Video: Vragmotor ploeg deur fabriek se dak

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy glo beheer oor sy vragmotor verloor en deur die dak van ʼn pakhuis in Pinetown, KwaZulu-Natal, geploeg het (Foto: Verskaf)

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy glo beheer oor sy vragmotor verloor en deur die dak van ʼn fabriek se pakhuis in Pinetown, KwaZulu-Natal, geploeg het.

Die fabriek is in die Westmead-buurt aan die onderkant van ʼn steilte geleë.

Leon Fourie, Rescue Care Paramedics se operasionele bestuurder, sê hul paramedici is Maandag omstreeks 11:45 na die toneel ontbied.

Die pakhuis is in die Westmead-buurt aan die onderkant van ʼn steilte geleë (Foto: Verskaf)

“Die vragmotorbestuurder het beheer oor die voertuig verloor. Hy het van die pad af gery, volstoom deur ʼn padversperring gejaag en deur die dak van die pakhuis geploeg,” vertel Fourie. Die pad is op die skuinste geleë wat op die pakhuis uitkyk.

Met paramedici se aankoms op die toneel was omstanders besig om die bestuurder uit die vragmotor se wrak te red.

“Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen. Paramedici het hom op die toneel probeer stabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem is.”

Niemand anders is tydens die voorval beseer nie en die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Maroela Media het navraag aan die provinsiale polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

Videokrediet: Andreas Mathios van Blue Security

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mallie ·

Dis glad nie snaaks nie. Het enige iemand al gesien hoe ry die bestuurders van die trokke? Sommer vier vier langs mekaar op die snelweg, hulle gee nie om of daar n voertuig in die ander baan ry nie, hulle kom net oor en jy moet plek maak of n ongeluk veroorsaak. Haal die trokke van ons paaie af en stel spoor vervoer weer in.

Tanniepetoors ·

As jy wakker word is jou koffie yskoud. Treine kan ongelukkig nie sommer links en regs draai net waar hulle wil nie. Is daar ‘n spoorlyn tot by jou naaste supermark?

Thelsa ·

Spoorvervoer sal NOOIT werk en sorg dat jy jou vars brood, melk en groente by Spar, Woollies, Checkers kry nie. Treine kan nie tot by elke winkel loop nie. Treine kan dit moontlik tot op ‘n sentrale punt besorg daarna moet jy dit weer op vragmotors laai wat addisionele koste veroorsaak wat jou as verbruiker meer geld gaan kos. Wonderlike idee maar nie prakties nie

Menan ·

Dankie tog die drywer is nie dood en dankie tog daar was niemand in die pakhuis nie – dit kon soveel erger gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.