[Video] Vuiste klap toe ‘withemde’ EFF verwyder

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

EFF-LP’s is Dinsdag vir die soveelste keer met gepaardgaande geweld uit die Nasionale Vergadering verwyder.

Pres. Jacob Zuma was Dinsdag weer in die Nasionale Vergadering om te reageer op LP’s se vrae. Zuma was egter nog nie eens op die podium nie, toe chaos uitgebreek het. Speaker Baleka Mbete het die parlement se veiligheidsdienste, die sogenaamde ‘withemde’, ontbied en EFF-LP’s is verwyder, maar nie voor daar ʼn paar vuishoue geval het nie.

EFF-LP’s is ook op 4 Mei uit die Nasionale Vergadering verwyder toe Zuma sy presidensiële begrotingsrede gelewer het. Die EFF se LP’s is hierna vir vyf dae uit die parlement geskors. Die party het daarna ʼn dringende hofaansoek gebring om Mbete te probeer verbied om hulle vandag uit die parlement te gooi. Die aansoek is egter van die hofrol geskrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Andre ·

In my kinderjare het die hanswors n rooi neus gehad.Vandag dra hul rooi “Overalls” en keer die Parliament om.Die res wat ek graag wil se,sal seker nie toegelaat word nie.

Irene ·

Nee moeg vir hierdie ou gewone nuus skande hoe hulle skreeu soos b in parlement

Babbelbek ·

Ons Parlement is ‘n totale sirkus – belaglik en die ergste van alles is dit gaan die wêreld in hoe gachoties dit hier gaan…….

Rina Pretorius ·

Suid-Afrika het regtig ‘n groot verleentheid geword vir die wereld. Hoe kan sulke swak gedrag hoegenaamd toegelaat word. Ek wonder of dit nie beter sal wees as die hele spul ontbind word nie

Rynhardt ·

Daar is net molesmakers in die parlement nou.Die srkus-sittings kan gerus stop! De Klerk nou kan jy sien wat jy en ander in parlement geskep het!

Andre Bence ·

Ja nee, FW het die land veraai en hom sodoende in chaos gedompel wat nie by ʼn stembus reggemaak kan word nie. Ons is egter darem nie alleen nie. Die hele wêreld lyk so. Daar is nie een leier, polities of kerklik , waarna enige wêreldling kan opkyk en sê; hierdie man is ʼn leier. Na hom kan ons opkyk. Elke leier in die wêreld huidiglik is ň jingo wat net vir eie gewin daar sit.

Albert van Zijl ·

Die wêreld is ‘n verleentheid, nie net SA nie. Onthou…wat hier gebeur is aangemoedig deur buitelanders en hul steun aan terroriste-organisasies.

Johann ·

Haai en dis dan só TEEN “the people’s” se tradiesies en kultuur om soos ….o gats…amper se ek iets wat my by die DBV in die moeilikheid sal kry…want hoe nou n onskuldige skepsel van dierlike aard aan vergelykings bloot te stel wat sy spesie se karakter erg mag aandoen. Shame…arme overall draers: hoe moet hulle ook nou weet “…..” maak nie so nie, tensy jy jou soos n “….” gedra? Ek skaam my dag na dag vir wat my Land as voorgedoen word deur sulke”…..”.

Pieter dp ·

Al hoe die probleem op gelos sal word is om van die krimenele, omkoopers en self verykende parliments lede wat deur die ANC in ge bring is onsla te raak. So doende sal die gahos tot n end kom. Orde sal dan weer kom. Die werild sal dan weer in ons gloo.

Piet Snot ·

Guy Fawkes het ook so gesê, Pieter.
Hy was helaas net nie besonder suksesvol nie.

Lies ·

Die vraag wat telkens in my opkom is: Wat sou gebeur het as wit parlementslede herhaaldelik so tekere sou gaan? Of hulle was rassisties of hulle is summier aangekla. Ek se maar net

chris ·

Lies , ek dink dink die wit parlementlede het meer ontsag vir die Parlement en is wel opgevoede mense met verstand !!!

Dries ·

Moet hul nie liewers PERS hemde dra nie ?Wit hemde is dalk te rassisties.

Boffin ·

Eendag is eendag dan gaan iemand nog hard agter sy eie gat val….

Mielie ·

Leë blikke maak die meeste geraas, EFF het niks bereik nie, hulle is limited met hulle uitkyk en strategie. Als vir hulle gaan oor geweld. Sekuriteit moet seker maak die brandblussers en brandweer is op bystand

Liewe heksie ·

Ek het dit gekyk op TV en ek weet nou nog nie of ek moet lag of huil nie

Pieter ·

Geweld Geweld van parlement tot in laer sole hoe regeer jy n land sonder disipline dis hoekom dit so gaan in die land ,

Cherokee ·

Kyk maar en onthou wat ek julle vertel – die DA en die EFF gaan een word.

Maddox ·

En terwyl hulle die parliament weer omskep in ‘n sirkus en zuma weer sy giggel buie kry en dink alles is ‘n groot grap, is die Rand weer besig om vining te sink. Maar nouja dit is seker meer belangrik vir die klomp om ‘n mags-vertoon te hou as om te probeer om hierdie stukkende ekonomie te probeer red!
Se baie oor die algehele tekort in intellegensie van al die parlimentslede, en hierby sluit ek almal van hulle in!

John ·

Uit watter huis kom die EFF? Wie is die Pa? Wat se die spreekwoord: ” Woorde wek maar voorbeelde strek”. En daar is nog baie kindertjies in die huis wat gaan groot word. Vader Eli is glo die naam van die Pa. Aai mense, ek lief die Bybel!

Frik Nel ·

Hoe kan mens trots wees op ‘n land waar dit so gaan in die parlement !!

MJL ·

‘n Klomp narre is verwyder. Die grootste gros sit nog daar.

E.K. ·

Skandalig. Die buiteland lag hul pap en het geen respek vir ons nie. Geen wonder niemand wil hier belê nie!

humor ·

Mielie die brandblussers is buite werking en dit is vir die brandweer onmoontlik om betyds te wees. Mense hou tog op om te se ek “lag” of die wereld “lag”. Niemand kan oor so n massale tragedie lus voel om te lag nie.

Kaspaas ·

Wat kommerwekkend is, is die feit as die EFF se hulle gaan iets doen dan doen hulle dit. Hulle gaan verseker n paar munisipaliteite wen en dit gaan interesant wees of hulle grond besetting gaan toelaat soos hulle gese het hulle gaan doen

uhmm ·

Dit is van self spreukend dat dit gaan gebeur. Dit is presies waarvoor hulle baklei. Maar ek is nie gepla nie, want dit raak my nie, ons het inelkgeval niks gehad in die ou regering nie en apartheid het my so min gebaat soos dit doen vandag in die kommunistiese regering. Wit of swart in bewind, albei soek grond en geld en sorg op die einde net vir hulself en die naaste aan hulle.

Chrisjan ·

Dis hoekom dit maar beter sou wees as ons apart kon leef.

uhmm ·

Mense, die is nie ‘n klomp narre nie en nog minder ‘n sirkus. Ons besef nie hoe ernstig die hele gedoente regtig is nie. Dit gaan oor opstokery tussen partye en binnekort gaan die skote klap. Ons moet net stil wees en in die agtergrond werk, moenie te veel boehaai opskop soos DA doen nie, hulle is die narre en gaan ons in die middel druk. Ek staan eerder terug en kyk van die kant lyn sonder om enige nasie, geslag of ras sleg te se. Die is Afrika, ons moet nuwe afrika leer ken.

Chris ·

Die buitelanders sit met groot oë en staar na die byna daaglikse sirkusagtige optedes in ons Parlement en dis een van die faktore waarom hulle nie in ons land wil belê nie. Vir hulle wil ek sê: Dis julle skuld! Julle wou hulle daar gehad het! Nou moet julle juis belê! Sodat julle kan voel hoe dit is om jou geld in die water te gooi!

hilgard ·

Dit gaan in die land soos in die Parliament… geen reels, chaos, gewelddadig, kriminele nie onder beheer. Om maar ‘n paatlr te noem

Siestog.. ·

Hee hee hee…honourable se *** man.
Wat n fiasco met hansworse en die hoofnar in die sirkus,nogal heel vermaaklik net jammer die land se ekonomie betaal die prys..
Ja die African way hy is hom mos sooo…laat hul hulself maar van binne af verwoes die klomp onopgevoede belhamels..wat n grap..

C ·

Nou word hierdie narre met hul rooi oorpakkies vir net 5 dae uit die sirkus geskors. Hul moet sommer permanent geskors word. Die EFF is ‘n groot probleem vir ons land, die feit dat hul geweld en moord so aanpor moet so vining moontlik gestop word. Ek kan nie verstaan dat niemand teen malema optree nie!

AmperKanada ·

Nou wonder hulle hoekom al die jong mense met grade uit die land uit vlug! Ek kry skaam vir ons land, en moet my nie verkeerd verstaan nie, elke land het sy probleme maar darem hou ander lande die hansworse uit die parlement uit!!

Poppie ·

Hulle gaan nog drieduisend en vierhonderd, twintigduisend en en een keer nog so te kere gaan

Jacques ·

Hoe se hulle, enige publisiteit is goeie publisiteit. Solank jy in die koerant kan kom vir gratis, why not. Wanneer laas was Cope in die koerant. Malema maak amok en almal buite lees dit en dink dit is cool.

GES ·

Ons is nie ver van die dag nie wat siener v Rensburg gesê het die parlement in wanorde uitmekaar sal gaan en ontbind. Hierdie is maar net die begin van die einde. Die Afrikaner-Boere volk se verlossing is naby. So hou goeie moed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.