Video: Vermeende polisiebrutaliteit afgeneem

Beeldmateriaal van die video

Beeldmateriaal van die video

Waarskuwing: Die video volg onderaan die berig. Dit is gewelddadig van aard en bevat kru taal wat sensitiewe lesers mag ontstel.

ʼn Video van beweerde polisiebrutaliteit wat glo Donderdag plaasgevind het, is Vrydag op YouTube gelaai. Die video wys hoe ʼn kaal man in Kensington, Kaapstad deur polisiebeamptes geslaan en geskop word. Iemand van ʼn nabygeleë kantoorblok het die voorval op ʼn selfoon afgeneem, waarna dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.  Na wat verneem word, is ʼn persoon van dieselfde kantoorblok vanwaar die video geneem is, in hegtenis geneem toe die persoon die polisie konfronteer het. Die persoon is glo in hegtenis geneem omdat die persoon met polisiesake ingemeng het.

Maroela Media het die video aan die Kaapstadse polisie verskaf vir navrae. Hulle het gesê hulle is besig om die beeldmateriaal na te gaan en die voorval te ondersoek. Lees die polisie se kommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Slim Daan ·

Wanneer gaan ons blanke SAPD-lede ( die min wat daar nog is ) kennis neem, dat om jou direkte bevelvoerders te ” please ” en soos n hooligan te kere te gaan, gaan jou geen ” brownie-punte ” in die sak bring nie. Inteendeel, staan jy in die besk.bank staan jy alleen. Hoor is min en pille vir domheid is daar nie.

Daleen ·

Ek voel al vergete benoud as die polisie / vekeers mense mens langs die pad aftrek. Selfs al is alles aan die motor in orde ens. En hoekom is dit ‘beweerde’ polisiebrutaliteit? Enigiemand met oë in sy kop kan sien wat hier gebeur het.

kita ·

dus n blerrie skande dat die polisie so optree, en dan nog die vrou wat witness is toesluit! POLICE BLOODY BRUTALLITY!!!!!

Danielle ·

Nee man wragtig, dis totaal en al ongehoord. Die SAPD het reeds geen goeie naam, nou nog dit ook. Wat reg is, is reg, en wat verkeerd is, is verkeerd. Hulle het ooglopend oortree en verdien om geskors te word. Sies.

Danielle ·

Mnr Phillip Bruwer, waarom word my kommentaar gemodereer? Geen van u bostaande reels is oortree nie.

Danielle 7 Maart 2014 om 16:45 | Permalink | Antwoord | Rapporteer

Jou kommentaar word gemodereer.

Nee man wragtig, dis totaal en al ongehoord. Die SAPD het reeds geen goeie naam, nou nog dit ook. Wat reg is, is reg, en wat verkeerd is, is verkeerd. Hulle het ooglopend oortree en verdien om geskors te word. Sies.

Phillip ·

Dagsê Danielle… jammer vir die ongerief, die kommentaar is nou beskikbaar.

frikkie ·

versprei dit sodat meer boere vermoor word ,want dit is wat nou gaan gebeur , hierdie word nie as polisie brutaliteit gesien nie maar n blanke wat n swarte aanrand en deur die te versprei sal moord op blankes laat toeneem.

Slim Daan ·

Nou hoe nou Frikman. Verkies jy ons moet die voorval toemessel ?

francois ·

Ek geaag vir Maroela uit met jul Afrikaans ..
“…om hul mening te lig” i.p.v. “lug”

francois ·

Seker maar net spellchecker… net soos my graag in geaag verander het .

francois ·

help graag..
Toe maar vergeet van maroela dis ek wat hulp nodig het met die tikkery..

Slim Daan ·

Kos n man om te weet hy’t hulp nodig. Oom Langenhoven het nogal spitsvondige waarhede kwytgeraak oor gevalle soos jy.

Koekie ·

Dis onaanvaarbaar!!!! Maak nie saak wat die persoon Gedoen het nie. Boei hom sit hom in die tronk. Maar geen mens verdien om so behandel te word nie. Dan Gaan meneer die gereg nog op na die persoon wat die video ook neem seker om dieselfde te doen. Née hoop hulle dank hom af. Ons behoort veilig te voel maar met sulke geregsdienaars!! Née ek glo nie

leon vermeulen ·

as ek nou so iets sien en ek neem dit af , wat kan ek doen as die poliesieman my voon wil vat?
ek het tog die reg om my eiendom te beskerm , ek mag ook n sifielle arestasie plaas as ek voel dat ek wel die gronde het om op te staanm .Wat staan ons as publiek te doen??

Slim Daan ·

In die opsig is jy veilig Fermeulen. n Ding soos n voon bestaan nie.

Mosman ·

As lid van die SAPD kan ek verstaan waarom die publiek respek vir ons verloor. Daar is lede in ons geldere wat dit veroorsaak en ek glo dat sulke lede voorbeelde van gemaak moet word om voornemende oortreders af te skrik. As die besluit geneem moet word om iemand te arresteer moet daar opgetree word soos ons opgelei is. Die ” nodige ” geweld moet toegepas word om die teenstand die hoof te bied. Hierdie lede het hulle perke heeltemal oorskry !

"Huh!" ·

En iemand sê vir my ons kan bly wees daar is nog blanke polisiebeamptes. Maar hoe het oom Jaap in 1994 gesê? Hulle gaan ons aftrek na hulle vlak toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.