle sen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.