Video: Verlamde matriekseun verstom

JG Oosthuizen. Foto: Facebook

JG Oosthuizen. Foto: Facebook

Byna ʼn jaar nadat JG Oosthuizen, ʼn matriekleerder van Johannesburg, verlam gelaat is ná ʼn fratsongeluk in die see by Mosselbaai in Januarie vanjaar, verstom die jongman se positiewe ingesteldheid oor die lewe almal om hom.

Maroela Media het vroeër berig JG het sy rugstring ernstig beseer toe hy in ʼn golf ingeduik en vermoedelik ʼn sandbank getref het. Hy is as ʼn C5-kwadrupleeg geklassifiseer en het min of geen gevoel van sy skouers onder toe nie. Hy sou in 2016 met sy matriekjaar by Hoërskool Linden begin het, maar moes die skoolbanke vir ʼn jaar van rehabilitasie verruil.

JG het intussen geleer om aan te pas by sy nuwe omstandighede en het ʼn ongelooflike positiewe ingesteldheid ten spyte van al die uitdagings wat hy in die afgelope jaar moes oorkom. Hy het in ʼn onderhoud, met eNuus se Daniëlla van Heerden, gesê die belangrikste les wat hy geleer het, is om die lewe te geniet.

“Geniet jou lewe. As jy nie hierdie dag gedoen het wat jy wou nie, doen dit die volgende dag en doen méér die volgende dag. Gaan mal! As jy nie gelukkig is oor iets nie of jy is ongelukkig oor jou lyf, verander dit. Jy het die kans om dit te doen,” het JG gesê.

Kyk gerus hier na die volledige insetsel oor eNuus se besoek aan JG. Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ada ·

Dankie vir jou positiewe houding. Jy is n voorbeeld vir baie ander en ek respekteer jou daarvoor.

YvonneL ·

‘n Baie dapper jong man. En ek is seker sy ouers is net sulke dapper en oulike mense. JG, ek wens vir jou ‘n gelukkige en ‘n geseënde Kersfees toe. Mag jy groot sukses behaal in die N uwejaar met wat jy ookal besluit om aan te pak. Want jy kán.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.