[Video] Vrou binne 40 sekondes gekaap

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn 42-jarige vrou van Chatsworth in KwaZulu-Natal is vandeesweek voor haar motorhuis binne 40 sekondes gekaap.

Volgens die polisie het die vrou vir haar lewe gevrees toe die kapers haar in ʼn grys Toyota Yaris genader het, kort nadat sy voor haar motorhuis in die Crossmoor-woonbuurt stilgehou het.

“Die slagoffer het Maandag by haar huis opgedaag en die motorhuisdeur oopgemaak. ʼn Gewapende kaper het op haar afgestorm, ʼn vuurwapen op haar gerig en haar beveel om uit haar motor, ʼn Hyundai i10, te klim,” het die polisie gesê.

Die kaping is deur ʼn kringtelevisiekamera van ʼn buurman afgeneem. Die beeldmateriaal is op sosiale media gedeel, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het. In die video kan ʼn mens sien hoe die vrou by die passasierdeur uit die motor vlug voordat die kaper daarmee wegjaag.

Die Chatsworth-polisie ondersoek ʼn saak van motorkaping. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Chatsworth hijacking

Posted by Vernon Reddy on Tuesday, January 17, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Weet die trauma van die kapings is die nuuswaardigheid; maar korekte detail soos die maak en model van die voertuig sal help?

Cherokee ·

Maar die berig sê dan watse kar dit is, Johann. Hyundai i10 is wat dit is. Kleur en registrasienommer sou egter ook van pas gewees het. (Seker Gautengers wat in Natal karre skaak!)

Kaufman ·

Dit is belangrike detail. Die publiek moet weet watter karre in aanvraag is. En dalk weet iemand iets wat hulle met die polisie kan deel.

Wonder net ·

By die foto staan daar die video volg onderaan die berig. Waar is die video?

Johannes Meintjes ·

Tragies soos wat hierdie geval ook is, is die bitter feite dat die vyande van geregtigheid, leunaars, boewe, misdadigers, moordenaars en politisie baie meer werk, oefen en beplan aan ongeregtigheid as wat die “opregtes” wat nog oor is onder ons werk aan praktiese geregtigheid.

zoom zoom ·

Was daar nie ‘n beter motor wat hulle kon high jack . Seker net ‘n kar gesoek om sy girlfriend te beindruk

Wendy ·

This is truly shocking. It’s madness. Here I was under the impression only top the range cars gets hijacked – NOT. What’s wrong with people? Hope they catch them sooner than later.

lea ·

Ons moet maar net op ons hoede wees!! Ry maar ou motors lyk my alle motors is risiko !!

Bokram ·

as hulle sulke klein motors begin steel dan is hulle werklik desperaat,dis die wilde weste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.