
Die vragmotor het vanaf die M41 tot in die parkeerterrein van die sentrum gejaag. (Foto: Netcare 911)
Groot skade is aangerig toe ʼn vragmotor deur ʼn parkeerterrein van ʼn winkelsentrum langs die M41 in Mount Edgecombe in KwaZulu-Natal geploeg het.
Minstens drie mense is beseer, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die vragmotorbestuurder het Donderdag omstreeks 18:30 beheer oor die vragmotor – met ʼn vol vrag – verloor en met minstens 20 voertuie in die Flanders Mall se parkeerterrein gebots.
Die vragmotor het eindelik langs ʼn muur van die sentrum tot stilstand gekom.
By hul aankoms op die toneel was een van die voertuie onder die vragmotor vasgepen en paramedici kon aanvanklik nie vasstel of daar enige insittendes is nie. Nooddienswerkers sou die voertuie begin skuif sodra die toneel veilig verklaar is.
Die vragmotorbestuurder en die insittendes van twee van die voertuie is lig beseer. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem, het Herbst gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.
Durban – Flanders Center (Update): #TruckCrash pic.twitter.com/I1ztxiwWqj
— Rob Beezy (@TrafficSA) October 10, 2019
- ‘n Sosialemediagebruiker het die toneel soos iets uit ‘n aksiefilm beskryf. (Foto’s: Netcare 911)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Nou wonder ek wie se versekering gaan betaal: die voertuig-eienaar(s) s’n, die vervoermaatskappy (aan wie die vragmotor behoort) s’n of die inkopiesentrum s’n?
Ek net bly alaml is okay en niemand is ernstig beseer nie.
Die polisie ondersoek altyd so insident, maar hoor ons ooit wat het daarvan gekom? Bitter selde.
Wat op aarde is aan die gang met vragmotors en ongelukke?
Waar is die fout – by die bestuurder – is hulle moeg, oorwerk?
by die onderhoud van die vragmotor, – word vragmotors deeglik en gereeld gediens?
by die gehoorsaamheid van verkeersreels – word dit nougeset nagekom of maar geignoreer, is daar nie respek vir ander padgebruikers nie??
Erens is iets verkeerd want daar gaan feitlik nie ‘n dag om dat ‘n vragmotor erens in een of ander ongeluk is nie.
Dieselfde geld vir taxis.
dis net altyd vir my verstommend dat daar iemand was wat gereed gestaan het om ‘n video te maak? …