[Video] Voertuig ploeg deur muur in Jhb

‘n Skermskoot uit die video

Intelligence Bureau SA het vandeesweek ʼn video op sy Facebook-blad gedeel wat wys hoe ʼn sportnutsvoertuig deur ʼn muur ploeg in Roosevelt Park in Johannesburg.

In die video kan gesien word hoe die sportnutsvoertuig ʼn ander motor probeer verbysteek om af te draai, maar dan teen die motor bots, momentum kry en deur die muur ploeg.

Die beeldmateriaal wat deur die eienaar van die huis se veiligheidskameras vasgevang is, wys hoe die voertuig met die trefslag van die botsing deur die lug spring en ʼn groot deel van die muur aan skerwe laat spat.

Daar kan ook gesien word hoe die lugsakke ontplooi weens die slag waarmee die voertuig die muur tref.

Volgens Intelligence Bureau SA het dié voorval op 16 Julie plaasgevind. Die video is al meer as 100 000 keer gekyk.

The actual footage from the accident on Preller cnr Fairbairn street, Roosevelt Park. Sunday evening.

Posted by Intelligence Bureau SA on Tuesday, July 18, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marisa ·

Mens kan mos nie jou kommentaar wysig of verbeter nie. Ek bedoel, was die voertuig VOOR die sportnutsvoertuig se flikkerlig aan.

Marisa ·

Dis in elk geval nie die ‘sportnutsvoertuig’ (wat is dit in elk geval?) wat wou draai nie – dis die motor voor hom wat wou regs draai. Was sy flikkerlig aan? Dis baie gevaarlik in elk geval om by enige uitdraaipad verby te steek. Daar is altyd mense wat nie hulle flikkerligte gebruik nie.

Chris Ws ·

Dis duidelik die bestuurder van die wit motor het nie in sy kantspieel gekyk voor hy begin draai het nie.

Pieter ·

Die SUV ry in die eerste plek aan die verkeerde kant van die pad. Verstaan nie hoe julle die ander voertuig blameer nie.

JC Klok ·

Die swartvoertuig bestuurder is skuldig aan roekelose bestuur, ongeag of die voertuig waarteen hy gebots het se flikkerlig aanwas of nie. Om op ‘n aansluiting verby te wil steek is roekeloos.
In elk geval, dis altyd die verbygaande voertuig se bestuurder wat seker moet maak dat dit veilig is om soiets te doen, nie die een wat verby gesteek gaan word nie. Dis belaglik om te verwag dat die verbygesteekte voertuigbestuurder uitwykende stappe moet neem om ‘n ongeluk te voorkom wat veroorsaak is deur ‘n voertuig wat hom/haar van agteraf injaag.

Johan ·

Stem saam met JC. Het dit al menige kere gesien. Die swart voertuig het meer as een voertuig probeer verbysteek wat in elk geval onwettig is. Moeilik om op die video te sien of die wit voertuig se aanwyser wel aan was, maar gaan nie ‘n verskil maak in die geval. Deur meer as een voertuig verby te steek is gevaarlik. Hoe kan jy sien wat die tweede voertuig se aksie is?

Linette ·

Die wit voertuig het – soos ek dit kan waarneem – NIE ‘n flikkerlig aangesit om aan te dui dat die bestuurder regs gaan draai nie. En die grys SUV het prober verbygaan op ‘n punt waar dit nie veilig is nie (op ‘n gedeelte van die pad waar daar ‘n sy-aansluiting is). Albei is dus ewe onskuldig aan die ongeluk.

RB ·

Die swart voertuig het nie sy flikkerlik aan nie, sou moes aan wees om verby te steek. Dit lyk ook of die swart voertuig te vinnig ry. Kan nie mooi sien of die wit voertuig se flikker aan was nie, kon in die stamp gebreek het?

Luke ·

Vees regverdig ten opsigte van altwee. Was die flikker aan of nie? Teen die tyd wat die ander moter die wit een probeer verby steek het was dit die tweede voertuig agter mekaar wat hy wou verbysteek. Vergelyk ook die bakkie voor die wit voertuig se spoed met die van die swart voertuig. Dubbeld so vinnig!

Justice ·

Teen die spoed wat die sportsnutsvoertuig op so `n smal paadjie sonder pad strepe in `n beboude gebied probeer verby steek het was dit `n ongeluk wat gewag het om te gebeur.

Tjert ·

Ja…regtig. Woordgebruik in die berig is swak en volgens dit wat mens verstaan… nie die korrekte weergawe nie. Skerp jou verslaggewers asb op Maroela! Of speel net die prentjies en los maar berriggewing… ons sal ons eie swak afleidings maak…?

Let op ·

Let op dat die sport(s)nutsvoertuig ook terselfdertyd die voertuig agter die wit motor verbysteek Daar kan net nie gewag word vir sy beurt. Dit is ook duidelik beboude gebied maar EK moet verby en NOU dadelik. Die kanse is ook goed dat hierdie ‘n K53-bestuurslisensie is, daar word dus op die harde manier verder geleer, amper soos ‘op die job training’.

A. Mac ·

Pragtige aksie video. Duidelik het die bestuurder in die swart voertuig gedink sy “bubble” gaan dit maak, toe maak dit, ja, deur die bakstene. Geen simpatie vir hom.

Lynne ·

Ook geen simpatie vir hom nie! ‘n Haastige hond verbrand sy mond! Hy moet maar vir hom kry! In ‘n voorstedelike gebied ry jy ekstra versigtig…..

Michael ·

Swart kar is skuldig spoed en roekelose bestuur in n bewoonde gebied.

Cherokee ·

Ure na die eerste lees (en kyk) loer ek weer hier in en ek kan omtrent nie glò dat Cherokee geen kommentaar gelewer het nie! Trots op myself en seker is mm ook verbaas maar….. daai stasiewa wat deur die muur gery het skuld my ‘n dankie dat ek tjoep-tjoep-stil bly

Mike von Mallinckrodt ·

Wat se die reels. Lyk my die mense ken nie die reels nie of het hulle lcence in ´n lucky packet gewen.

bella ·

Almal is belangriker en haastiger as almal….. En Indien jy wel so breed verby ander voertuie wil jaag… Gaan jy nie die flikkerlig raaksien op jou mede-padgebruiker nie. Want deesdae ry almal soos die die taxi’s. Padreels is Taboe!!! Die held reenboog nasie bestuur soos narre!!!! Ek wil graag by die verkeersdepartement aansluit.

JC ·

Ek is redelik seker daardie wit voertuig se flikkerlig was aan. Mens kan dit (redelik) duidelik sien net voor die botsing. Maar – dis ‘n pragtige aksie-video.

Hans ·

As die bestuurder van die suv een kar op n slag verbygevat het sou hy n beter kans gehad het,mooi geleer by taxy bestuurders.Hy gaan die kar en muur moet betaal.Die padreels se duidelik jy mag net een voertuig op n slag verby vat.Hoop niemand is beseer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.