[Video] Vinnige styging in vleispryse verwag

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Die jongste verbruikersprysinflasiesyfers is volgens ekonome hoër as wat verwag is. Hoewel dit nie heeltemal ʼn verrassing is nie, voorspel hulle wel ʼn daling oor twee maande. Inflasie het gestyg tot 6,4% in Oktober nadat dit 6,1% in September was.

Ekonome verwag ʼn vinnige styging in vleispryse omdat boere na verwagting daarop gaan fokus om hul kuddes aan te vul wat weens die droogte van kant gemaak moes word.

Ondanks die hoër verbruikersinflasie het die reserwebank die rentekoers onveranderd op 7% gelaat.

Die graderingsmaatskappy Moody’s het ook intussen Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat te midde van kommer dat dit afwaarts aangepas sou word.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Ek het vandag ‘n paar bottel gunsteling rooiwyn gekoop en dit is nagenoeg 10% op ten spyte van wat geadverteer word as ‘Wit Vrydag’.

Hendrik 2 ·

in so geval moet die kliënt die advertensie aan hulle voorlê en die betrokke plek is dan verplig om die ietem wat ďeur die betrokke winkel adverteer is, aan die kliënt teen die geadverteerde prys te voorsien. indie die betrokke winkel dit nie wil doen nie kan die saak onder die verbruikerswet rapporteer word.

AL ·

Ons moet seker Pravin Gordhan bedank dat ons nie afgegradeer is nie. Die arme man moet ook die onmoontlike vermag. Sonder hom aan stuur sou die vooruitsigte bleek gelyk het.

Wessie ·

Nee wat dit is ‘n skande. Wonder wie is die middelman. Julle skep lekker, maar pasop julle dag kom.

Rupert Ashford ·

Wil jy he die boere moet al hulle diere weggee? Daar is sekerlik middelmanne ook maar mens kan nie twyfel dat vleis gaan skaarser word as die reen aanhou val nie. Daar is nog kans vir La Nina ook wat vleis nog skaarser kan maak oor die volgende jaar.

Hendrik 2 ·

wil net vir Cherocee sê. Dis nie nodig om vir die duiwel te stem deur die duiwel te gee wat hom toekom nie.

Varkie ·

Wonder hoe kan hulle se daar is n traag “verbruikers besteding” want Vrydag was ek in drie afsonderlike winkelsentrums vertrap soos wat die mense in rye gestaan het om te koop koop koop. Moet gereeld hoor hoe werkloosheid op gaan en dat al hoe meer mense nie meer geld het nie maar naweek na naweek is die sentrums en restaurante prop vol

Jan ·

Ons het normaalweg net kruideniersware gaan koop, sonder om daaraan te dink, wat ‘n kollosale fout was dit nie, dis asof iets in die mense gevaar het. Ons het nooit besef hoe erg dit is nie. En natuurlik het al wat koerant is met hul vooraf beriggewing, nie advertensies nie, die mense omtrent uit die beddens uit gesleep na al wat winkel toe is. Hulle het seker gedink hulle gaan help om die ekonomie ‘n ‘kickstart’ te gee.

Sharon ·

Dit was ongevraagd Cherokee. … as dit nie vir Pravin was nie … waar was ons vandag? Dis een man in wie se skoene ek GLADNIE wil staan nie.
Tetug na die topic…. ons vleispryse kon ons al vir 4jaar handhaaf. .ten spyte vd droogte. Ons gaan gladnie nou n verhoging toepas nie. … ons is voorwaar geseënd.

Olga ·

ja dis normal. vleis pryse styg , oor ‘n week plak hulle ‘n “Todays special” sticker op en almal koop net daai vleis!!!!!

Gerrit ·

Wat het geword van die goedkoop hoendervleis wat ingevoer is ?

Ons op die platteland het dit nog nooit met `n oog gesien nie. Al wat ons sien is DUUR hoendervleis wat met seline water (29%) ingespuit is…als teen `n “winskopie prys” van slegs R49.99 vir 2 Kg….en soms slegs 1,5 Kg. !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.