[Video] Vrystaat-gemeenskap pleit om ramphulp

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Namate die droogtegreep in die Vrystaat verstewig, word trekkers, bakkies en vragmotors ingespan om water aan te ry vir dorstige gemeenskappe. Dis nou al weke lank ’n alledaagse gesig op Senekal.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius van der Walt ·

magashule koop voertuie van 6milj en daar word nie gehelp met die droogte en boere nie verkiesing is belangriker as mense onthou mense se stemme is wat julle nodig het om te stem

Elmarie Pretorius ·

Ons bid en dra alles boere op in God se beskermde hande en BID VIR REEN GOD IS GETROU EN ONS MOENIE FOKUS VERLOOR HOU OË GEVESTIG .

Tiekie ·

Dit is hartverskeurend dat die boere so swaar moet kry sonder enige ingryping. Ons Sektorlede het almal gevra om 2 liter bottels water vol te maak vir die Vrystaat en het ons in een dag 12 000 liter bymekaar gemaak. Dit is net een sektor, al die ander sektors in ons gemeenskap het dieselfde gedoen en al die bottels met water word Saterdag deurgevat Vrystaat toe. As ons almal saamstaan kan ons tog wel `n verskil maak, al is dit ook hoe klein, elke druppel water sal waardeer word. Spring asb in in julle gemeenskappe en maak ook `n veskil in hierdie mense se lewens, hulle het al die hulp nodig wat hulle nou kan kry.

Johannes Meintjes ·

Die hitte en droogte het groot nadelige effek op SA, Suider- en Wes Afrika. Hoe kan dit in die toekoms vermy word? Grondwater raak ook minder. Kan ons nie water ontsout uit die groot oseane rondom SA, of soos die Arabiere groot ysblokke in Antarktika gaan haal?

Cobus ·

Seewater ontsouting werk net aan die kus en is baie duur om te bou en te bedryf. Mens kan seker sulke ontsoute water in na die binneland pomp maar waarheen nou regtig? Mens weet mos nie aan die begin van n projek watter plekke n krises sal hê nie. Dink eerder aan grondwater ontgunning (baie beter). Ys blok: nee, hoe gaan dit nou werk… dis net n moeilike jaar nou, volgende jaar is weer beter.

Johan ·

My binneste ruk wanneer ek die berigte lees en fotos sien van die droogte in die land, spesifiek in die Vrystaat. Ek is ‘n Vrystater en my ouers het ‘n plaas verloor as gevolg van droogte.
My grootste dankbaarheid gaan aan die helde en heldinne wat ongevraagd water aanry na dorpe…!!!!
SALUUT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.