[Video] Veels geluk, Huisgenoot!

Huisgenoot se uitgawe op 14 September 1962 (Foto: Maroela Media)

Huisgenoot se uitgawe op 14 September 1962 (Foto: Maroela Media)

Huisgenoot, die grootste Afrikaanse tydskrif, is vandag 100 jaar oud nadat die eerste uitgawe op 20 Mei 1916 verskyn het.

Dié weeklikse gesinstydskrif, onder leiding van die redakteur Henriëtte Loubser, het die hoogste sirkulasiesyfers van alle Suid-Afrikaanse tydskrifte, gevolg deur sy Engelstalige susterstydskrif YOU.

Karen Zoid het spesiaal ʼn nuwe liedjie, “Waar Was Jy?”, vir Huisgenoot se 100ste verjaarsdag geskryf en opgeneem. Sy was glo dadelik geïnspireer nadat sy deur die Huisgenoot 100-gedenkboek geblaai het. “Ek het die boek toegemaak en met my kitaar op my skoot die koor begin sing en skryf,” sê sy. ’n Wêreld groot of klein, vol geluk en ook pyn. Kan jy onthou waar was jy?

Volgens Zoid is die lewe nie ’n skoon spieël nie. “Ons almal beleef goeie en slegte tye. Dit is wat Huisgenoot amper volksbesit maak: Die stories laat ons onthou ons is nie alleen in hierdie wêreld nie.”

Minette Ferreira, algemene bestuurder: weeklikse tydskrifte, het gesê sy het geweet niemand gaan dit beter doen as Zoid nie, toe sy die idee gekry het om ’n spesiale lied vir Huisgenoot se 100ste verjaardag te laat skryf. Volgens haar het dit aanvanklik soos ’n onmoontlike taak gevoel; ’n idee is een ding, maar hoe vang jy 100 jaar van ’n eg Suid-Afrikaanse handelsmerk in ’n enkele liedjie vas?

“Tog het ek geweet Karen sou met haar skryf- en sangtalent kon vasvang wat ons wou oordra. Wat sy reggekry het, is merkwaardig, en dis ’n absolute voorreg om dit met ons lesers te kan deel,” het Ferreira verduidelik.

“Met die woorde en melodie het Karen die emosie rondom ons mylpaal vasgevang, asook die plek wat Huisgenoot al ’n eeu lank in ons lesers se lewe en hart beklee,” het Loubser gesê. “Huisgenoot skryf onopgesmuk oor gewone mense en bekendes se glorie en teleurstellings, en dit is wat die lied probeer oordra: dat die lewe vol oppe en awwe is, maar dat ons mensheid ons saambind. As jy die liedjie eers een keer gehoor het, bly dit in jou kop draai. Ons dink dit gaan ’n groot treffer wees!”

Huisgenoot word deur Media24, ‘n filiaalmaatskappy van Naspers, uitgegee.
“Waar Was Jy?” is op iTunes en Apple Music beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Liza ·

Baie geluk met die prestasie…. Ek koop die tydskrif al baie jare nie meer nie, tydskrifte het ‘n luukse geword.

Gesiggie ·

Happy Bithday… Huisgenoot…hou aan met jul goeie werk…mag daar nog 100 jare wees…

Sê maar ·

Ek sien daardie uitgawe het maar 10c gekos, asb huisgenoot tervieringe van die spesiale mylpaal laat ons een uitgawe die maand koop teen 10c :-)

Baie geluk geniet my huisgenoot vreeslik.

Tina du Toit ·

Ek het ook nog `n huisgenoot, die jaar is 1964 en ook 10c gekos. Ek bewaar hom soos goud.

jeannine ·

baie geluk wense huis genoot met jullie 100ste verjaardag ons het in suid Afrika gewoon van 1956 tot ons terug belgie toe gegaan het en elk week was die huis genoot by ons huis so mooi om die uit gave te sien jeug herinnering vir my

Cathy ·

Baie geluk aan Huisgenoot met die 100ste verjaarsdag. Julle bly ‘n puik tydskrif en hou met die veranderinge van die tyd by.

Aan Karen Zoid – WOW! Jy is wonderlik talentvol met diep insig. Dit blyk duidelik uit hierdie praglied van jou. Ek glo dit gaan een van die grootste treffers van 2016 word. Jy het sopas ‘n aanhanger bygekry.

humor ·

Van die dag dat Huigenoot n advertensie vir die anc ter ondersteuning in hul politieke stryd geplaas het, lees baie mense nie meer hierdie blad nie.

Johann Marx ·

Nou die aand onverwags ‘n klop aan die deur…..my vrou maak oop en hier staan die dominee. Gelukkig kon ek die huilgenoot vinnig genoeg onder die Loslyf in skuif sodat hy nie kon sien wat ons lees nie….Dit was close.

Gwen ·

Hahaha. Lag ek nou lekker vir Johann Marx se kommentaar. Ek voel ook so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.