[Video] Vlieënde teenstroperhond maak geskiedenis

Holsthyzen en Arrow

Holsthyzen en Arrow

Arrow, ʼn tweejarige Duitse herdershond wat spesiaal opgelei is om stropery in Afrika te bekamp, is deur die Guinness World Records as die wêreld se eerste teenstroperhond wat vryval aangewys, ná sy eerste sprong by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria.

Hy het sy eerste sprong saam met sy hanteerder, Henry Holsthyzen, van die Paramount-groep se eenheid vir teenstropery en hondeskool, gedoen.

“Arrow is spesiaal as ʼn jong hondjie hiervoor gekies vanweë sy temperament. Hy is eers opgelei om saam met Holsthyzen met ʼn tou van ʼn helikopter af te sak, voordat hy uiteindelik die vryval uitgevoer het,” het die Paramount-groep Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Sy inskrywing in die Guinness World Records volg op baie voorbereiding. Sy vryval-kennis is geskoei op ’n baie hegte verhouding met sy hanteerder. Sedert hy ʼn klein hondjie was, het hy en Holsthyzen saam geëet, slaap en gewerk om ʼn onskeidbare band te vorm wat nodig is om die stresvolle teenstropery-take uit te voer.”

Holsthyzen en Arrow

Holsthyzen en Arrow

Holsthyzen het gesê met sy kennis van Arrow se geaardheid, het hy ʼn goeie idee gehad van wat om te verwag. “Hy is ’n natuurlike vryvaller en adrenalien junkie. Ek was banger as hy,” het Holsthyzen gesê.

“Ek het uit die helikopter gespring en dit was net natuurlik vir hom om my te volg. Ek maak op hom staat en hy op my. Ek is bereid oorlog toe te gaan saam met hom, want ek vertrou hom. Vertroue skep die grondslag van ons verhouding.”

Arrow is een van 200 honde wat spesiaal geteel en opgelei word by die Paramount-groep se eenheid vir teenstropery en hondeskool in Rustenburg. Die groep is die afgelope ses jaar saam met die Ichikowitz-familiestigting intensief betrokke by teenstropery-inisiatiewe.

Volgens Eric Ichikowitz, hoof van die stigting, moet die honde soms in baie moeilike omstandighede en uitdagende omgewings, soos woude en bergagtige gebiede, werk. Met valskerms kan die honde en hul hanteerders dié gebiede makliker en stil betree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ancara ·

Wat n pragtige hond en sy eienaar.Daar is darem nog mooi stories ook wat n mens se hart laat warm klop

jano ·

Baie geluk Henry en jou dapper hond
Ek saluut julle 2 en is baie trots op julle
Hoop julle het n super 2017

Namibië ·

Is dit nie nou nice nie. Super cute. Ek het my GS vanaf 6 weke self opgelei en kon orals met hom stap sonder ‘n leiband. Hy was permanent aan my linkerkant. Hy het ook saam met my geëet, slaap, stort, geswem. Alles. So ek kan nogals die band tussen hulle verstaan.

Max ·

Wat sal die Sapd hondeskool se kommentaar wees. Waar is hulle deesdae .

christine ·

Fantasties! Hulle is ongelooflike honde! Wel gedaan en sterkte met die belangrike teenstroop taak!

Anoniem ·

Baie geluk Henry en Arrow, goeie werk, Seen vir die belangrike werk wat julle doen !!

Milwa ·

Fantasties! Baie geluk met julle prestasie! Gaan vang nou sommer baie stropers!!

Ano ·

SOOOO pragtig! Kry sommer ‘n traan in die oog. Wat ‘n pragtige hond. Henry jy is geweldig bevoorreg om so ‘n sielsgenoot te he.

Elsabe ·

Oe wow! Voel goed berig. Baie geluk Henry en Arrow, julle is ysters. Voorspoed

poot ·

Henry ou maat. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie. En dan nog in die Guiness Worl Record te kom. 46 jaar se vriendskap kon nie vir ‘n groter hoogtepunt gesorg het nie.
Ek staan brëebors en sê dat jy my vriend is.
Hou so aan.
André.

andre ·

And man needed a friend and GOD made a dog.
Great stuff guys this is so cool.

Susan Botes ·

Wat ‘n mooi en positiewe storie!! Dit is die ongelooflikste diere en sal jou beskerm met sy lewe, het ook een gehad en wat ‘n voor reg was dit. BAIE STERKTE .

Helene ·

Pragtige storie!! Baie geluk Arrow met die prestasie!! Mag jy en Henry net van krag tot krag krag.

Emile ·

Baie cute. Maar ‘n bietjie van ‘n propaganda video. Hoewel hy die eerste “teenstroper-vryval” hond is, is vryval-honde nie uniek nie. Amerikaanse en Britse spesmagte gebruik ook honde wat saam met hul hanteerders vryval. (Eintlik is die korrekte Afrikaans vir vryval “valduik”, wat m.i. nie lekker afgaan nie)

‘n Probleem met hierdie propaganda video is dat die hanteerder nie self ‘n opgeleide valskermspringer is nie, maar in tandem met ‘n regte valskermspringer spring. It kind of defeats the purpose. In ‘n ontplooiingsituasie spring ‘n hanteerder met sy hond en sy toerusting. Hulle ry nie valskerm-taxi saam met ‘n ander persoon nie want dan is dit een valskerm wat twee persone en twee persone se toerusting en die hond moet dra.

Oulike video.

poot ·

Emile
Bespeur ek ‘n tikkie sarkasme en jaloesie? Sien dit vir wat dit is en hou op om mense se prestasies af te maak. Gaan kyk mooi na waarvoor die GBR opgestel is en besin dan weer voor jy swak kommentaar lewer. Ja baie ander honde het al uit vliegtuie gespring…..hierdie is uit ‘n heleikopter en die eerste teen-stroper hond. Dit is jare en maande se harde werk om stropery te bekamp.
Wat het jy al in die lewe vermag wat noemenswaardig is? Well done Henry. 10 thumbs up!!!!!

Sharnelle ·

Wel gedaan aan Lt Kol Lauren Thatcher wat die tandem gedoen het en werksaam is by ons eenheid. Baie geluk aan Holsthyzen en Arrow met hierdie pragtige prestasie.

Emile ·

Poot

Eerder realisties-sinies as jaloers of sarkasties. Blameer my militere agtergrond daarvoor.

My punt is dat om verskeie praktiese redes is valskermopleiding vir die hanteerder self nodig. ‘n Video waar die hanteerder self die valskermspringer is met sy hond in ‘n gesimuleerde teenstroop operasie in bv Kruger, met volle terusting en wapentuig, sou vir my meer geloofwaardig gewees het as ‘n tandemsprong op Waterkloof. Niks van die video toon ook die hond se teenstroop vermoee aan nie.

Ja, die hond mag die wereld se eerste teenstroop vryval hond wees, maar wat beteken die toekenning eintlik? Ek’s seker ‘n GWR toekenning kan ook gemaak word vir die wereld se eerste vryval hond wat tot by tien kan blaf.

Ek twyfel ook of daar ooit enige GWR toekennings aangevra is vir enige van die honderde militere vryval honde met baie unieke opleiding. Waarom nou ‘n ophef van hierdie prestasie maak? Om promosie redes vir die opleidingsmaatskappy, dis al.

Poot ·

Emile
Dank die Vader dat my militêre agtergrond my nie sinies, jaloers of sarkasties gemaak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.