Video: Verbruikers word met olyfolie ingedoen

olyfolieSuid-Afrikaanse verbruikers wat hulle swaarverdiende geld op “ingevoerde ekstra suiwer olyfolie” bestee, word deur buitelandse vervaardigers ingeloop wat produkte verkeerd etiketteer en olie verkwansel wat van ‘n baie lae graad is.

Die Suid-Afrikaanse Olyfbedryfsvereniging is nou besig met ‘n landwye bemarkingsveldtog om verbruikers bewus te maak van dié gebruik wat die plaaslike bedryf kan ruïneer.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vas Vat ·

is dit maar nie so nie, alles wat tweede hands is word in hierdie land “gedump” ek koop buitendien net olyf olie wat van eerbare Suid Afriikaanse plase af kom.

H J Bester ·

Solank die regering toelaat dat invoere van enige plek in die wêreld kan plaasvind, sal daar altyd sub-standaard goedere te koop wees. Meeste van hierdie goedere word dan ook deur die laag-besoldigede lede van die bevolking aangekoop – aankope van lae gehalte goedere sal dus nie gekeer kan word nie want daar is ‘n mark daarvoor.

Elke koper sal dus die onderskeidings-vermoë moet hê om die waarde van ‘n item te kan bepaal. Elkeen het dus ‘n keuse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.