[Video] Vrou en seun by Polokwane-vulstasie aangeval

Skermgreep uit die video

Skermgreep uit die video

Jeanette Densem (58) en haar seun Tony (28) wat uit Zimbabwe na Suid-Afrika gekom het om ʼn nuwe begin in die land te maak, is Vrydagoggend met ʼn panga by ʼn vulstasie in Polokwane aangeval.

Die aanvallers het ook R10 000 gebuit, die laaste geld wat Densem en haar seun gehad het.

Densem het Saterdag aan Maroela Media gesê hulle is tans by die departement van binnelandse sake om moontlik paspoorte te bekom.

Sy en Tony was met die bus uit Bulawayo na Suid-Afrika op pad toe die bus omstreeks 03:00 in Polokwane stilgehou het. Die busbestuurder het vir haar gesê hulle is die enigste twee wat in Polokwane wil afklim, en hy sal hulle in die middestad aflaai.

“Ek ken glad nie Polokwane nie. Ek het gedink as dit die middestad is, dan sal daar mense en beweging wees, maar dit was doodstil by die vulstasie waar hy ons afgelaai het,” het Densem verduidelik. “Ek het by die kiosk vir die mense gevra of ons dalk ʼn taxi kan kry en ʼn ouerige man het vir ons gesê hy sal dit vir ons reël. Ek het gedink ons kan hom vertrou, omdat hy ʼn ouer man is.”

Volgens haar het twee mans in ʼn ongemerkte voertuig by hulle stilgehou en hulle in die motor ingeboender en die deure gesluit. “Hulle het met ons begin rondry, en gesê hulle sal ons na goedkoop akkommodasie neem. Na ʼn ruk het ek gevra hulle moet ons eerder aflaai, want ek hou nie van die rondryery nie. Hulle het ons gelukkig by ʼn vulstasie afgelaai en gesê ons moet tot ligdag daar wag tot ʼn taxi ons kan kom haal.”

Sy verduidelik hulle het ook eers oor die bedrag gestry wat hulle moet betaal vir die rondryery. Sy het uiteindelik vir hulle R210 gegee uit ʼn beursie wat sy om haar middel gedra het. Die R10 000 kontant was ook in die beursie.

Kort daarna het twee mans haar en haar seun aangeval. “Hulle het ons met die panga geslaan. Die aanval hou nog ʼn paar minute lank aan – wat nie op die video te sien is nie. Ons was in die donker en hulle het ons in die pad gestamp en my seun geskop en my ook met die panga oor my rug geslaan.”

Die personeel van die vulstasie het gevlug.

ʼn Ambulans en veiligheidsbeamptes het opgedaag en haar en haar seun behandel. “Die aanvallers het toe egter reeds gevlug,” het sy verduidelik. Sy en haar seun is na ʼn hospitaal geneem en is Vrydagmiddag omstreeks middagete ontslaan.

Die personeel by Jacaranda Lodge in Polokwane het hulle oor Jeanette en Tony ontferm en vir hulle Vrydagaand gratis akkommodasie aangebied. “Die vrou het gesê ons kan selfs tot Maandag bly as dit moet. Sy het vanoggend vir ons jogurt en ander goed gebring om te eet.”

Densem verduidelik haar broer woon in die Verenigde Koninkryk en hy het haar laat weet dat hy hulle sal kan help as hulle tot in Suid-Afrika kan kom. “Hy wou ons glad nie in Zimbabwe help nie, want dit sou nutteloos wees om daar te probeer reëlings tref.”

Haar pa is in Zimbabwe oorlede nadat die regering drie van sy plase onteien het. Sy en Tony woon ongeveer 20 km buite Bulawayo. “Mens kan dit nie eintlik ʼn huis noem nie. Ons het nie ʼn motor nie en ons het ook nie eers ʼn geiser nie. Ons maak water warm op ʼn houtvuur buite die huis. Ons sal nou soontoe moet terugkeer.”

Tony het ʼn tydelike pos gehad om sweiswerk te doen. “Hulle het vir hom gesê hulle sal hom permanent aanstel, maar toe het hulle sy salaris gehalveer. Dis baie moeilik om werk te kry in Zimbabwe – dis gewoonlik ver uit die dorp en mens het nie vervoer nie.”

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

WAARSKUWING: Die video kan kinders en sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Jacquelene Louwrens ·

Goeie dag…indien daar verblyf probleme is…kan jul my kontak hul kan by ons aan huis kom bly vir n volgende paar dae…sodat ons kan probeer help om met hul familie in aanraking te kom
God bless

Dirk Gouws ·

Ek is bereid om hulle vir n maand gratis huisvesting en kos te gee en die seun kan vir proeftydperk van n maand by my op my plaas werk.

Miemie ·

Dirk Gouws dankie dat jy bereid is om die Ma en seun tehelp hoop hul kontak jou die seun klink na n regte staatmaker

Ano ·

Dankie Dirk Gouws. Hoop iemand kan hulle kontak en jou aanbod aan hulle oordra. Mag jy geseend wees.

Charmaine ·

Dirk….ek wil huil van dankbaarheid….verder kan ek niks of mag niks se nie. Is dit moontlik dat jy kan probeer om hulle op te spoor asb….God seen jou en jou plaas….ek sal my kniee stukkend bid vir dit

Gwen ·

Dankie vir jou!!!!! Wens daar was meer sulke mense.

Kan maroelamedia opvolg en deur gee wat gebeur met hierdie mense?? Asb

Teresa Pelser ·

Jy is ‘n goeie mens. Dink jy moet die lodge kontak waar hulle ingeneem is en met hulle so in kontak kom. As jy hul helo asb laat weet hier dat ons ander ook iets kan bydra.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dirk

Dankie, ek het vir jou ‘n boodskap per e-pos aangestuur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gallie Vermeulen ·

Dirk baie dankie dat ju bereid is om hierdie vreemdelinge te help. Ek is baie dankbaar vir hierdie onbaatsugte daad van vriendskap . Ek wens daar was meer mense soos jy in hierdie land. Ek weet dat die mense in PIETERSBURG se harte nog op die regte plek sit. Baie dankie weer n keer. Die Here seen jou. Groete.

Yolandi ·

Dirk jy en die mense van Jakaranda logde Is so so amazing! Julle sal sommer tonne Seëninge ontvang!!! Al doen mens net een keer iets vir iemand anders het jy ‘n verskil in iemand se hart gemaak!

AL ·

Hierdie aanvalle is uiters kommerwekkend! Ons sal ons gereed maak en voorberei. Dis tyd dat ons internasionale steun kry. Verenigde Koninkryk moet weet van die plaasaanval waarin Sphor vrou dood is en die geval nou.

Dermond ·

Dit is weereens ‘n goeie voorbeeld van die wanorde waarbinne ons bestaan

eddie ·

Ook bereid om te help. Bly in Mosselbaai. Ons moet probeer om die mense uit Zimbabwe te hou.Is daar nie nog samaritane wat wil help nie.?(Afriforum kan jul help.)

MerriMoon ·

Dit was ‘n beplande aanval. Iemand het daardie aanvallers wenke gegee

Jane ·

Natuurlik het almal saamgewerk, van die ‘taxi’ wat hulle op die verkeerde plek afgelaai het tot die man wat hulle rondgery het. Natuurlik toe hulle die geld uithaal om te betaal het die ander die ander geld in hulle besit gesien en solank die ‘manne’ by die vulstasie laat weet dat hulle geld by hulle het. DIt is SKOKKEND dat onskuldige mense wat ook vlug uit ‘n GODVERLATE land hier kom skuiling soek, en dan verder aangeval en aangerand word. BAIE DANKIE vir almal wat bereid is om te help. Ek GLO ons Suid Afrikaners het dit nog in ons om te help, van akkommodasie tot WERK vir die seun. EK bid en glo dat die gemeenskap hulle sal help al is hulle vreemdelinge.

Carol ·

Wat het nou van haar broer geword in Engeland. Siestog hemel die arme mense.

Cacophony ·

Daar gaan nou seker gesê word hulle is onwettig in die land so die polisie kan nie optree nie. Doe ouens wat hier so lekker werk aanbied dis baie noble van julle maar moet mens nie eers seker maak of werkspermitte wns uitfesorteer is want as jy jou oë uitvee kry jy dalk net ‘n boete vir onwettige immigrante.

Clyvia ·

Dit is so hardseer. Dirk Gouws en Eddie julle is goeie mense. Hulle vlug uit Zimbabwe uit net om hier in Suid-Afrika soos diere aangeval te word. Wat gaan van ons pragtige land word??

John ·

Gaan die cANCer regering enige kommentaar lewer hieroor? Sabc nuus?

Zak ·

Ek voel uit my hart vir hierdie mense, die ding is net, ons sien en lees baie van sulke voorvalle teen wittes. Wat help dit, ons is aan onsself oorgelaat, Niks en niemand het al tot ons redding gekom nie. Geen politieke party, nie n kommando niks nie net n gepratery.

Deon Koegelenberg ·

Ek wonder het julle ook opgemerk hoedat die twee [ek weet nie of dit die petrol joggies was nie] blits vinnig verdwyn het toe die aanvallers met die aanval begin . Hulle het blitsvinnig padgegee

Lynette ·

Moenie my kruisig nie, net n paar vrae. Plase in Zim is donkiejare terug afgevat, waarom word dit genoem? As broer in UK kan help hoekom net tot in Polokwane ry? Waarom nie tot in Jhb? Waar het hulle R10,000 vandaan gekry? Was dit nie 10,000 zim dollars nie? Sonder om snaaks te wees, daar is iets fout met hele storie.

Boerseun ·

Lynette, lees meer. Al die plase is nie gevat nie, daar is n paar ouens wat bob nog gefund het ens. Vir jou inligting is 6 van 10 rykste mans in Zim wit. Als is nie n DSTV verhaal met n komplot nie.

J ·

Ag Lynette maak nie saak nie.Al jou vrae gaan lees die berig en kyk die video. Het jy nog enige vrae. Maroela het julle dalk n bank rekening waar ons kan help met fondse tot hierdie mense op hulle voete is asb.

Chantal ·

Lynette weet duidelik nie mooi wat aangaan nie. Plase wat gevat is is ook 80 persent Suid afrikaanse boere wat erfplase in zim gehad het. Voel jy nie die pyn wat die tannie en haar seun deurgemaak het daardie.aand nie. Zim handel nie meer in zim dollars nie so die 800 usd wat sy moes geruil het vir 10 000 rand het hulle so hard voor gewerk. Ons hele familie het plase daar verloor. So asb voor jy sulke kommentaar kwyt raak dink aan die mense daar en kry jou feite reg

Mariana ·

Man dit is ‘n skande wat in ons land aangaan. Wat erger is dat die omstander net kyk of weghardloop instede van om ‘n medemens te help. Dit maak mens siek. Baie dankie aand die mense wat wel nou help. Julle is die beste.

christelle ·

Mariana jy se nog van omstanders wat net kyk of weghardloop, ek is Dinsdag einste in Polokwane amper beroof terwyl ek by rooi robort wag met my baba in kar. Ek het my longe uit gegil en gelukkig hardloop twee toe weg. Die omstanders het so gelag soos jy nie sal glo nie en niemand het hulp aangebied nie.

Noordwes ·

Gemors! Lafaards! Lynette, die storie is vir my minder belangrik as dit waardeur die 2 mense is. Daai werkers wat weggehardloop het is ook lafaards!

Bang in my "eie" land... ·

Video maak my net nog banger in my die land… Hallo! Amal sê ons moet plan maak… Eks n gewone Ma met kinders… Ek weet nie hoe of waar om te begin nie… As die bollie nou oppad is, soos amal sê, moet daar iemand(groep) wees wat vir ons ‘n plan kan gee… Amal sê ons moet voorberei, maar hoe en waar???? KAN IEMAND ASB MET ‘N PLAN KOM, SODAT ONS WEET WAT OM TE DOEN DIE DAG AS DIE AKSIE BEGIN. ASB!?!?

werner ·

Al gehoor van die Suidlanders?
Hulle HET n plan,maar almal lag mos vir hulle!
Hulle weet hier kom groot moeilikheid. Hulle het plekke van veiligheid en salvir jpuse wat om nou al bemekaar te maak. HULLE gaan die enigstes wees wat oorleef. Did mense wat DINK.
Kontak hullevir n plan.

Jaco ·

Gaan na Suidlanders se webtuiste vir meer inligting aangaande die noodplan.

Ekke ·

Sluit aan by jou plaaslike kommando korp of suidlander groep

Dorette ·

Liewe hemel, ek kan nie glo dat die ander mense wat daar was, waaragtig weggehardloop het toe die panga uitgepluk word nie!!!!! Siesa, al is die mense wat aangeval word nie dieselfde ras as hulle nie, sou mens ten minste verwag het dat hulle die mense sou help.

Boerseun ·

En nou waar is die broers wat ook daar rond gestaan het, en dan wil sommige van julle maroela lesers weet hoekom ons kwaad word as ons geld vir kinders in Nkandla gaan. Gaan een iets se, ek staan enige dag met die laatjie voor ek met julle klomp DA stemmers staan.

eddie ·

Sue,ja dit het my ook gepla totdat ek duidelikheid kry dat hulle daardie tyd deur die bus daar afgelaai is.Toerbusse ry dwarsdeur die dag of nag.

Johann ·

Ek voel inig jammer vir die mense wys jou net ons mooi land het in ‘n hool hok ontaard, geen dissipline van watter aard ook al

ada ·

Ek het soveel respek vir almal wat hulp verleen. Die jong man het mooi sy man gestaan teen twee aanvallers en dan moes hy sy ma ook beskerm. Dit raak al hoe erger mense. Ek is bly hulle uit Zim uit.

Valerie ·

Bly hulle is uit Zimbabwe uit? Ada, ek verstaan wat jy sê, MAAR dan kom DIT met hulle oor in die EFF se hoofkwartiere? Ek kan my nie die mense se teleurstelling indink nie; die verskriklike angs en vrees. En dit geld vir alle mense wat uit vrees na SA stroom en wat dan vermoor word, ens.

Ek stel voor hulle gaan na ‘n ander land toe; Namibie, Botswana, friggin’ Lapland. Lyk dit of dit enigsins beter gaan in SA? (Wel, volgens RSG is die plek net “fantasties,” die kamtige reënboog gedroggie.) Is al so moeg vir al die propaganda dat ek ‘n lewendige swart mamba deur ‘n strooitjie kan opsuig en uitspoeg.

Wat is die ergste van die video? Niemand help nie. Wow…

Dirk en Jaquelene: daar behoort strate na julle vernoem te word. Nee, wag, voorstede…of nog beter: ‘n stadion na elk.

Patricia ·

Ek kry hartkloppings as ek dink waardeur die arme mense is. Dalk n bankrekening waarin ons iets kan betaal?

Oni ·

Wat ek hier op video aanskou het, was soos n klomp dol honde. Daar is niks wat so-iets kan regverdig nie.

Johan ·

Ek will graag n voorstel maak aan al die plaas boete.
Daar is baie huis loose Afrikaans mense in ons straat. Meete van die vok wat aan geval word is Allen op hulle please. En ek verstaan vandag se lewe is almal te bang on mense te vertrou ( wit of swart). Maar ek dink dus tyd om mekaar te begin help. Kry ons mense van die straat af. En begin waar ons harte le, en waar ons begin het. Op die please!!!!

danie ·

Sue lees weer dan sal jy sien waar die tyd inpas. Moenie iets soek wat nie daar is nie. Wees eerder bly dat hierdie mense gehelp kon word. Dankie aan almal wat help. Geseend sal julle wees.

Justice ·

Dit is ongelooflik om te sien hoe hierdie dapper jong man ongewapen sy ma se lewe beskerm teen onder andere die panga man. Vir die persone wat hom `n werk aangebied het – baie dankie – ek het geen twyfel dat hy oor die karaktereienskappe beskik wat julle nie teleur sal stel nie.

Andrea ·

Beslis! Dapper jong man! Baie dankie aan almal wat help. As daar dalk n bankrekening is waarin mens geld kan inbetaal, kan ons ander ook help.

lien ·

Dirk ek wens alle suid Afrikaners wa soos jy God Sal nou seen ……my twee seuns kry glad ni week in…..vandag wil meeste mense armes uitbuit goedkoop arbeiid eks all gese ek sal tot bydrae vir n salaries vir hulldte betaal gaan in oor di geld in ek wil dat hulle moet werk end Vedanta lords like grioot mense word end hier help jy Wilde vreemde mense dit gee nense weer hiip

Gawie ·

Maroela Media. Wil julle nie asseblief videogrepe in ander formaat as Facebook saam nuusberigte publiseer nie?

Anti-Facebook ·

Janee. Daar is van ons wat glad nie op Facebook wil registreer nie.

eddie ·

Gesoek na Jakaranda Gastehuis(lodge) op Polokwane se tel nommer.Nie op Telkom of Google nie.SAPS kon slegs adres verskaf.Sal die mense wil help en as hulle tot by my kom sal ek verblyf verskaf.

Johann ·

Vryf die video onder Zoemta se neus en beopdrag hom om die gespuis behoorlik te laat opvoed

Vragie ·

Ek is dankbaar hulle is lewendig. Ek wil net daardie bus drywer vra kan hy nie eerder hulle by gaste plek af gelaai het en dan hulle gese het om ander vervoer te kry nie of is hy deel van die aanvallers??
My enige simpatie aan die arme moeder en daardie seun het sy man gestaan daar Maroela Media mense wil hulle help asb voorsien hulle kontak besonderhede of bank besonderhede. My moeder as self al so aangeval op dag lig ek was n 16jarige meisie en het die man agter na gesit my ma se handsak terug gekry toe pluk hy n panga teen my keel en toe hy net begin liggies sny pluk my ma my terug ja dit was onnodig vir my om seker te hardloop maar dit was my ma se enigste R1000 wat sy oor gehad het. Sy werk hard vir haar geldtjies en dan is dit net so weg gevat op wreede manier. EK GUN DIT AAN NIEMAND NIE. SO JAMMER VIR WAT HULLE MOET DEUR GELOOP HET.

genade vir almal ·

vandag met twee mans van myvouderdom +-60 gepraat. ons het aldrie vir bbbee maatskapoye gewerk. so maklik how hulle gou gou n klag teen jou fabriseer en jou ontslaan. ons sit nou al amper twee jaar werkloos. soos iemand hierbo se al wat ons nou kry is goed koop aarbeid. ook net n week of twee per jaar. goed vir die jobg man om werk te kry. ek wens dit was moontlik om die “oog” op hierdie gespuis en ander soos hulle wat net wil vat, steel, aanrand, Moir en verkrag te sit.

Christa ·

Tony,
My comment is in English, because I believe it is a language which both you and your Mom understand. Firstly I have the deepest respect for the way you fought to protect your mom.
You are one brave young man!
Sue, you are truly blessed with a son who earns our respect.
May God open the road for you to reach a place of peace and prosperity.

"Eksê" ·

Jan Pieterse, ek persoonlik glo nie dit was ‘n rassisiese aanval nie. Ons haal elke dag asem in ‘n siek stelsel. Eks ‘n swartman, maar leef in angs seker op ‘n hoër graad as witmense, want ek slaap en woon tussen hierdie karakters. Hulle slaan deesdae toe so vanaf 08:00-12:00, want toegang is makliker jy hoef nie deure te breek nie.
Probeer om ‘n ontwankelbare verhouding te bou met die “car guards” by winkel komplekse. Hulle is die eerste wat jou sal waarsku wanneer dinge begin hand uitruk.
Is dit nie wat bybel profesie voorspel het in II Tim 3:1-5 nie?

eddie ·

Ekse. Jy het n punt beet. Miskien as ons die euwel van misdaad kan baasraak sal dit dinge vir ons almal baie makliker maak om saam te bly

Delia ·

@”Ekse” : Ek hoor wat jy se en ek stem saam met jou en Eddie. Die regering (LW ek se nie “ons” regering nie) is siende blind en horende doof vir al die misdaad in die land….
Dan wil ek ook net se hoe goed dit my hart doen om jou pragtige Afrikaanse kommentaar te lees…..!

Jane ·

Baie dankie dat jy dit met ons deel. Soms voel mens so alleen as jy hierdie goed sien. Dit lyk asof almal die minderhede teiken, terwyl dit obvious is dat swartmense ook aangeval word. Dalk nou met sosiale media en videos en selfone het dit net meer SIGBAAR geraak. Voel sommer weer hoopvol .. ek glo ons moet ALMAL teen misdaad saamstaan en ALMAL moet hulle afkeur daarin uitspreek. Ons werkers is net so bang om in die oggende stasie toe te loop want hulle word aangeval deur mense wat in die bosse bly, hulle beursies en selfone word gegryp en hulle word aangerand. Soos Buthelezi die naweek gese het .. ALMAL MOET MISDAAD veroordeel, moenie voel dit is OK as dit teen ‘n ander bevolkingsgroep is nie. DANKIE EKSE!!

Koos ·

Al, ek stem met jou saan. Die tyd het aangebreek om hierdie moorde en aanvalle op wit mense onder die buiteland se aandag te kry. My voorstel is om 50 vrouens te nomineer en hulle oor te stuur na Amerika om vir Donald Trump te gaan sien met bewyse van wat hier aangaan. Mense oorweeg my voorstel dat dit gereel kan word!!!!

Riki ·

Almal wat nie facebook het soos ek, google “Elderly woman and son attacked with panga in Ladanna, Polokwane Youtube” om die video te siem. Jammer ek sukkel om die skakel ge-paste te kry.

Amanda Landman ·

Ek sal ook graag ietsie wil gee om hierdie mense te help, Kan iemand vir ons laat weet hoe kan ons help?

rafel ·

Hoe sleg moet dit in Zim gaan vir blankes om SA toe Te vlug….arme mense gedink dit is beter hier…wat n grap. Gaan Engeland toe. Hoop hulle kom reg met haar broer wat wel daar is. SA is oppad hel toe. The last outpost no more.

Afrikaanse Knaap ·

Julle mense se mooi harte maak my so trots om ‘n Afrikaner te wees. Ek sou ook graag bietjie wou help as daar ‘n bank rekening is?

Was die nou ‘n Afrikaan ma en seun wat deur ‘n paar boerseuns geslaan en gepanga is, dan was dit nou weer wêreld nuus. Ons politici se skeinheiligheid maak my fisies naar.

Dankie aan Maroela Media vir die blootstelling en feite wat ons raak wat julle aan ons deurgee. Hierdie insident is nêrens anders te kry nie.

My bloed kook behoorlik ·

My bloed kook, laag & gemeen, lafaards met pangas. Papbroekige personeel, ek vermoed jul het ten minste Polisie geskakel. Hul moet gehelp word om uit die land te kom, help hul om met die broer in verbinding te tree. Wat n verleentheid en dankie vir cctv footage. Ek gaan dit beslis versprei sover moontlik.

Net ek ..... ·

Sulke gevaarlike, geweldadige gevalle word al hoe meer algemeen in die omgewing van Polokwane.

Die Probleem lê nie by die gemeenskap van die area nie, maar by die Buurtwag (CPF) van die Spesifieke area en omliggendde gebiede.

Die Kastige CPF in Polokwane (in die geval Ladanna) wakker rasse haat aan, verdeel die gemeenskap, en volg net geen reëls (wette) nie.

Die CPF sit net ń gesig voor vir die gemeenskap, maar is eintlik die grootste, ongemanierde, trigger happy; rasiste op aarde !

Die storie het waarlik meer vleis op die been as wat daar vir julle vertel word …..

Mense maak oop julle oë …

Diegene van julle wat die area ken in Polokwane sal weet, voordat die CPF hul pote in ons gemeenskap ingedwing het, met hul “Eugene Tereblanche” ideologie, sou daar nooit so iets gebeur het nie.

Ongelukkig skuil die CPF agter die idee dat hul “saam die polisie werk”, en daarom maak hul nes hul wil!

Diskrimineer, Viktimiseer, en skep profiele van “moontlike kriminele” gebaseer op die kleur van hul vel.

Wit & Swart kommunikasie word ook verbied deur die CPF, in die presiese en omliggendde gebiede van Polokwane.

Ek daag enige lid van die gemeenskap uit om my observasie te toets …. die CPF is ń klomp onopgeleide rassiste, met geen emosie, omgee, of net so klein bietjie kompasie vir die mensdom nie !

CPF …. Julle het die gemeenskap blootgestel aan die haatdraende karakters, rasse haat aangepor en kyk nou …….

André Kruger ·

Net-Ek, jy klink soos een van daai stoepsitters wat oor alles kla. Is jy deel van die buurtwag? Ek glo nie want die aantygings wat jy maak is verregaande. CPF of GPF is die kanaal wat die gemeenskap gebruik om dinge onder die aandag van die SAPD te bring, die buurtwag gee weer inligting deur aan die Gpf(Gemmenskap Polisie Forum)
Jou observasie agv jou onbetrokkendhied is VERKEERD, raak deel van die oplossings, nie die probleem nie

Piet ·

Kan iemand help waarvoor staan CPF is dit n blanke organisasie voel vreeslik jammer vir moeder en seun sterkte julle

Pieter Ellis ·

CPF is Community Policing Forum. Dit is soos Buurtwag met ander woorde.

Koos ·

Net ek, jy praat deur jou nek!!! Jy is heel van die pad af!!

SP ·

Ek kan nie glo dat die Suidlanders nog bestaan nie, nou moet hulle nog so n geval gebruik om hulself te bemark

Boeta ·

Julle sal sien, sodra die pôpô die fan strike, is die Suidlanders skoonveld.

Asb. ·

Skande Sies wat ‘n prentjie..?almal sukkel net om dag vir dag veilig te oorleef. Uit dankbaarheid wil almal LEWE Dis die bose wat ons wil verdeel en teen mekaar laat werk …luister dink voor jy praat werk PRAAT alleenlik indien opbouend asb. SAAMSTAAN teen verkeerde ….werk saam die regverdige vir oorlewing BID eerlik en leef opreg. HY weet ALLES die OORLOG nié ons sin maar doen ALS moontlik vir beveiliging los die res vir Die Almagtige Vader.?

J ·

Siestog sp shame ….Dankie vir die besondere mense wat hulp aanbied om ma en seun te help. Sterkte aan almag wat net in dié lieflike land dag vir dag MOET oorleef saam die bose gemors wat net leef vir roof moord ens ens. Hemel Vader beskerm asb die weerlose.

Magda ·

Ek hoop hierdie video gaan “VIRAL’ soos hulle sê dat die buiteland kan sien waarmee ons as Suid-Afikaners te doen het. Misdaad in SA word mos weggehou van die Buiteland af..

tamboti ·

“Net EK” jy gaan so af oor die rassistiese GPF – verf hulle dan hul gesigte swart want in hierdie video is die aanvallers duidelik swart mans?

Sarie ·

Ek het hierdie artikel gelees voor ek die video gekyk het. Dit het my verstand te bowe gegaan hoe mense nog kan vra hoekom wil mense soos Angus Buchan bid vir ons land. Die is een geval van honderde wat daagliks gebeur. Ongeag vel kleur. Net so ongeag vel kleur, raak ALMAL moeg en bang om in ons land, inwoner of besoeker, bang om lewend by jou bestemming uit te kom. Ons lewens is in gevaar, maak nie saak waar jy jou bevind nie.
Mense, of jy nou vir Angus is of nie, of jy nou vir die Enigste Lewende God bid of nie, asb – kan ons regtig net saamstaan – hierdie een keer – of dit by die saamkoms is of nie, net bid vir die geweld in ONS pragtige Suid Afrika sodat die geweld kan ophou. Ons wil OOK vrede he net soos wat daar in ander lande is. KOM ONS BID ALMAL SAAM, ASB!!!

Denise ·

Ons almal weet ons moet bid maar dit gan niks help as ons nie ons eie mense ONDERSTEUN nie en voor iemand my aanval ek help my NAASTE EERSTE !!!!! Ek is baie trots op die seun wat sy moeder so beskerm het teen twee skurke en n PANGA !!!!! Sterkte aan die ma en seun!!!!!

Theresa ·

Verskriklike voorval. Dalk nog deur van die mense van wie hul probeer wegkom (onwettiges wat oor grens gesluip het)? Dalk nie eers S A ners nie. FANTASTIES vir die hulp aanbieders. Hoop Maroela maak gou werk daarvan om die Mnr Gouws wat werk en verblyf sal aanbied te kontak en die mense, sodat hul met mekaar kan kommunikeer.
Hierdie was nou ‘n video wat mens kon sien wat gebeur met ‘n aanval – hoeveel ander mense loop so deur sonder dat ons kan sien hoe dit gaan?? Mag die Here krag gee dat ons hierdie bose kan oorwin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.