[Video] Vermiste man ná 31 jaar met ma herenig

‘n Skermskoot uit die video.

Desireé Haynes, die suster van Dennis Haynes wat 31 jaar gelede spoorloos in Bloemfontein verdwyn het, het vanoggend ʼn roerende video gedeel waarin Dennis sy ma vir die eerste keer weer gesien.

Maroela Media het Vrydag berig Dennis was 22 jaar oud toe hy van Bloemfontein af na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis aangemeld by die polisie, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer nie.

Desireé was baie jonk toe haar broer vermis geraak het. Sy het Vrydag aan Maroela Media gesê die familie het mettertyd aanvaar dat hy waarskynlik dood is. “ʼn Vriendin van my het ses weke terug besluit om weer ’n bietjie te begin krap. Ons het nie gedink ons sal hom lewend opspoor nie, maar ons wou graag weet wat destyds met hom gebeur het,” het Desireé gesê.

Desireé se vriendin het ʼn Facebook-blad begin waarop sy ʼn foto van hom geplaas het en gevra het dat enigiemand wat hom moontlik gesien het met haar kontak maak. ʼn Vrou wat hulp aan haweloses in Pretoria gee, het die foto gesien en haar gekontak. “Die vrou het ʼn foto van ʼn hawelose man in Pretoria op die groep se blad geplaas en gevra of dit moontlik dieselfde man kon wees. Van ons familielede wat die foto gesien het, was onmiddellik vas oortuig dat dit Dennis is,” het Desireé gesê.

Vandeesweek is Desireé en haar vriendin Pretoria toe om die man te ontmoet en te kyk wat hulle kan wys word. Die man het homself as Francois voorgestel, hoewel hy baie soos ʼn ouer weergawe van Dennis lyk wat 31 jaar gelede vermis geraak het. Volgens Desireé ly die man aan erge geheueverlies en kon sy agterkom dat hy ʼn mate van breinskade opgedoen het.

“Ons het hom vanoggend na haar toe gevat; die DNS-toetse se resultate is nog nie beskikbaar nie, maar ʼn ma ken mos haar kind. Sy is nou darem oukei, sy is vreeslik opgewonde.”

Kyk die video hier:

https://www.facebook.com/desiree.haynes.71/videos/1078723782257980/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Louzette ·

So hartroerend en dankbaar dat hulle uiteindelik weer saam kon wees.

emosioneel ·

My ma het na 38 jaar weer geherenig met haar eie ma nadat haar ma verdwyn het toe sy 12 was. Dit was n baie emosionele tydperk . Sterkte aan die familie en so bly vir julle.

Alleen ·

So dankbaar en bly vir hulle part! Geniet elke oomblik saam, tyd is so kosbaar. Ek het n broer wat ek nie ken nie. My Mamma het hom laat aanneem as gevolg van tragiese omstandighede, ek kan dit nie onthou nie ek was maar so 3 jaar oud. Ongelukkig is my Mamma so paar jaar terug oorlede, sy wou nie oor dit praat nie, dit het haar seer gemaak, as sy kon sou sy hom gehou het. Ek wonder baie oor hom.

VanAfrika ·

Alleen, wie was die agente wat hom laat aanneem het, gaan vis by hulle, kry n opsporings agent om hom te trace? My broer het dit gedoen met ons jongste boetie wat ons nooit van geweet het, en later jare uitgevind dat ons n half boetie iewers het. Die opsporings agente het hom vinnig gekry en ek moet se ons het n nuwe boetie ryker geword die afgelope 5+ jaar en hy lyk nes my broer.

Ook gevolg ·

Sy vrou van destyds is weer getroud en toevallig is haar man gedurende verlede week oorlede en vandag begrawe. Dit moet ‘n baie emosionele tyd vir die familie wees.

Alleen ·

Ai tog dit is jammer dat sy jare gelede haar man verloor het en nou weer. Sterkte aan haar en die hele familie xxx

Alleen ·

Chantel bedoel jy nie dalk dat jy nie die video sien nie, ek sien hul se kyk video hier, maar daar is niks nie.

Mara ·

Chantel en Alleen , video wys ook nie by my nie, maar gaan na Maroela Media toe op Google, dan sal jul die video sien, baie baie hartseer.

Chris ·

Ek is bly vir hulle, maar daar is goed waaroor ek wonder. Hoe los jy jou vrou en dogtertjie en ma sommer net so? Hy onthou sy ma baie goed, so duidelik sou hy sy vrou en kind ook onthou, so breinskade is geen verskoning.. wat hy in elk geval heel moontlik op straat opgedoen het.
Het hy nie net sy plig versuim om sy verantwoordelikhede na te kom nie?

liz ·

Het in ander berig gelees hy was oppad na werksgeleentheid in baie ernstige motor ongeluk. Daar sy skade opgedoen. Was maande in hospitaal. Moenie so gou oordeel nie. Kry eers al die feite.

Elma ·

Hulle het seker vir hom gese dat hy sy ma gaan sien dit is hoekom hy gewees het dit is sy ma…

LMF ·

Sopas op FB gesien en snot en trane gehuil soos n program op TV The Locator ag huil my oë uit Elke keer as die man weer verlore families bymekaar bring ek is sooooo vreeslik baie bly vir mamma en familie

Emmie ·

Ek is verslaaf aan “The Locator”….it’s all about happy endings :)

broos ·

Ek bid dat die toetse positief is om alle twyfel uit die weg te ruim. Hulle almal verdien weer n bietjie geluk na al die hartseer.

Moederliefde ·

Daar is niks wat vergelyk kan word met die liefde van ‘n moeder wat vir 9 maande ‘n kind voor geboorte gedra het en die lewe in haar voel groei het. Selfs ‘n pa se liefde is anders al het hy ook daardie kind net so lief soos die moeder.
Ja, ek is ‘n pa met kinders.

Juanita Grobler ·

Baie hartseer. Hoop hy sien sy vrou en dogter ook

Marts ·

Absolute stunning, prys die Here hy is tuis. Alle voorspoed vir die familie

Monica ·

Dit is hartroerend hoe mense saamgestaan het om die familie te help. Dank die Hemelse Vader dat hy en sy familie saam herenig is. Mag God jul saam seen vorentoe

Kwaga ·

Hello ek het die video seke 3 keer gekyk en als weer oor gelees is julle seker van die ouderdom en tydperk wat hy vermis was. Want hy lyk nie ouer as 35 nie. Ek is bitter bly hy is gevind. Het lekker getjank ook. Sterkte met die losdrade se optel

Wendy Stols ·

N mens se kinders, is jou kinders! Sal altyd bekommerd wees. Sal altyd lief wees vir hulle. Die Ma het haarself seker geweldig bekommer oor die kind. Bly hul is weer her enig.

Elma ·

Ja ek onthou dit , die wat gaan werk soek het en gery loop het. Was glo in n motor ongeluk.
Mense kan so maklik oordeel en glo altyd net die Slegte. Die dat hy weet dat dit sy ma is , hulle het seker vir hom gese dat hy sy ma weer gaan sien. dot is hoekom hy geweet het dit is sy ma…hy ken dalk nie eers al die ander mense nie…

Baie bly vir die ma wat weer haar kind terug het.

Gideon ·

Ek dink die kar word voor perde gespan!!! Hoekom is daar nie eers gewag vir uitslae van DNS toetse nie? Kan julle die teleurstelling voorstel as dit nie positief is nie?

Stem saam ·

Ja nee, sal ons die nuus kry as dit wel NIE so is nie? Hy lyk ook vir my bietjie jonk as jy somme maak. 2 en 2 maak nog nie vir my 4 hier nie… Dink hulle moes dalk ook maar eerder gewag het vir uitslae. Wat ek verstaan van vorige berig is dat hy eers jare later in ongeluk was. Kan ons bietjie meer feite hier kry?

Lynne ·

Amazing Grace! Die verlore seun is tuis! Alles van die beste vir die toekoms!

Sputnik ·

“Moenie die vuur aansteek en dan die eers die vark gaan soek om te braai nie” sou my oorlede moeder gesê het. Wag maar eers vir die uitslag van die toetse…..Ek is nie negatief nie, net ‘n realis. Groete.

Bee ·

Mmmm … as ek weet dat my man/seun/familielid opad was vanaf Bloemfontein na Roodepoort en hy raak vermis, is die eerste ding wat ek sal doen is om self te ry en elke hospitaal op die roete en in die omgewing te gaan sien en hoor of die persoon dalk daar kan wees. As hy in ongeluk was moet daar sekerlik n polisie saak wees, en eks seker mens sal iemand so kan opspoor. Ek kan nie dink dat iemand in n ongeluk kom en dan net spoorloos van die ‘radar’ af verdwyn nie. Het die hospitaal dan ń ‘identiteitlose’ mens behandel?
Miskien kan iemand my dalk reghelp

LB S ·

Bee, jy moet bietjie verder dink, of dalk bietjie vlakker. Almal is nie in staat om te “gaan soek” ver weg van die huis af nie. Ek hoef nie uit te wei nie, dink maar self. Dit bly ‘n hartseer storie.

VanAfrika ·

Ja maar wat Bee probeer se is, dat as daar n onbekende pasient by die hospital opdaag en daar is geen identifikasie nie, moet daar n “Dear John” leer oopgemaak word. Daar moet n vorm van bewyse wees, maak nie saak wat nie. Waar is sy hospitaal leer en sy dokket dat hy aangegee is vermis of onbekend???? Polisie moet mos in kennis gestel word, n “missing person” report moet mos volg en die media moet dit mos uitsaai. Hoe is dit moontlik dat daar geen bewyse op hierdie man was en is vir 31 jaar lank nie. Die enigste manier hoe mens verdwyn is as jy ontvoer, vermoor of uit jou eie verdwyn.

LB S ·

VanAfrika, ek hoor wat jy sê, maar wat ek bedoel is, baie mense wat, om dit nou kras te stel, verarm en nie daagliks met die media en ander mense behalwe hul nabye familie in kontak kom nie, weet nie van al hierdie maniere om iemand op te spoor nie. En die polisie… wel, daar hoef ek ook nie uit te wy nie. Nee kyk, dit is maklik vir ‘n man wat in sy situasie was om net weg te raak en geen haai sal daarna kraai nie. Ja, die familie sal hom mis, en wanhopig wag op nuus, maar het moontlik nie die kennis, geld of riglyne waar om te begin soek nie.

VanAfrika ·

LB S die polisie van destyds is nie die polisie van nou nie. Daar moet n dokket wees dat hy as vermis aangegee was of dat die polisie na sy mense gesoek het. Daar was en is programme op televisie waar mense onder die polisie se wapen fotos geadverteer word wat as vermis aangegee is. Ek kan nie die program se naam onthou, ek glo as die polisie vermoed het dat hy niks kon onthou sou sy foto op die tv gewees het. Hoe is dit dan dat facebook hom so vining opgespoor het? Al was die mense arm sou iets gedoen gewees het om hom op te spoor of sy geliefdes in die hande te kry. Ek wil net weet waar is al die gewyse dat hy in n ongeluk was en waar is die polisie verslag, hulle was tog op die ongelukstoneel, so ook die paramedisie, en as die dokter verklaar het dat hy geheue verlies het, moes hulle tog toe begin soek het. Iewers moet bewyse wees

wonderlik ·

Ek is so bly dat die Ma met haar seun herenig is. Wens ek kon dieselfde vir my Pa doen. Ek het n suster waarvan ek nooit geweet het nie. Ek het haar probeer opspoor en ek het soveel mense gekontak. Maar dit was vrugteloos.

Anoniem ·

Stem saam die storie klink nie reg nie. Die man lyk nie eens 40 nie. Don’t count your chickens before they hatch.

Rieta ·

Ja Maroela Media, Klik hier vir die video? WAAAAAAAAAAARRRRRRRRR

Landi Slatter ·

Dagsê Rieta

Dankie vir jou kommentaar. Die video is onderaan die berig, probeer gerus die skakel herlaai.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Wilna ·

Ek het so gehuil toe ek hierdie video kyk. So dankbaar dat hulle mekaar weer gekry het. Wie kan ooit die liefde van ‘n ma verstaan.

Lindi ·

Hy lyk baie anders as die voorgestelde skets van hoe hy behoort te lyk op 53. Dis jammer. Kyk bv na die voorgetselde sketse hoe die 6 meisies wat Gert van Rooyen ontvoer het behoort te lyk… dalk heeltemal verkeerd en mens sal hul dalk nooit eens erken nie. Moet se op die voorgestelde skets van hoe Dennis nou behoirt te lyk is hy ook jonk voirgestel…

Koos ·

Dagsê Maroela Media. Ek kry ook nie die skakel onder aan die berig nie. Kan jul dit dalk weer opsit sodat dit in blou registreer asb.

Koos ·

Kan die lesers my asb help deur die you tube link te kopie. My maroela media blad wys glad nie die link nie. net die klik hier met ‘n : en dan BLANK.nNiks Zippo….

ASB help ou Koos vandag

Reg ·

Estie dankie vir terug voer van oom Pat. Hy was n nice ou en kollega. Baie sterkte vir julle. Ek glo die toetse gaan positief wees. Sien uit na die versoening tussen hom sy vrou en kind.

Vry hand ·

Kry ek sommer trane in my oè. .nou op nuus gewees..Mag die Here hierdie gesin seen..net n ma kan haar kind onthou..en hierdie ma het haar kind herken..

Andre Traut ·

Ek hoop vir almal betrokke die dns toetse is positief

Annelize ·

WOW, ek het ook trane in my oë gekry. Ek dink net ek sal nie sulke negatiewe dinge wou aanhoor as dit ek was nie. Ek bid dat als net positief sal wees,en dat ons sal hoor as hy die verlore seun is. Dink nie dis nodig vir uitslae as dit negatief is nie. Want kan dalk net comments ontvang wat seerder maak.

Gert ·

Baie emosioneel. Dan is daar kinders wat willens en wetens dit verkies om nie n ouer te wil ken nie. Daar is talle sulke gevalle.

CAROL ·

In al die jare (tyd) het hy nooit moeite eers gedoen om sy familie/ ouers op te spoor nie?????

Liza ·

Dis die mees hartroerend…. Sterkte aan die familie en ek hoop dat alles sal uitwerk vir julle almal…. Alle eer aan Jesus!!!!!

Ekke ·

Hoop en bid vir die regte DNS uitslag, want ek wil nie weet deur watter pyn die mense sal gaan as dit dalk wys dit is nie Dennis nie.

Zet ·

Ek hoop dat Maroela Media darem ook vir ons sal laat weet wat die uitslae is, want mens gaan nog lank wonder oor dié “wonderwerk”!!!!

Baie hartroerende video. Ek kry die tannie uit my hart uit jammer. Sy het omtrent nie woorde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.