Video: Vuisgeveg ontsier EFF-hoofkantoor

‘n Skermskoot uit die video.

Die land se derde grootste politieke party, die EFF, is al weer in die nuus oor geweld en vuisgevegte – en hierdie keer slaan hulle mekaar.

Ter sprake is ʼn gewelddadige stryery in die EFF-hoofkantoor in Johannesburg tussen die party se sekretaris-generaal, Godrich Gardee, en ʼn voormalige EFF-lid wat reeds verskeie kere die perseel verbied is, Abednego Mathole. Die voorval het reeds in 2018 plaasgevind maar die beeldmateriaal het nou eers aan die lig gekom.

Die EFF se tesourier-generaal, Leigh-Anne Matthys, het probeer om die vrede te herstel, maar op ʼn video wat tans as harde getuienis die ronde doen, sien jy net ʼn gestoei en appels wat geswaai word.

Gardee, wat aanvoer die blote teenwoordigheid van Mathole in die hoofkantoor is genoeg uitlokking, weier om verder kommentaar te lewer. Hy beweer “stilte is goud werd”.

Mathole, aan die ander kant, is ver van stil. Hy ontken dat hy die gebou verbied is. Hy ontken dat hy Gardee eerste aangeval het, maar voer ook aan dat dit in orde sou wees selfs al was dit so, want die EFF gebruik vuisgevegte om hul standpunte in die parlement oor te dra.

Tydens die vuisgeveg was Mathole in die geselskap van Tshepo Goba, die verloorkandidaat in verlede jaar se verkiesing vir die pos van EFF-jeugleier.

Nou beweer Mathole hy is seergemaak – en nie net fisiek nie.

“Ons het spesifiek geen klagtes ingedien nie, want ons wou nie ons leier, Julius Malema, in die verleentheid stel nie. Kan jy glo dat mense in die EFF nou afwysend na ons verwys as anargiste?” het Mathole uit die hart uit gesê.

Hy meen dis alles besig om met hom te gebeur bloot omdat hy die EFF-jeugleier, Peter Keetse, uitdaag. Die bewerings dat hy ʼn verkragter is, is ook bog en berus op iets wat lank terug gebeur het, voer Mathole aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Malemasetjommie ·

Hierdie is absoluut normale gedrag van die EFF. Dit is hoe dinge gedoen word

Koos ·

Mens sal regtig verwag dat Maroela Media se Afrikaans beter sou wees. “Harde getuienis” – woordeliks vertaal van die Engelse “hard evidence” af? Komaan, redaksie!

ChrisE ·

Dan is daar nog mense wat sê ons het ‘n demokrasie. Miskien, miskien nie. Dit is ‘n duidelike voorbeeld van onvolwasse persone wat in posisies geplaas is waar hulle nie hoort nie. Emosionele intelligensie skitter in afwesigheid en beskaafdheid is ook nie in sig nie. Ongelukkig is dit die voorland. Solank die mense net onder mekaar onrustig raak en op hulself draai.

Diefie ·

Dis nou vuisslaan, môre is dit bloed wat spat. Mooi EFF hou so aan. ☺☺☺

James ·

Vreemde datum op cctv… kan hulle nie eers dit stel nie…

Leonie Bezuidenhout ·

Dagsê James

Dankie vir jou kommentaar. Ons het die berig gewysig om aan te dui dat die voorval reeds verlede jaar plaasgevind het, maar dat die beeldmateriaal nou eers aan die lig gekom het. Groetnis. Leonie namens Maroela Media.

Gert van Wierdapark ·

Die mense van die Efl sal ook alles doen om in die nuus te kom!!

Margaret ·

Violent soul = violent actions. Does not surprise me at all.

Ep ·

Nou waarheen hardloop daardie nar heen? Verkeerde toilet deur toe regte een ????????

Nel ·

Gaaaaaap…. het enigiemand dan nou beskaafde gedrag van die klomp (sal nie se wat ek hulle wou noem nie) verwag?

Johan ·

Feit is ‘n feit. Na aanleiding van hulle twis soekerige gedrag kan ‘n mens nie anders as om hulle te klassifiseer onder anargiste, Bokslagters of Tyre Skoppers nie. Hulle is ongelooflik selfvoldaan oor hulle onbehoorlike swak gedrag…..

Keelvol ·

Waarom moet alles wat EFF doen altyd aan die groot klok gehang word?
Dit is in elkgeval ou nuus.
Nee wat, hou op om hulle dekking te gee. Dit bevorder niks en is nie eens nuuswaardig nie.

Linda ·

Waarom lag ek ? ….Ek het verlede jaar gesien hoedat hulle n bekende kkerewinkel in Clearwater Mall plunder oor n aap op n T-hemp, toe…gaan plunder hulle die KFC en vreet al die hoender op !!!! hahahahaha

Andreas ·

Angie Motshekga, minister van onderwys, sê mos kinders tussen 6 en 10 jaar oud hoef nie in ‘n klas teruggehou te word as hulle nie slaag nie, daardie terughou op daardie ouderdom beteken niks.

George in Bloem ·

En watse wondelike voorbeeld is hierdie spul “leiers” tog nie vir hulle volgelinge nie.

Gert Centurion ·

Die opposisie partye is keelvol met verwysing na die staatskapery. Die waardigheid en integriteit van die heersende ANC laat veel te wense oor. Landsburgers volg die metodes van die heersende party. Hetsy korreptiewe bestuur en/of geloofwaardigheid. Die EEF het maar geen konkrete bydraende kwaliteite wat heersende omstandighede positief kan aanbied, verbeter of versterk nie. Wat is die waardetoevoeging? Waar is die kundigheid? Waar is die normale menswaardigheid? Opposisiepartye se ingesteldheid moet polities wetenskaplik aangebied word. Die vraag is kan die EFF dit bied. My antwoord is NEE.

Jannie van Niekerk ·

Lekker man. Hoe meer verdeeldheid daar tussen hulle is hoe beter is dit vir ware demokrasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.