Video: Vier verkeersbeamptes oor ‘omkopery’ geskors

Die beamptes het die motoris glo gedreig en aangerand nadat hy nie omkoopgeld wou betaal nie. Foto: Skermskoot

Vier verkeersbeamptes van Mpumalanga is voorlopig geskors nadat hulle glo omkoopgeld uit ʼn motoris probeer kry het.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het geen nadere besonderhede in ʼn persverklaring oor die vier se skorsing bekendgemaak nie, maar verwys daarna as “ʼn konfrontasie met ʼn sekere motoris verlede Donderdag terwyl die beamptes aan diens was”.

Hulle is geskors hangende ʼn interne ondersoek na die voorval wat by Badplaas plaasgevind het. Die betrokke motoris het ʼn video-opname van die voorval gemaak en dit op Facebook gedeel, waar dit die afgelope week amper 1 miljoen keer besigtig en derduisende kere gedeel is.

Lindelani Shezi skryf by die video hy was op pad van Ermelo na Nelspruit toe verkeersbeamptes hom voorgekeer, sy rybewys gevra en die motor nagegaan het. Hulle het toe glo onverwags gesê hy het gejaag en sal met R1 500 beboet word.

Ek het geweier om die omkoopgeld te betaal.

“Toe is ek gevra of ek regtig die R1 500 boete wil hê en of ek geld by my het,” skryf Shezi. “Ek het geweier om die omkoopgeld te betaal. Ek het die beampte gevra om my op die kamera die bewys te gee dat ek gejaag het, maar hy kon nie.

“Dis toe dat ek gevoel het ek word in Mpumalanga met my KZN-geregistreerde voertuig om die bos gelei.”

Die beamptes het glo die motoris se rybewys afgeneem.

Shezi vertel hy het besluit om die gebeure op te neem. “Ek is gedreig, aangerand en die verkeersbeampte het geweier om my rybewys terug te gee of die boete uit te reik. Toe ek vir hulle sê ek sal ʼn klagte indien by die naaste polisiestasie (op Badplaas), het hulle selfs vir my gesê waar dit is. Hulle het hul naamplaatjies weggesteek.”

Hy beweer die polisiebeampte in die aanklagkantoor het geweier om sake van aanranding, poging tot omkopery en diefstal oop te maak. “Die verkeersbeamptes het toe opgedaag en in die aanklagkantoor ingegaan. Toe het hulle uitgekom en na hul voertuig gegaan, waarna die een my rybewys teruggegee het.”

Die verkeersbeamptes het hom glo in die polisiekantoor probeer dreig.

Volgens hom het die verkeersbeamptes hom in die polisiekantoor probeer dreig, “maar ek het geweier om my te laat intimideer”.

Shezi is ontsteld oor die voorval. “Ná 24 jaar van vryheid verdien geen Suid-Afrikaner om so verneder te word nie. Ons moet weier om omkoopgeld te betaal. En ons mag nie swak dienslewering van polisiebeamptes aanvaar nie.”

Hy meen die polisieman wat geweier het om sy klagte aan te hoor, het hom aan regsverydeling skuldig gemaak. “Hy is ʼn medepligtige omdat hy die verkeersbeamptes teen die gevolge van hul optrede probeer beskerm het.”

Kom ons vat hande om korrupsie te keer.

Shezi skryf hy het die video gedeel ter wille van mense wat nie hul stem teen onreg kan dik maak nie omdat hulle te swak, kwesbaar en weerloos is. “Kom ons vat hande om korrupsie te keer. Genoeg is genoeg.”

Ngomane sê die beamptes sal tydens die ondersoek ʼn regverdige kans kry om hul kant van die saak te stel.

This morning as I was driving from Ermelo to Nelspruit, I was stopped by traffic police and asked for a license, checked the car and then suddenly told I was over-speeding and I must come and get my R1500 fine. Ok????Then I was asked if I will really take the R1500 fine or do I have money on me. I refused to pay the bribe. I asked him to show me the over-speeding recording on the camera which he could not, then I felt I was being taken for a ride in Mpumalanga with my KZN-registered vehicle. I opted to record this whole thing. I was threatened, assaulted and the traffic officer refused to give back my license nor to write me the fine. I informed them I will lay charges at the nearest Badplaas police station, they even told me where the police station is. They had their identity name tags hidden. When I got to the police station a police office refused to open the case of assault, attempted bribery and theft. These traffic officers then emerged at the police station, went inside the charge office at the back office and then came out, went into their car and one of them brought back my driver’s license to me. They tried to threaten me at the police station and I refused to be intimidated.After 24 years of freedom, 1. no South African deserves to be humilated like I was. 2. We must refused to be coerced into paying bribes! 3. We must refused poor service at the hands of police officials. The SAPS police official who refused to open a case for me saying he can’t open a case against a police official committed a crime of defeating the ends of justice by protecting traffic offices from facing justice; he is an accomplice.On behalf of the many innocent citizens who fall prey to these ruthless corrupt and arrogant public officials, I am taking this upon me to contribute to the fight against corruption in the public service. My fight against this behavior is about restoration of confidence and trust in our government. It is officials like these with loose morals who tarnish the name of our government. When a member of the public suffers at the hands of such rotten elements, it is easy for people to say this is how government is treating people instead of isolating these elements from the good-meaning public servants. I am doing this for the weak, for the vulnerable and for the defenseless. I am not only exposing these characters but also taking them on throughout the justice system. I have opened a case against them. Police management and IPID must also act against the police officer who refused to open a case against his traffic colleagues. I say “not in the name of our government, not in that uniform shall we allow this” Let us join hands to put a stop in this!! Enough is enough ????????????????????????

Posted by Lindelani Shezi on Thursday, January 10, 2019

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Paul ·

Mooi so. Ek hoop alle burgers wil so optree, dan alleen sal ons die korrupsie en vrot appels oorwin. Laat dit nie gaan oor ras maar ordentlikheid dan kan ons van SA ‘n beter plek maak.

Basie ·

Baie goed van die man om die spul te ontbloot. Mooi meneer. Hoop die 3 kry summiere ontslag sonder vergoeding. Swak optrede van persoon in gesagsposisie.

Willie Gouws ·

Wat wou , ek stem saam met jou , laaste sien van die blikkantien .

Snowball ·

Shezi, jy is ‘n voorbeeld. Mag dié soos jy, al hoe meer na vore kom om die regte ding te doen. ‘Corruption must Fall’

Johnnie ·

Ngomane is net so korrup soos sy beamptes en die polisieman soos sy minister. Welkom in SA.

Elsie ·

You dont ever hear the outcome of these suspentions..
Getting swept under the carpet

jaco ·

Het ek reg gelees? Swart verkeersbeamptes is hardhandig met ‘n swart motoris en probeer omkoopgeld uit hom kry. Hoe kan hulle dan so sleg optree teenoor hulle rasgenoot?

Anoniem ·

Jaco, hoe kon hulle enigsins dink hulle gaan nie gevang word nie, is hulle regtig so naief of wat ?

Ag regtig ·

Daar word maar net ‘n ondersoek geloots omdat dit Lindelani Shezi is wat die klag gebring het. As dit Pieter Prinsloo of Jan Swanepoel was het niemand eers hulle daaraan gesteur nie. Ek dink ook die klag sal stil stil wegraak.

Leon ·

Dit is wat nodig is. Baie dankie vir jou optrede.
Staan op en Staan saam!

Petro ·

Braaf EN eerlik. Goed gedoen dude. Trots op jou. Bly jy het nie seergekry nie ?

Ben van zyl ·

Hoekom hoor ons selde wat regtig na die verhoor gebeur het? Meeste gevalle word hulle bevorder.

Helena Paton ·

Shezi we are so proud for what u have done. Let’s stand together and make this a better SA…God Bless

Koos de Meyer. ·

Hulle kom elke dag met die slimste idees uit. Hulle verskuil naby ‘n drinkplek in die middernagtelike ure. As die mense ry, ry hulle agterna,trek hulle af en soek dan omkoop geld of anders dreig hulle om die persoon toe te sluit. Ons het did op ons buurt wag patrolering onlangs 0:100 uur in die oggend onder vind waar ‘n dame deur hulle agtervolg is en hulle haar beveel het om vir hulle geld te gee. Ongelukkig het ons nie die registrasie no. van die voer tuig geneem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.