[Video] Vensterwassers rand Jhb-motoris erg aan

Prin Naidoo se wonde

Prin Naidoo se wonde

ʼn Skokvideo, van ʼn motoris wat in Johannesburg deur drie vensterswassers aangerand en glo met ʼn skroewedraaier gesteek word, het sosiale mediagerbruikers warm onder die kraag.

Die video is verlede week op YouTube gelaai, kort nadat die motoris, Prin Naidoo, op 7 Julie by die Bruma-kruising naby Cleveland aangeval is. Naidoo het hom tot Facebook gewend om sy vriende en familie in kennis te stel dat hy “gelukkig is om te lewe”.

“Drie vensterwassers het my by die kruising aangeval. Een van hulle het my uitgelok en toe skop die Chuck Norris in my in. Ongelukkig vir my, het ek nie die ou agter my gesien, wat my drie keer in my kop met ʼn skroewedraaier gesteek het nie. Die les om hieruit te leer, is dat ons lewens meer werd is as ʼn vensterwas,” het hy op sy Facebook-blad gesê. Hy het ook ʼn foto van sy kop, met drie wonde wat met steke toegewerk is, op Facebook gelaai.

Sosialemedia-gebruikers het uitgevaar teen vensterwassers en die Johannesburgse-metropolisiegevra om van die “lasposte” ontslae te raak.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die eenheid verwyder gereeld vensterwassers vir oortreding van die stad se bywette, maar aangesien hulle nie krimineel vervolg word nie omdat nie alle vensterwassers ʼn misdryf soos aanranding pleeg nie, is hulle gou weer op straat.

Konst. Mpho Mashakane, woordvoerder van die Cleveland-polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is bewus van die video wat die rondte doen. “Dit kon egter nog nie ondersoek word nie aangesien die klaer nog nie die saak by die polisie aanhangig gemaak het nie,” het Mashakane gesê.

Naidoo kon na verskeie probeerslae, nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Irene ·

Dis a skande hulle maak net wat hulle wil hoop regering haal die gemors van ons strate af ministers en groot koppe word op gepas ons moet ons self beveilig

Grap ·

Kan jy dit glo hulle is nie bang om die man helder oordag aan te val nie vriende bewapen julself en verdedig julself sou julle lewens in onmiddellik gevaar wees soos die geval hier. Dit is wat die piesang republiek se wet sê

Koos ·

Dis ons eie skuld as niemand hulle geld gee nie sal hulle nie daar wees nie boikot die klomp moet niks by hulle koop nie en moet nie vir hulle geld gee nie.

Eliza-beth ·

Hou vensters toe. Ignoreer hulle. Moenie eers na hulle kyk nie en dit geld vir ALLE bedelaars by robots. Moet hul nooit iets gee mens moedig hul net aan om vir hul geld te wil gee. Hulle kan hulp by hul regering gaan vra. Hou ook pepersproei byderhand en wees paraat!

Rapes ·

Eliza-beth jy is seker nie ernstig om pepersproei te wil gebruik nie.

Adeline ·

En hoekom nie pepersproei nie Rapes, mens kan jouself mos nie met n vuurwapen verdedig nie, dan word jy soos n krimineel behandel.

broos ·

ek werk in jhb middestad en is so ‘n jaar terug aangeval deur 3 van die helsems…..gelukkig vir my kon ek sy vingers in my venster vasknyp, moes reverse toe die “dame” voor my vir ons kyk en vir my lag (met sy vingers nog in die venster) en nie wou pad maak nie (al was die lig groen). Na die hele petalje moes ek weer vorentoe en dit was die lekkerste gevoel om die pepperspray net oralste te spuit – so dis ‘n uitstekende idee!!

Eliza-beth ·

Rapes, kom ek vertel jou: ‘n ruk gelede het my buurvrou se motor op die N14 gaan staan -sy het met twee dogtertjies vanaf Pretoria na Krugersdorp gery na ‘n netbalwedstryd. Ineens was daar 4 swartes en slaan die passasiersruit voor met’n yster uit. Die volgende oomblik skiet een op haar (sleg mis gelukkig het deur haar deur getrek. Sy het haar pepersproei byderhand gehad en hul goed bespuit waarop hul al skreeuend weg is. Dit het haar lewe en die van die twee kinders gered. Of wil jy liefs hê sy moes hande in die lug gooi en heel moontlik sterf (wat sou ook met twee klein dogtertjies gebeur in ag genome wat in ander kapings al gebeur met klein kinders in die motor)of wou jy liefs hê daar moes gebeur met haar wat met die ou in die artikel gebeur het? Van nou af ry sy (EN ek!) met pepersproei wat nog kleurstof ook in het – so kan polisie maklik soek vir die spul.

Ken ·

Slegs voertuie mag op ons paaie! Ignoreer alle smouse, bedelaars en washers dan sal hulle ophou. Geen meer hulp aan hulle nie!

Dries ·

Wil jy nou meer, daar is vandag steeds mense in hierdie land wat glo dat daar reg en geregtigheid is. Meer nog, die polisie vertrou on dit toe te pas.

Pierre Celliers ·

Stem heeltemal saam Dries. Mense is baie naief of dalk net plein onnosel as hulle dink wet en orde word deur die polisie nagestreef. Word wakker mense, die Fillistyne is op julle!!

Wim ·

Vir R120 koop jy pepperspray. En boeta ek het dit in my deur. Kan nie wag vir die geleentheid om dit te toets nie. Dit werk blykbaar goed.

Cherokee ·

Een tyd lank lank terug soos in dekades gelede het iemand as teenvoeter vir kapings ‘n gasvlam ontwerp wat met die druk van ‘n knoppie gasvlamme ‘n meter of twee by jou deur laat uitskiet. Daar was ook handwapens van dieselfde aard. Dit was gedemo maar ek weet nie of dit ooit goedgekeur is nie want ‘n ontwerpte produk het nooit die rakke gehaal nie.

Lance ·

Dit is oneettig om so opstraat te staan ….maar nou ja die polisie het geen wil of tande om iets te doen nie ….maar pateties

Corrie ·

Hulle het niks om te verloor nie, dit maak hulle gevaarlik. Ons het te veel om te verloor, dit maak ons weerloos.

Oni ·

Ek stem om enige middel te gebruik om myself en familie te beskerm. Zeb werk so stukkie beter.

Koekie ·

Het ‘n tyd gelede by die Graystonafrit ‘n voorgevoel gehad en het ‘n paar meter voor die sperstreep stilgehou. ‘n Vensterwasser het my genader en des ondanks my negatiewe gebare wel vloeistof teen die ruit begin spuit. Net toe het die lig na groen oorgeskakel en ek het begin ry. In die ry het ek natuurlik sy arm getref. Nodeloos om te sê is ek uitgekryt in die onwelvoeglikste taal denkbaar…

james ·

By watter stop was daai ek wil bittergraag draai gaan maak daar

AL ·

As mens kyk hoeveel mense op hul fone praat met oop vensters kan jy niks minder verwag nie. Sommige van hierdie gevalle is self inflicted

Theresa B ·

Ek stem Irene. Maar die regering is “te besig” om bekommerd te wees oor die res van die land se mense. Hulle steur hulle nie aan sulke dinge nie want hulle word nie geraak nie.

Willie E ·

Ek hou van die Zeb idiee,hoop dit verblind hom so dat hy onder ‘n aankomende vragmotor in hardloop…met effektiewe gevolge….mense in hierdie land is besig om GATVOL te raak vir alles,en ek glo die oomblik van “genoeg is genoeg” is nie meer ver nie,hou maar dop,die “sports” gaan binnekort begin…

Daniel V ·

My vraag is net, moet n mens altyd eers n klag gaan le voordat die Polisie begin op tree, As daar n misdryf plaas vind, is die Polisie vir onderstel om op te tree.

Minx ·

Ek sit net my wipers aan, ry elke dag deur die CBD hou jou vensters toe.!!!!!!!!

Anita ·

Vir al die mense wat die pepersproei in kar aanhou – hou dit net uit die son uit. Het van mense gehoor wat nog lekker gery het, en dan sit hulle skielik in ‘n peper-wolk in hulle kar – na die houer ontplof het agv hitte (son).

Theresa ·

Wou nog die heeltyd voel hoe dit voel om die # te tik om te demand iets moet weg. Nou gaan ek dit doen: #alle mense op straat wat nie op kant vir ‘n bus/taxi wag nie. ###window washers. Dis krimineel om hul daar toe te laat om ‘n wettige padverbruiker te laat spartel om nee te sê tot sat wordens toe, want hul is balhorig en arrogant. (was eendag bitter kwaad toe die onnosel mens tog sy spuitjie spuit. het dom uit my kar uit gespring, maar boeta – sy lafhartigheid het hom op draf gesit, want hy was daardie dag alleen. Snaaks, want daar’s nooit net een nie… #alle bedelaars op witlyne! #die wat so kniel dat jy oor hom kan ry en makliker vir moord toegesluit kan word! #die venster morsers!

johann cb ·

Barbaars! Die man kon dood gewees het, dan blaas ‘n motoris nog toeter vir hom om te ry!

Lizanne ·

ekt al gehoor die vensterwassers by die robot spot of daar ‘n handsak of iets waardevol in jou kar is en plak dan ‘n chappie op jou dak aan kant waar dit lê. As jy by volgende robot stop dan wag sy mater vir die chappie teken en dit is hoe hul jou smash en grab. Hulle is orals. Dis mos makliker as werk en die staat gee en gee en beskerm net.

charl ·

Wanneer ek in die stad “moet” ry le my vuurwapen op my skoot!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.