[Video] Vroue in hospitaal ná chaos by Pta-raadsvergadering

Rdl. Elma Nel in die hospitaal. Foto: Verskaf

Rdl. Elma Nel in die hospitaal. Foto: Verskaf

Twee vroueraadslede, van onderskeidelik die DA en EFF, is Dinsdag glo deur ʼn manlike ANC-raadslid aangerand, kort voor ʼn algemene raadsvergadering van die Tshwane-metro in Pretoria.

Die twee vroue, DA-raadslid Elma Nel en EFF-raadslid Anna Masemola, het reeds sake van aanranding en intimidasie teen die betrokke raadslid by die Wonderboompoort-polisie aanhangig gemaak. Nel moes ná die aanval in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem word vir behandeling en Masemola is na verneem word na die Steve Biko-hospitaal geneem.

Nel het Woensdag uit die hospitaal aan Maroela Media gesê ʼn groep beweerde ANC-betogers het die oggend na die munisipale kantore in die middestad opgeruk om te betoog teen die aanstelling van ʼn ANC-raadslid in Wyk 19.

“Van die betogers het in die gang voor die voorportaal van die munisipale kantoor saamgedrom en daar skade aangerig. Die voorportaal se glasdeur het onder meer in die slag gebly,” het Nel gesê.

“Ek het omstreeks 10:00 deur die skare gedruk om tot in die raadsaal te kom, toe die betrokke ANC-raadslid my vir die eerste keer gestamp het.”

Skade aan die deur van die voorportaal.

Skade aan die deur van die voorportaal.

Nel het gesê sy was besig om foto’s van die skare en die stukkende glasdeur te neem met haar selfoonkamera, toe die ANC-raadslid haar hard met sy elmboog in die gesig geslaan het. “Hy het my selfoon gegryp en die foto’s wat ek geneem het, uitgewis.”

Van die betogers het Masemola ook in die voorportaal aangerand, aangesien sy Wyk 19 se opposisieraadslid is.

Skare drom saam voor die voorportaal.

Skare drom saam voor die voorportaal.

Nel het gesê sy en Masemola is vandaar die raadsaal in en is ʼn uur later deur ander raadslede uit die munisipale kantoor vergesel. Die vroue het albei eers klagte by die Wonderboompoort-polisie ingedien vir verdere ondersoek, voordat hulle vir mediese sorg gegaan het.

Volgens Nel het haar huisdokter haar na die Eugene Marais-hospitaal verwys, waar sy x-strale en ʼn breinskandering moes kry. Sy het ʼn haarlynfraktuur in een van haar rugwerwels en nekbeserings (whiplash) opgedoen.

Nel het gesê sy gaan na verwagting nog ʼn dag of twee in die hospitaal moet bly vir behandeling en waarneming.

Die raadsvergadering self is ook ontwrig en in ʼn stadium is bottels en stoele rondgegooi. Verrigting het eers om 01:00 tot ʼn einde gekom. ‘n Video hiervan volg onderaan die berig.

Matthew Gerstner, waarnemende woordvoerder van Tshwane-burgemeester, Solly Msimanga, het gesê ʼn verklaring oor die voorval sal binnekort uitgereik word.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig klagte van aanranding en intimidasie is teen die ANC-raadslid by die polisie aanhangig gemaak is en ondersoek word. Die polisie ondersoek ʼn bykomende saak van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Posted by Shane Maas on Tuesday, September 27, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Alida ·

Shoe maar die ANC is slegte verloorders en dink hulle kan alles met geweld regmaak. Patete !!!

BREEDT ·

Wel die skoen gaan nog op die ander voet vaal.Wag net en jy sal sien hoe sleg is die mense van beide kante.

Rika ·

Pragtige voorbeeld wat vir ons studente gestel word….en dit deur mense wat veronderstel is om ons land te lei. Baie hartseer, maar ongelukig verbaas dit ons nie meer nie.

Ben Esterhuizen ·

Indien die berig korrek is, dan kan daar net een afleiding gemaak word…… die ANC het nou finaal van hero na zero gegaan, aangesien hul nie kan loskom van die party-kultuur om te protesteer, verwoes, aanrand en afbreek nie. Alles ter wille van sogenaamde hervorming…..?! Nonsens, dis bloot hul styl……

Sus ·

Inwoners van Tshwane se geld word telkens gebruik om die skade te hestel. As daar meer regsaksie en vervolging was, sou dit nie die moeite werd vir die skarmunkels wees om te verwoes nie. Waar was SAPS en die metro polisie????

Jean ·

Nou ja toe . is die ANC nou nie ‘n wonderlike voorbeeld vir SA nie. Sjoe, mans wat vroue aanrand? Hoe wil julle hierdie land laat vooruit gaan as daar steeds soveel diskriminasie en aanrandings is teen vroue? Die probleem is nie meer ras nie, dis ONGEMANIERDHEID.

SkarrelKind ·

Ek wil regtig nie meer in die land bly nie. Hierdie tipe goed gaan my beroerte laat kry, werklik waar. Ek kan nie sien wat en hoe dit gaan beter raak nie en dit is hartseer en skokkend. Mens kan NIE SO enige vooruitgang maak nie. Wat gaan van ons word?!

Johan ·

Toe die ANC aan die wenkant was het hulle hard aan die demokrasie woord geskreeu, maar nou bestaan dit blykbaar nie meer nie.Hoe nou ANC

Van ·

Ja wel nou fine…… slegte verloorders is n understatement. Die tor is heeltemal van die scaffolding af hier!?

Tweetie ·

Ai tog, as jy nie kan opgehef word nie, dan trek jy maar almal saam met jou afgrond toe.

Chrisjan ·

Dagvaar die ANC dat hulle betaal vir die skade wat aangerig is. Nie met ons taks geld nie dankie.

LOL ·

Hulle raak nou kwaad want die beursie wat hulle heel tyd besteel het word nou toe gesluit . DIEWE .

Johannes ·

Ons wou dan so graag met die ANC terroriste onderhandel in die 90’s…

Pietman ·

Dis waar! Die “verligdes” darem. So goed jy onderhandel met ‘n tronkvoël om ‘n goeie bankbestuuder te wees.

Jeni ·

Styl kan nie gekoop word, dit kom van hoe jy opgevoed is, as jy swak opgevoed is, kan jy in die hoogste pos wees, dan is dit niks werd!

Elize ·

Vroue word deur die mans in ANC aangerand, wat word van hulle veldtog ten aansien van mishandeling teen vroue – zero.

Niks wat die klomp se of doen kan my meer verbaas nie.

Dit is skandalig en dit wys maar net waarin het ons land verval – chaos!

Gert ·

Wonder hoe gaan dit by sy huis, vrou word ook seker geslaan. Snaaks dat HULLE alles met geweld wil oplos ! RSA wat ‘n surkus is ons net nie….

Wern ·

Selfbeskikking is enigste antwoord, ons moet nou regtig begin met die regering daarvoor onderhandel.

Brood ·

Hahaha, wil jy alweer met die terroriste onderhandel. Nog nie jou les geleer nie.

Albert Marais ·

Hoekm word dit nie op SABC se nuus uitgesaai nie?? Te groot verleentheid vir die egte waarheid? Ai ” Mossie moet gaan le” het seker weer n vinger in die paai

Ww ·

En wat se die ANC vroueliga nou of is stilswye hulle goedkeuring stempel

Asjas ·

Dit was Augustus, nou September is seker geweld teen vroue en kinders maand sodat ons volgende jaar Augustus weer Vrouedag (vakansiedag) kan kry ;-)

Flippie ·

Ek wil nie weet eat gaan gebeur as die ANC die verkiesing heeltemal gaan verloor nie.

Sê net ·

Gelukkig weet die 2 dames wie dié dapper anc raadslud is wat sames aanrand. Dagvaar hom in persoonloke hoedanigheid vir pyn en lyding asook sy party en sy predident. Maak ‘n GOEIE voorbwrld. Dalk is daae CCTV kameras wat andrr skuldiges ook kan uitwys. Vervolg die hele ou spul

Basson ·

Ooit gedink ‘n ‘bevrydingsbeweging’ glo REGTIG aan demokrasie?????

Nee, dit gaan oor totalitere MAG!

Esmerelda L ·

As ek genoeg geld gehad het om as n gesin te verhuis na Australia / Canada / NZ sou ek al daar gewees het maar dis te duur En dis hoekom ons Orania toe gaan trek! Alles ruk hand uit hier en daar word net mooi niks gedoen omtrent dit nie.

CAV ·

Dit is die gedrags-kultuur wat deur die ANC self gekweek was. As jy nie jou sin kry nie, dan breek en brand jy maar af……

Franna ·

Van Zyl Slabbert het net na die ’94 verkiesing wat die ANC gewen het gesê dat die toets van die demokrasie in hierdie land gaan wees as die ANC die mag verloor. Die Here help ons.

John ·

Dink net, as hulle so tekere gaan oor ‘n stad wat hulle verloor het hoe gaan hulle nie optree as hulle die nasionale verkiesing verloor.

Pam ·

Patetiese spul verloorders ! Alles moet vernietig word as hulle nie hulle sin kry nie. Nes klein kindertjies moet die speelgoed uit die kot gegooi word en gooi hulle n vloer moer ! En dan verwag hulle respek ! Vergget dit………gaan weer skooltoe en leer maniere en respek !

Michelle ·

Nee regtigwaar, ons land is oppad in die afgrond in, geen land sal saam Suid Afrika wil staan in die gemors nie.. suur druiwe deluxe

lorayne ·

Baie sterkte Elma Nel en Anna Masemola! Dit was absoluut barbaarse optrede teenoor julle, en ek bid dat geregtigheid sal geskied. Nou wonder mens waar kom die klipgooiende brandstigters op die kampusse aan hulle wanopvoeding?

Lance ·

Uiters barbaars en maar slegte verloorders die anc ne …wens nou net zuma wil pad vat …maar moet seker laaste bq probeer steel …

Neels ·

Goeie voorbeeld…as pa en ma so optree in amptelike en nasionale raadsale…dan maak die kinders so op die Universiteite se gronde…uiters swak en onopgevoed. In enige volwasse demokrasie onderhandel mens oor menings verskille

Vroueslaners ·

Vroueslaners, kinder oordenaars, verkragters en n sekere regter se aanmerkings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.