Video: Vragmotor geplunder ná N1-ongeluk

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn vragmotor van Leon van Vuuren Bulk Carriers wat geplunder word ná ʼn ongeluk, maak groot opslae op sosiale media.

Leon van Vuuren, besturende direkteur van die maatskappy, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 03:00 op die N1 tussen Drie Susters en Murraysburg in die Wes-Kaap plaasgevind.

Mense van die omgewing het die vragmotor begin plunder en selfs van die plastiekseile, wat die vrag beskerm het, oopgeskeur.

“Slegs sowat een derde van die vrag het behoue gebly,” het Van Vuuren gesê. Die vragmotor het lekkergoed in die agterste wa en onder andere mieliemeel en stampmielies in die voorste wa vervoer. Hy sê die agterste wa is die ergste geplunder.

Sy personeellede het die plunderaars probeer keer, maar hulle is aangerand.

In die video wat op sosiale media versprei word wil dit voorkom of een persoon, wat ʼn polisiebaadjie met glimstrepe dra, die plunderaars bystaan. Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, ontken dit egter ten sterkste. “Daar was drie polisiebeamptes op die toneel,” het Steyn aan Maroela Media gesê. “Die polisiebeamptes wou die persone verhoed om die vrag te plunder, maar hulle is self aangerand.” Sy sê die polisiebeamptes het geringe beserings opgedoen.

Van Vuuren het bygevoeg sy drywers bestuur gewoonlik twee-twee saam sodat hulle nie langs die pad hoef te oornag nie. “Die vragmotorbestuurders kan, veral op die N1 tussen Colesberg en Laingsburg, nie meer net langs die pad aftrek om te slaap nie,” het hy gesê. “Daar is sindikate wat dan op die vragmotor toeslaan, die seile oopsny en die vrag steel.” Sy bestuurder het snye en skrape opgedoen tydens die ongeluk en sterk aan by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ben

Hooligans! Uitskot van die samelewing…..presies wat verwag word van maaksels wie se regering feitlik geen ruimte vir selftrots, werkgeleenthede of respek vir ander se eiendom by hul klipkop ondersteuners kan inprent nie. Dis wat gebeur as jou regering net gee en gee, en jy omkoopbaar is met ‘n kospakkie en t-hemp by elke verkiesing. En die res van ons betaal maar, op een of ander manier want die skade moet verhaal word, vir hierdie idiote se losbandigheid. Ek het hierdie tipe ding al vele kere by gestrande vragmotors langs die nasionale paaie gesien, dit gebeur baie meer as wat ons… Lees meer »

Elfie

Walglik! Klomp hiënas!!

VerVanRyn

Ag nee man, dit na die Krugersdorp geval waar die booswigte die beseerde kaal gesteel het en omstanders ook beroof het. Die piesang republiek is besig om sy ware kleure te wys

AP

Barbaars………

Theresa

Barbare. Onopgevoede gemors. Geen respek vir hulle self nie hoekom sal hulle eendersins respek vir enige iets of enige iemand ander hê. Dit is hoe dit hier gaan en dit word net erger want hierdie is die land van wetteloosheid. Die regering sit op hulle dik agterstewes en niks word gedoen om die mense op te voed en die land van ondergang te red nie.