[Video] Vyf beseer toe winkelsentrum se dak ineenstort

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vyf mense is beseer toe ʼn gedeelte van die dak van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp in die weste van Johannesburg Saterdagmiddag ineengestort het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die dak het tussen 16:00 en 16:30 ingegee nadat ʼn hewige reën- en haelstorm losgebars het.

“Paramedici van verskeie ambulansdienste het na die toneel gehaas en die beseerdes gestabiliseer. Sommige van die pasiënte was in ʼn ernstige toestand, terwyl ander net geringe beserings opgedoen het,” het sy gesê.

Al vyf beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ʼn Leser het hierdie video aan Maroela Media gestuur van die oomblik toe die dak ineenstort:

[wpvideo ql0fhou5]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Teen die natuur se storems het mens min verweer. Baie het dit tot hulle spyt agter gekom.

Liewe lulu ·

My foon wil nie die video aflaai, maar die video is ook op u tube

sjoe & wow ·

sjoe vir al die reën, maar mens raak tog bekommerd dat “malls” soos paddastoele verrys, dalk moet hul tog bietjie meer tyd & bietjie meer kwaliteit produkte sowel as arbeid investeer. Chinese is goedkoop, maar sulke herstel maak dat ons land se eie bouers dalk beter werk kan doen op die lang duur. Gelukkig het daar net 5 mense seergekry in so groot ongeluk! Baie geluk aan die jong man wat die reën storm wou afneem, jy het ‘n ongelooflike wow video, sodat ingenieurs daarna kan kyk en planne maak, sowel as leer vir die toekoms.

Doons ·

Watter ingenieurs? Hulle koop sommer hulle kwalifikasies,dink aan PRASA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.