Video: ‘Vuurballe’ het inwoners op hol

Skermgreep uit een van die video’s

‘n Verskynsel wat Dinsdagaand omstreeks 18:20 van ʼn noordelike na suidelike rigting deur die lug getrek het, het inwoners van Limpopo, Noordwes en Gauteng op hol.

Verskeie inwoners het hulle dadelik na sosiale media gewend om uit te vind wat dit is en hul video’s met vriende en familie te deel. Volgens kommentaar op sosiale media is dit selfs so ver as in Bulawayo in Zimbabwe en selfs Botswana gesien.

Prof. Matie Hoffman, van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement fisika, het aan Maroela Media gesê dit is vermoedelik ʼn meteoor of groterige stuk ruimterommel.

Brad Mockford van Mockford Farms in Limpopo het dié video met Maroela gedeel:

Leser Christelle Lock het dié video’s aangestuur wat in Dinokeng geneem is:

Hierdie video is in Vanderbijlpark geneem:

 

 

This just passed us in the sky .. what is this ??? Can some one tell me ? Had no sound .. How freaky!!!

Posted by Claire Calvert on Tuesday, August 24, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Willem ·

Dis die duiwel. Hy kom al sy dissipels haal vir ‘n groot braai in die hel. :-D

Hennie J ·

Sopas van onberispelike bron verneem………………..dit was zuma jr. op n fondsinsamelingsveldtog vir sy pa!!!!!!

Gabriel Hoffman ·

Het mense al weet van dit voor dit gebeur? Waar is nuus dat hulle se dit gaan verby Suid Afrika? Dit wat onverwags gebeur so dit beteken weer mense doen hulle werk nie? As dit gebeur tref aan SA. Gaan ons voorberei weet? Wonder ek

Elinette ·

Die aliens is hier!!!!! DIE ALIENS IS HIER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Moeder Aarde moet gereed maak vir ‘n inval deur die Anunnaki!

Oom Kaspaas ·

Dis 5G wat die sateliete laat aarde toe val ….. :-D

My2Sent ·

Volgens ‘n gesprekstuk vanoggend op RSG is daar gister vuurpyle met eksperimentele sateliete uit China opgestuur. Die persoon met wie hul gepraat het (was te laat om sy naam of beroep te hoor) sê na aanleiding van die kleur van die verskynsel en hoe dit gebrand het, ens, ens, vermoed hy dat dit afvalstukke van hierdie vuurpyle was. Ek het gaan Google en daar is inderdaad gister twee vuurpyle uit China opgestuur, so dis seker ‘n moontlikheid.
As jy nie saamstem, moenie my skiet – ek sê maar net wat ek op RSG gehoor het en wat ek met ‘n Google soektog gevind het.

Frank ·

Noord Korea se poging om Mars te gaan verken??????? Dink nou net as hulle in die Kalahari land en ‘n Boesman sien….

Belinda ·

As my ma nie so baie gepraat het nie sou ek dit seker raakgesien het. Ek geniet sulke ervarings. maybe next time…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.