Video: Vrou rig vuurwapen op EFF-lede voor Clicks

Die vrou is ná die voorval na die plaaslike polisiestasie geneem. (Foto: Twitter)

’n 52-jarige vrou het Dinsdag na bewering ’n vuurwapen op lede van die EFF by die ingang van Clicks in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gerig.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is vroeër vandag na die Walmer Park-winkelsentrum in Walmer ontbied nadat ’n vrou by die ingang van die betrokke winkelsentrum se Clicks in ’n rusie met EFF-ondersteuners betrokke was.

In ʼn video van die voorval wat wyd versprei word, kan daar gesien word hoe die vrou ʼn klein vuurwapen uitpluk voordat sy dit weer bêre en wegstap.

Volgens Janse van Rensburg het polisiebeamptes die vrou en die betrokke EFF-ondersteuners na die plaaslike polisiestasie geneem waar albei partye aangedui het dat hulle nié enige klagtes aanhangig gaan maak nie.

Lede van die EFF is ná die voorval na die plaaslike polisiestasie geneem. (Foto: Twitter)

Niemand is dus in hegtenis geneem nie en geen saak word ondersoek nie.

ʼn Herrie woed steeds oor ʼn advertensie vir haarprodukte op Clicks se webwerf wat as rassisties teenoor swart mense bestempel is. Die advertensie is onttrek en die kleinhandelgroep het om verskoning daarvoor gevra.

Clicks het Dinsdag aangekondig dat hy TRESemmé-haarprodukte van sy winkels se rakke gaan verwyder en dat alle werknemers wat verantwoordelik was vir die publisering van die advertensie, geskors is. Alle Clicks-winkels sal Woensdag gesluit wees.

Maroela Media het ook vroeër berig dat die hooggeregshof in Johannesburg ʼn dringende interdik aan die Clicks-winkelgroep toegestaan het waarvolgens die EFF en sy leiers verbied word om enige werkers van die Clicks-groep te intimideer of te dreig.

Die hof het die EFF bykomend verbied om enige klante wat die winkels besoek te intimideer of te dreig, asook enige geweld teen die gewone handelsbedrywighede van die groep aan te hits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Johan D ·

Goeie genade, is dit nou nie ʼn bietjie “overkill” om die tannie te boei nie? Gebruik tog net jul gesonde verstand!
Maroela, in jul berig staan niemand is gearresteer nie maar wat soek die boeie om twee mense se polse, dit alleen sê vir my dat arrestasies alreeds uitgevoer was?

Is jy seker? ·

Rig van ‘n vuurwapen… Sy kan bly wees daar is nie klagtes gelê nie. Die hele land was aan die gons oor Clicks & die tannie wil waaragtig waar presies wat doen!?

Johan D ·

Die vroulike beampte het hoorbaar op ʼn video gesê sy is onder arres. Die oomblik wat jy van jou vryheid ontneem word en geboei weggelei word is jy onder arres.
Die tannie het volle reg om daar te wees om vreedsaam haar inkopies te doen en dit is juis wat die hof bevestig het.

Gawie ·

Daar’s ‘n verskil tussen onder arres en in aanhouding (Detained). Aanhouding is om jou net te immobiliseer terwyl die situasie ontlont word – arres is as daar ‘n saak teen jou gemaak word. Die feit dat hulle geboei was, beteken nie hulle is gearresteer nie.

Wilhelm ·

Wonder net hoekom die polisie nie in die eerste plek binne die sentrum was nie.

Willem ·

Hoe vinnig gee hulle pad toe hul sien sy het iets wat seermaak

saggiespraat ·

Hulle is baie banger as wat hulle voor gee. Ek het did al oor en oor gesien

Daleen ·

Lekker tannie… Jy het reg opgetree want die man in die blou hemp het eerste sy hande op jou gele. Lekker gelag toe hy laat spaander toe jy jou vuurwapen uithaal. Jou lafaard maklik om jou hande op ou mens te le maar sy het jou op jou neus laat kyk.

nell ·

‘n Vrou van 52 jaar is nog lank nie ‘n ‘oumens’ nie en is nog heel kapabel en jonk genoeg om haarself te kan verdedig.

Daleen ·

‘n Vrou HOEF haarself NOOIT te verdedig teen’ n man nie Nel (al kan sy) …. As sy moet is die situasie net verkeerd. En ek het die “ou mens” In die lig daarvan geskryf dat die lafaard nog bloedjonk is. So le sy hande op VROU en OUER persoon – dubbele NEE!!

Frans ·

Van wanneer af beteken ‘fine and flat’ wit hare dat dit beter is. ‘Fine and flat’ beteken in die advertensie dun /fyn hare en plat.Die advertensie sê vir my dat Clicks vir al die tiepe hare ‘n behandeling bied.
Om die rede bied ‘n baie bekende persoon op TV bv -Volumemiser’ aan en ‘n ‘spray and lift’.

Hoe dit nou rassisties is sal net die EFF weet-die hele lot moet mi hul skoolgeld gaan terughaal.

Moedeloos ·

Frans dit is waaroor die herrie gaan. As die advertensie omgedraai was dat die blanke dame met droë en kroes hare gesukkel het en die ander dame met plat en reguit hare was daar geen bohaai nie. Maar nou is dit onglukkig andersom en die mense voel daar word teen hulle gediskrimineer agv hul haar styly en tipes. Ek het krul hare en sukkel net so met dit en ek is blank maar ek het geen probleem met die advertensie nie. Maar nou so is SA mos maar.

saggiespraat ·

Nee wat daar sou nog steeds iets verkeerd gewees het. Ek lyk soos a troll in die more
want ek het friss thin hair en moet blow en strait elke oggend….

Dirk Mostert ·

Die liggeraaktheid dui op ‘n minderwaardigheidskompleks.

tweeling ·

Goed om te sien dat die boewe die anderkant van die wapen sien, sal hulle leer.

Maritha ·

Mooi so tannie! Hulle het jou bang gemaak en so het jy opgetree. Moet mens nou wag tot hulle jou rondstamp en seermaak? Di sekuriteit het ook nie regtig gewys dat hulle jou gaan beskerm nie en toe jy dit self doen, toe skrik hulle almal

Anel ·

En daar wen die eff. Produkte word verwyder en winkels sal môre gesluit wees. Komunistiese land!!!

Wakker ·

Ai Tannie, nou gee antie die regering mos rede om ons gewere te vat.

Werner ·

En jy Sal seker oor jou voete val om joune eerste in te gee

Trotse Boervrou ·

….en nog met jou eie vuurwapen geskiet word. Dit is nie ‘n ornament nie.

LANA is ELANè ·

Ja-Nee, in die in die land van die blindes is eenoog koning.
Julius, is seker baie selfvoldaan dat hy mense so kan dryf, uit hul werk kan forseer danksy sy eie politieke agenda wat hy dryf deur tydig en ontydig in die mainstream media te kan kom, net vir gratis publisiteit, hy mense kan dryf na vuurwapens in die hand, danksy die alewige amok en verwoesting wat “ons mense” saai. So siek vir hierdie sirkus waarin ek myself bevind, siek en hooploos danksy politici en hul obskure agendas!!

Persheks Adri ·

Ons gaan weer rassisties wees oor dit julle gaan sien. Die klomp dryf mens na enige iets toe! Ek hoop en bid hul gaan haar nie aan kla vir rig van wapen nie…

Well done tannie ek sou ook presies dieselfde gedoen het indien nie erger nie! Ons is daar vir backup al moet ons optogte gaan hou vir tannie!

Mercia ·

Hoe belaglik! Skree en tantrum soos klein onopgevoede kleuters en dan moet almal gou gou alles wegpak! Maar die kriminele wat petrolbomme gooi op eiendom loop vrylik rond met die gedagte dat hulle krimenele gedrag resultate gelewer het en daarom sekerlik ‘n wenresep is????‍♀️
Gelukkig kry mens Tresemmé by duisende ander plekke…..so nou kan Clicks in my opinie( en sekerlik baie ander s’n) sommer al hulle ander produkte uitsluitlik hou en verkoop aan al die ongelukkige kleuters! Ons grootmense sal voortaan ons besigheid doen by besighede met ruggraat en commen sense!????

Sophia Stefena Hendrika ·

Wonder of die EFF ook die haarsalonne gaan teiken waar BAIE prente op die venster vertoon word van duidelike swart modelle wat hulle hare lank, glad en blond gekry het by die salon. Dis baie duidelik dat natuurlike swart-mens hare nie as die ideaal hier gesien word nie. Dan wonder ek of al die produkte wat swart vroue vertoon wat hulle hare gestrek en glad gemaak het ook verwyder gaan word….Back Like Me het o.a. sulke produkte.

gpsa ·

Rig van vuurwapen is kriminele oortreding. Die tannie kan bly wees sy is nie aangekla nie anders was sy nou waarskynlik in die tronk. Haar lewe was nie in direkte gevaar nie.

Werner ·

Wie se haar lewe was nie in direkte gevaar nie moes sy eers wag dat hulle haar aanval en half dood slaan

Denise ·

gee daai vrou n bells… well done!!… hulle dink mos hulle kan rond ruk en stamp soos hulle wil

Fedup ·

Not arrested, but handcuffed.
No one is allowed to touch any other person. So, they entered her personal space and by the looks of it taunted her.
Good for her to take a stand and defend what space she had.
Now.
Where is our sweet little troll?

gpsa ·

Touch a person not illegal. Enter a persons space not illegal, taunting a person not illegal. Pointing a firearm if not in direct life threatening situation, illegal, criminal investigation, criminal record, confiscation of firearm, and possible jailtime. Do not point a firearm if not planning to use it.

Pieter ·

Sy kon maar net so wel skiet, want sy gaan elk geval tronk toe vir poging tot moord, klaar skuldig bevind.

Elize ·

Sjoe nee tannie! Hulle sal jou met jou eie wapen doodskiet.

SG ·

Ek sou presies dieselfde doen! Hulle kan maak en beek nes hul wil, maar laat iemand opstaan dan is dit onaanvaarbaar! Wel gedaan, tannie!

Strandloper ·

Mooi so…wys jou tande…pasop as ons begin terug byt!

capie ·

Wys maar die smetterige sapd tree net teen sagte teikens op, in die geval n ouerige vrou wat ge-intimmideer word

Gilla ·

Ek kan nie glo dat Clicks waaragtig die produk van hulle rakke onttrek nie. Ek was ‘n getroue Clicks ondersteuner, maar verseker sit ek nie my voete weer in ‘n Clicks nie.

Cornelius ·

Ongelooflik hoe vinnig hulle die wit vrou raakgesien en geboei het.

Michael ·

Vol punte vir die tannie. Ek sou ook dit doen as mens kan sien op die video hoe die eff lid opgetree het. Op die video lyk dit of hy die tannie skrams gestamp het,maar dit sal nie genoem word nie.

Raymond ·

Hierdie hele clikcs afere se tydsberekening is bietjie suspect vir my. Die plaas moorde het nou net wereld nuus geword toe kom die goed nou uit. Amper soos n Bell en potter destyds met Zuma en sy vriende… Maroela kyk of julle boetjie dieper ondersoek kan instel daar. Ek kan regtig nie glo dat Clicks of enige firma so simpel sal wees om so iets vandag te doen nie. Maak nie sin nie…

Corne123 ·

Ja kyk sy is wel uitgelok.Kry ha baie jammer hoop sy n goeie prokereur want hier gaan hare waai in die saak.Hoop tannie kan wel ha wapen behou

Boertjie ·

Nou lees ek op ‘n ander media platform dat die rooi beret brigade later die middag wel teruggekruip het na die polisiestasie toe om ‘n kriminele klag oor die rig van ‘n vuurwapen teen die tannie gaan lê het. Tipies die rooi beret brigade. Doen alles agteraf. Sterkte tannie, daar lê ‘n stywe pad voor!

Estelle ·

Vat verwag julle…..? Ons lewe in SA. Mooi so tannie. Wys net hulle is maar n spul bangbroeke….

Ou gees ·

Geweld teen vroue en kinders…..

DOODSE STILHEID VAN ONS REGERING.

Dié spreek boekdele (weereens).

Frans ·

Dit is verstommend dat selfs op TV-kanale die advertensie totaal verkeerd vertolk en dat selfs die Afrikaanse pers niks doen om dit reg te stel nie.In die advertensie word twee voorbeelde gegee van swart hare,wat baat kan vind by behandeling met Cliks geadverteerde produkte.Die een is ‘dry and damaged hair’ ‘Frizzy and dull hair’ beide verwysend na swart hare.Een ‘fine and flat hair’ wit hare.Al hierdie hare moet behandel word.Dan word een geplaas van wit hare-wat beskryf word as ‘normal hair’.Dit is baie duidelik dat dit versorgde,dus behandelde wit hare is waarvan sommige selfs gevleg is.
Dit is dus hoe ‘fine and flat hair’ na behandeling sal lyk.Die advertensie is mi gebrekkig omdat dit nie wys hoe swart hare na behandeling sal lyk nie.Dit kan nooit rassisties wees-maar wel mi ‘n totale gebrek aan taalkennis.

Danie ·

Stupid bitter stupid.
En die laaste keer dat sy ‘n vuurwapenlisensie in haar naam sal sien.

Koffiepens ·

Die man het aan haar gestamp en die dame het haar self net verdedig (of hom op die manier gewaarsku) voor die stampery hand uit ruk.

Johan ·

Ek kan net nie verstaan hoe die eff weg kom met al hierdie onwettigheid van hulle nie. Is die anc en die polisie dan nou bang vir hulle of wat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.