[Video] Vrou sien op selfoon hoe rowers kliënte aanhou

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die eienaar van ʼn gimnasium in Krugersdorp het Donderdagaand op haar selfoon gesien hoe een van haar instrukteurs en twee kliënte in die gimnasium vasgebind en beroof word.

Volgens Susan Fourie, eienaar van die Aroeka-gimnasium in Voortrekkerweg in Krugersdorp, het Natalie van Zyl, ‘n instrukteur by die gimnasium, iets by die deur gehoor en gedink dit is haar man wat gewoonlik kom help toesluit.

Van Zyl is omstreeks 18:40 deur drie gewapende mans oorval en in die gimnasium ingestoot waar sy en twee vroulike kliënte vasgebind is. Volgens Fourie was daar ook nog twee rowers wat buite in ‘n wegkommotor gewag het. “Hulle het die vrouens met kabelbinders vasgebind en hulle van hul juwele en skoene beroof. Natalie het hardop gebid en ek dink dit het die rowers deurmekaar gemaak.”

Volgens Fourie het Van Zyl ook aan die rowers gesê haar man is op pad en dat hy ‘n polisieman is. “Hy is nie regtig ʼn polisieman nie, maar sy het gedink dit sal hulle afskrik. Johan, haar man, het kort hierna daar aangekom en die rowers het hom ook vasgebind.”

Fourie het gesê sy was die dag in die hospitaal en dat sy die aand toe sy tuis gekom het, vinnig op haar selfoon gekyk het om te sien of alles reg is by die gimnasium. Die kringtelevisekameras in die gimnasium is aan Fourie se selfoon gekoppel. “Ek het gesien hoe dit gebeur en het dadelik die sektorpolisie, Chubb en die polisie gebel.”

Van Zyl kon intussen daarin slaag om los te kom en het die paniekknoppie gedruk. “Prys die Here hulle het niks oorgekom nie en dat ons die mans se gesigte op kamera het. Voortrekkerweg het die afgelope ruk erg deurgeloop. Hulle het onder meer al die haarkapper, begrafnisondernemers en ‘n boekwinkel geteiken. Ons vermoed dis dalk dieselfde bende.”

Die polisie kon nie onmiddellik meer besonderhede oor die voorval verskaf nie.

[wpvideo TCIltlpJ]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MADELEINE ·

Liewe Vader van genade! Is jy nerens meer veilig nie! Dis van om te skreeu!!

V ·

Hel nee kyk tot in n gimnasium!!Hul gaan seker nog Sondae mense in kerke ook begin aanval.

Willie van der Sandt ·

Hierdie het volgens die tyd en datum al 3 dae gelede gebeur wil jy nou vir my sê met sulke duidelike fotos kon die drie gemors nog nie vasgekeer word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.