Video: Vermoorde se familie vra ingryping van regering

Johanco Fleischmann en Jess Kuhn. (Foto: Facebook)

Die familie van die jong man wat verlede naweek langs ‘n Gautengse hoofweg vermoor is, smeek die regering om in te gryp.

Johanco Fleischman (19) en sy meisie, Jessica Kuhn (23), is doodgeskiet toe hulle voertuig sonder brandstof in Benoni gaan staan het.

Twee ander insittendes kon daarin slaag om te vlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en hulle geliefdes gee die polisie die skuld.

Fleischman se familie het ná sy roudiens eksklusief met eNuus gepraat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Abe ·

Jdb,
Onsinnige kommentaar. Lyk my jy soek iets teen MM om te kritiseer. Die berig waarna jy verwys was mi. nie bedoel om ‘n geweldige “artikel” te wees nie.
Het jy nou ‘n vete teen MM wat jy vertroetel?

piet piet ·

Dit is maar hoe dit gaan mense mag nie hulle opinies lig nie daar is twee groepe die wat vra en die wat g…kruip

Andreas ·

Cyril het belowe hy sal van nou af ‘n president vir alle Suid Afrikaners wees.

koos ·

Die DA het ook baie belowe voor die oningeligte mense vir hulle gestem het …..toe verkoop hulle hulle eie kiesers.

Jdb ·

Nie bereid om my kritiek op jul swak artikel te plaas nie, Maroela? Ek sien my kommentaar, wat eers deurgegaan het, is toe nou deur jul sensor verwyder?

Vini ·

Wat stel jy voor moes hulle skryf? Wat is “swak” volgens jou?

Jdb ·

Hoe vra hulle die regering om in te gryp? Waarvoor vra hulle – vir meer beamptes in die soektog, vir vinniger opsporing van die moordenaars, vir beleidsverandering t.o.v. strawwe vir sulke misdade, vir hulp aan slagoffers, vir meer sigbare polisie op die paaie, vir verwydering van plakkers en belhamels in die area, vir daadwerklike optrede teen onwettige myners?
Lui joernalistiek in hierdie geval.

Arno Scheepers ·

Asb mense aanvaar nou maar dat daar van julle anc regering geen ingryping teen misdaad sal wees nie…..cr en sy hele kabinet is self misdadigers.
Bewapen julle en wees altyd paraat.

Sophia ·

Ja, ons soek ‘n President wat die Polisie en Weermag op standaard kan kry en ontslae raak van al die zama zamas deur behoorlike optrede en nie-Suid-Afrikaners terugstuur vanwaar hulle kom. Ek sou ‘n eis teen die regering ingestel het as dit my kind was want ons het geen beskerming as jou motor langs die pad breek nie, en dit is ‘n MENSEREG wat almal van ons moet afdwing op die regering!!

janneman ·

Dit is hartverskeurend om ‘n kind te begrawe, die president is veronderstel om te sorg dat almal veilig kan lewe in Suid-Afrika. Elke moord is ‘n moord teveel .As die president nie ingryp nie is dit ten diepste sy skuld dat hierdie dinge gebeur. Baie sterkte aan die ouers en familie, ons is saam met julle baie bedroef.

ADT ·

Sou dit nou swart kinders gewees het sou hy persoonlik gesimpatiseer het

Guve ·

President van ekonomie dalk, niks meer, hy ht ni eers simpatie betuig ni, maar o, ja, ons ht ni n probleem in S.A.ni, né Mr Ramaphosa?

Anoniem ·

Wanneer die veiligheidsituasie in ‘n Land so versleg dat Jy nie meer van Punt A na Punt B veilig kan BEWEEG nie dan Mnr. Die President HET DIT LAAT GERAAK !!! GRYP IN ASB MENEER

Abe ·

Jd,
Is Jd en Jdb nou dieselfde persoon? Sien my kommentaar hierbo.

James ·

Die regering wys geen omgee, verantwoordelikheid, of enige belangstelling as jy wit is nie. Ons nie our people nie. Dis vreeslik wat hier aangaan. Meer mense sterf daagliks hier as in n oorlog.

Anoniem ·

Wanneer die veiligheidsituasie in ‘n Land so versleg dat Jy nie meer van Punt A na Punt B veilig kan BEWEEG nie dan Mnr. Die President HET DIT LAAT GERAAK !!! GRYP IN ASB MENEER

Ekke ·

Alles watvou..is die bestuur se skuld.so ook die gemors wat die Land in is.is ook die bestuur van die se skuld.lkan nie die Land se mebse beskerm nie . Vat alle wapens af van ingewenste Persone en verander die Wette .soos dit was in die ou Era. Hoekom was alles toe veilig gewees.

Hanna Hoekom ·

Was die paartjie dan nie bloot op die “verkeerde plek” gewees nie? Dis mos wat ou Bolhuis ons wil wysmaak. Ek hoop hierdie ouers vind berusting iewers anders, want die regering voel absoluut niks vir blankes nie.

Chris Ws ·

Sou dit anders kleuriges gewees het wat terreggestel was sou die polisie in hordes toegesak het op die woongebied in die omgewing en alle persele en huise deursoek het in ‘n grootskaalse klopjag.

Chris ·

Ek verstaan nie, die Zama -zamas is ‘onwettige’ myners, waarom word hul toegelaat om daar te bly? Of het die woord onwettig ‘n ander betekenis intussen gekry?

koos ·

Die skelms,moordenaars,verkragters,sama zamas doen wat die polisie hulle toelaat en dit is die probleem waarmee ons sit in SA n lui ,sleg tot op die been polisie wat nie hulle werk doen nie

Henry ·

Verkeerde tyd verkeerde plek. Dis ‘n maklike uitweg. Ons kan nie die verskoning aanvaar nie. As almal mekaar gaan begin skiet en uit Moor dan gaan mense dit ook sê. Verkeerde tyd verkeerde plek. Hoe tragies om so iets vir die ouers van daai kinders te sê. Dis onaanvaarbaar. Waar is dan die regte plek en die regte tyd. Mense skrik wakker. Wees paraat.

sanrie ·

Is ons plaas huise ook dan verkeerde tyd en verkeerde plek? Daar waar ons sekuriteit beter as C max tronke is?

Clipper ·

Swak artikel maar belangriker is dat dit n skreiende skande is dat die regering gevra moet word om in te meng. Mens verwag dat n werklike regering dit as vanselfsprekend sou doen. Cyril slaan sy eie woorde met n plank. Hy is beslis nie n president vir almal nie. Skande sou ek se

Siener van Melbourne ·

Die enigste persone wat op die verkeerde plek en die verkeerde tyd is, is die ANC.

Aitog ·

Waars Bolhuis en die bokshombende nou? Bloot om tot die slotsom te kom dat dit die Zama Zamas se skuld is beteken dit sekerlik tog nie dat die saak nou opgelos is of wat nie?

Michelle ·

Al wat die regering na sal gryp in die land is die belasting betalers se swaar verdiende geld. Vir hierdie twee mooi mensies wie se lewe so vinnig geëindig is deur gewetenlose moordenaars moet die regering verantwoordelik gehou word.

Akademi Buktu ·

Feit is die ANC in êkzaail het misdaad gestimuleer (insluitende bomplanting) as deel van die strategie teen die ou regering. Nou kan hulle hul eie baba nie stuit nie.

Ray ·

Dit is net vir my hartseer dat die SAPS dit toelaat vir die zama zamas om so groot en sterk te word dat hulle al hulle eie hit squads het!

Andreas ·

Jy het iets teen hom, en dan het hy bo alles ‘n kleinflaminke sagtehart.

Jy wat nie verstaan nie.

Klop aan my deur, dit staan oop.

Frans C ·

Ek ken die omgewing baie goed en was lank in die woongebied Daveyton werksaam.
Maroela het tot dusver konsekwent geweier om my waarskuwings te plaas,
Daveyton word omring deur plakkerskampe en moes bv, die eienaars van ‘n aangrensende plaas Modderfontein al jare gelede magteloos toesien hoe sy plaas deur plakkers oorstroom en sy mielieoes geplunder word.Die hofsaak wat daaruit voortgespruit het is nog beskikbaar op die web.

Onwettige mynwerkers op die gebied toegesak en voer ‘n skrikbewind en word moorde gereeld gepleeg.Luister nooi mooi, die gebied is ‘n ‘no go area’ soos
‘n park in Benoni..Motoriste word ook gereeld deur die Polisie gewaarsku om op hul hoede te wees by die Snake Road op en afritte.

Die af -en oprit is slegs ‘n paar kilometer van die Putfontein afrit.Dit is my eerlike opinie
dat die paartjie nie bewus was van die gevaarlike omgewing en dat hul werkers ook nie daarvan bewus was.

Nou hoop ek dat Maroela my vierde kommentaar in die verband sal plaas.

Andreas ·

Ook maar skrikkerig, bang verkeerde mense lees dit. Partykeer moet mens maar met ‘n ompad by die realiteit en waarheid uitkom.

Ek vee by tye die huil uit my oë

Andreas ·

en ek het nie ‘n komma of punt gesit nie

dit hang so in die lug

piet piet ·

Dankie daarvoor,maroela media hoekom is ons nog nie gewaarsku om die plek te vermy nie

CN ·

Frans C, ek ry hoeka ‘n amper 20min ompad net om Snake road & Putfontein offramp te vermy. Albei ‘n meer direkte roete na my huis, maar mens is te bang om daar te stop!

Jeremia ·

Alle empatie aan naasbestaandes van hierdie twee jongmense!
Mag julle gedra word deur familie, vriende en vreemdes!
Mag daar geregtigheid geskied, en laat ons eensgesind daarvoor bid.

RATEL ·

My hart bloei vir die twee families. Maar om misdadigers te vra om in te gryp teen misdadegers wys die families se hartseer en pyn. Dink aan jul in ons gebede.

Regs! ·

Die useless regering sal NOOIT ingryp nie. Dit is dan WITTES wat afgemaai word!!!!

willem botha ·

En om aan te hou vir die DA stem gaan nog minder werk ,hulle is kastig hoof opposisie saam met die eff so wat gaan hulle doen omtrent die onregverdige behandeling van regering inisiatiewe en dienste soos polisie teenoor minderhede ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.