Video: Vragmotor geplunder ná N1-ongeluk

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn vragmotor van Leon van Vuuren Bulk Carriers wat geplunder word ná ʼn ongeluk, maak groot opslae op sosiale media.

Leon van Vuuren, besturende direkteur van die maatskappy, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 03:00 op die N1 tussen Drie Susters en Murraysburg in die Wes-Kaap plaasgevind.

Mense van die omgewing het die vragmotor begin plunder en selfs van die plastiekseile, wat die vrag beskerm het, oopgeskeur.

“Slegs sowat een derde van die vrag het behoue gebly,” het Van Vuuren gesê. Die vragmotor het lekkergoed in die agterste wa en onder andere mieliemeel en stampmielies in die voorste wa vervoer. Hy sê die agterste wa is die ergste geplunder.

Sy personeellede het die plunderaars probeer keer, maar hulle is aangerand.

In die video wat op sosiale media versprei word wil dit voorkom of een persoon, wat ʼn polisiebaadjie met glimstrepe dra, die plunderaars bystaan. Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, ontken dit egter ten sterkste. “Daar was drie polisiebeamptes op die toneel,” het Steyn aan Maroela Media gesê. “Die polisiebeamptes wou die persone verhoed om die vrag te plunder, maar hulle is self aangerand.” Sy sê die polisiebeamptes het geringe beserings opgedoen.

Van Vuuren het bygevoeg sy drywers bestuur gewoonlik twee-twee saam sodat hulle nie langs die pad hoef te oornag nie. “Die vragmotorbestuurders kan, veral op die N1 tussen Colesberg en Laingsburg, nie meer net langs die pad aftrek om te slaap nie,” het hy gesê. “Daar is sindikate wat dan op die vragmotor toeslaan, die seile oopsny en die vrag steel.” Sy bestuurder het snye en skrape opgedoen tydens die ongeluk en sterk aan by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ben ·

Hooligans! Uitskot van die samelewing…..presies wat verwag word van maaksels wie se regering feitlik geen ruimte vir selftrots, werkgeleenthede of respek vir ander se eiendom by hul klipkop ondersteuners kan inprent nie. Dis wat gebeur as jou regering net gee en gee, en jy omkoopbaar is met ‘n kospakkie en t-hemp by elke verkiesing. En die res van ons betaal maar, op een of ander manier want die skade moet verhaal word, vir hierdie idiote se losbandigheid. Ek het hierdie tipe ding al vele kere by gestrande vragmotors langs die nasionale paaie gesien, dit gebeur baie meer as wat ons dink…..

VerVanRyn ·

Ag nee man, dit na die Krugersdorp geval waar die booswigte die beseerde kaal gesteel het en omstanders ook beroof het. Die piesang republiek is besig om sy ware kleure te wys

Theresa ·

Barbare. Onopgevoede gemors. Geen respek vir hulle self nie hoekom sal hulle eendersins respek vir enige iets of enige iemand ander hê. Dit is hoe dit hier gaan en dit word net erger want hierdie is die land van wetteloosheid. Die regering sit op hulle dik agterstewes en niks word gedoen om die mense op te voed en die land van ondergang te red nie.

Estelle ·

Mens beledig eintlik ‘n hiena om hulle met die spul te vergelyk! daar is nie woorde om hulle te beskryf nie, en hulle is ook die die ink op papier werd nie!

paul ·

Ek is self in die vervoerbedryf, en ek sien dit daagliks. Hulle sal selfs soms items steel wat vir hulle geen markwaarde het nie, soos byvoorbeeld lee plastiekbottels, maar hulle sal steel bloot omdat dit verkeerd is

louis Jenner ·

Ek kan nie glo wat ek so pas gesien het nie.!!!!! Ek stel voor dat die Vidio aan die Munister van Polisie gewys word en dat die betrokke Polisie lede onmiddelik geskors word.Ek sal ook voorstel dat die eienaar ook die Polisie Dagvaar vir die verlies wat hy da gelei het.Ek is self ‘n Polisiebeampte en ek soek nie die soort van mense saam met my in die diens nie.Ek wil nie eers dink wat die gemeenskap da van moet dink nie.!!!! Ek sal met graag die Polisiebeamptes se besonderhede wil he so dat da met hulle gehandel kan word.My e-mail is [email protected] en as u enige meer besonderhede of foto’s van die Polisie lede het versoek ek u asb om dit aan my beskikbaar te stel so wel as Vidio materiaal U sal nie bekend gemaak word nie.U kan my ook op Sel no 0825537719 kontak.Ek belowe u da sal op getree word teen die SAPD lede wat da by betrokke was.!!!

Corne ·

Louise, ek stem saam met jou. Ek dink die mense wie se trokke so geplunder word moet almal eise teen die staat insit, dalk sal ou Zuma dan sien waar sy geld heengaan en iets begin doen.

Lin ·

Dit is onaanvaarbaar !! Ons is ook in die trokbedryf, maar meer konstruksie, 2 naweke terug was ons beroof van diesel, wiele en batterye en dit MET sekuriteit!! Sekuriteit is een van die ERGSTE om jou goed op te pas,want HULLE weet waar alles is . Hierdie sekuriteit was toe natuurlik gevang, was kop in een mus Saam HULLE in die stelery. Wat my so kwaad Maak is dat 80% van HULLE korrup is!die maatskappye Waarvoor HULLE werk trek geen kriminele rekords nie. Dit wat ek nou gesien het is erger as aasvoels , uitgehongerde diere !! Wonder wie het die video geneem ??

Johan De Graaf ·

Ek verstaan nie regtig die verbintenis aan Murraysburg met hierdie situasie nie.

Die N1 loop 42km ver vanaf Murraysburg verby en as die ongeluk ongeveer 25km vanaf Drie Susters gebeur het sou ek se dat Drie Susters se susters en broers eerder verantwoordelik sou wees vir die geplunder. Die indruk word geskep dat Murraysburg se voorbeeldige inwoners in hul motors, bakkies, donkiekarre en fietse gespring het en gou die trok gaan plunder het……..

Ek hoop van harte die vervoer maatskappy se vrag versekering was in plek. Indien wel sal die vrag se waarde vervang word. Die kultuur om te plunder…….wel, dis nie net in Suid Afrika te bespeur nie. Kyk maar na menige optogte in ander, sogenaamd opgevoede lande……

Elfie ·

@Johan De Graaf: dit help veel om te sê hy kan eis van versekering! Sulke dinge maak dat premies opgestoot word, dit maak dat mense hul nie-eis bonus verloor en sulke dinge veroorsaak dat versekering ent al flippen duurder word. Dit as gevolg van barabaarse gedrag!

anon ·

Ek wil nie meer na sulke goed kyk nie. Dit maak my bloedig kwaad. Wetteloosheid in hierdie land gaan ons einde beteken en so baie van ons mense loop nog meet oogklappe rond!

Harry Du Randt ·

Dit is dood normale gedrag in ons land. Dit gebeur amper by elke ongeluk van so aard. Selfde gesien by R59 die week, met blikkies kos. Soms word van die plunderaars raak gery deur verby gaande voertuie, want hulle raak blind in hulle taak van steel en harloop oor die pad sonder om te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.