[Video] Vier dood na skietgeveg in Jhb

Foto: Intelligence Bureau SA/Facebook

Foto: Intelligence Bureau SA/Facebook

Drie verdagtes en ʼn buurtwaglid is dood nadat ʼn skietery Vrydagmiddag in Lenasia, suid van Johannesburg, uitgebreek het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gewapende verdagtes het by ʼn huis ingebreek, twee huishulpe vasgebind en in ʼn badkamer toegesluit.

Die eienaar van die huis en sy broer het die rowers op heterdaad betrap. Die rowers het skote op die eienaar en sy broer afgevuur en die broer is beseer. Lede van die plaaslike buurtwag het intussen die skote gehoor en hulle na die toneel gehaas.

ʼn Skietgeveg het tussen lede van die buurtwag en die rowers uitgebreek. Drie rowers en ʼn lid van die buurtwag is in die skietery dood. Die buurtwaglid het op die dag van die skietery sy 61ste verjaardag gevier.

Foto: Intelligence Bureau SA/Facebook

Foto: Intelligence Bureau SA/Facebook

ʼn Vierde verdagte wat in ʼn wegkommotor, ʼn blou BMW, op sy makkers gewag het, is voorgekeer en glo deur lede van die gemeenskap aangerand. Hy is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens Masondo het die polisie op die toneel op drie vuurwapens, wat glo aan die verdagtes behoort het, beslag gelê. Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord, poging tot huisroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

Die video is deur Special Operations Group op Facebook gelaai:

Lenasia earlier today… 3 of 4 robbers were shot & killed (and may be a "little" assaulted?) by community members. This is the route to go – our system is failing. Watch the video – pictures to follow.

Posted by Special Operations Group on Friday, September 23, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dasy! ·

10/10 dis hoe ons met die skelms moet werk!!! net jammer die onskuldige man moes meg sy lewe betaal…! Sterkte vir sy naasnestaandes

Well done! ·

Dis hoe n gemeenskap saamstaan!! Well done!
Jammer vir die man wat met sy lewe geboet het!

Buitestander ·

Nou word ‘n onskuldige man van moord aangekla om dat hy selfverdedinging tou gepas het. Skuldige wat met BMW weg ry word onskuldig verklaar.
Sterkte vir buurtwag!!!

Ellie Rose ·

Mense kyk mooi na hierdie video. Hierdie mense staan saam. Ons is so bang dat ons iets sal oorkom, kyk maar na mnr. De Waal se geval, hy het probeer help en niemand anders het hom gehelp nie. In hierdie video help hierdie mense hul medemens ongeag van wat met hulle gebeur. Die 61jarige het met sy lewe geboet, maar hy wou minstens help. Die skuldiges sal boet en nie die onskuldiges. skrik wakker, hou op praat en raak betrokke.
.

Beertjie ·

Ellie – jy is heeltemal reg. So baie mense staan eenkant en praat net negatief. Ons moet opstaan en hande vat en saamstaan teen boewery en korrupsie. Alles is nie so sleg nie. Maar om aanmekaar net te kla en negatief te praat gaan absoluut niks oplos nie. Ek het 8 jaar gelede by Polisie aangesluit as reservis om my gemeenskap te dien. Dit maak n verskil in my lewe asook baie ander mense s’n. Ek weet ek kan nie Suid Afrika verander nie, maar as ek net een mens se lewe verander het ek 100% sukses. Ons moet deel raak van die oplossing en nie die probleem nie. Ek haal my hoed af vir buurtwaglede. Dit is onbaatsugtige werk wat hul gratis doen.

Carel ·

Die waarskuwing se dis ‘n sensitiewe video maar die plaveisel is afgeneem. Ha ha!

Saamstaan ·

Ons kan baie leer by die Indier gemeenskap wat mekaar bystaan. Ons weet al minder wie ons bure is, selfs wie ons eie nefies en niggies is. Die Indier gemeenskap behou vriendskap, familie en gemeenskapsbande. Ons moet hulle goeie voorbeeld volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.