Vyf mense is in Secunda in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met ’n aanranding wat op video vasgevang en op sosiale media versprei is.
In die video kan gesien word hoe ’n groep mense ’n swart man (27) op die grond in ’n parkeerterrein van ’n vulstasie, vermoedelik ’n Sasol, pak en hom skop en slaan.
“Die slagoffer het glo een van die verdagtes, Sonja van Meyeren, gekonfronteer nadat sy haar motor uitgetrek en die slagoffer se motor gestamp het. ’n Argument het tussen die twee ontstaan waarna Meyeren glo ’n oproep gemaak het. Oomblikke later het vier mans op die toneel opgedaag en die man ernstig aangerand.
“Die slagoffer het die voorval kort daarna by die polisie aangemeld,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.
Dit is nie duidelik wanneer presies die voorval plaasgevind het nie.
Hlathi het die verdagtes intussen as Dean Venter (29), Frank van Meyeren (36), Jonathan Vermeulen (41), Sonja van Meyeren (47) en Johannes Vermeulen (50) identifiseer.
Hy sê hulle is onderskeidelik op 29 en 30 Junie in hegtenis geneem en sal na verwagting vir ’n tweede keer op 27 Julie in die Secunda-landdroshof verskyn.
“Die polisie ondersoek tans ’n saak van aanranding met die opset om te ernstig te beseer.”
Lt.genl. Semakaleng Manamela het die voorval veroordeel en ’n beroep op die publiek gedoen om verdraagsaam teenoor mekaar te wees en nie geskille met geweld op te los nie.
“Gedrag wat ander se lewens bedreig, sal nie geduld word nie.”
This happened in Mpumalanga, 5 people have been arrested pic.twitter.com/wlBacV9zog
— K U L A N I (@kulanicool) July 6, 2021
As jy soos ‘n moeggoe optree, moet jy gaan sit!!
Se dit vir zuma en beheki ook
Ons almal weet hy moet gaan sit, lank! Hele paar van hulle moet gaan sit.
Maar ongeag wàtter frustrasie die ongeregtigheid en onregverdigheid meebring gee dit gèèn mens die reg om n ander sò te behandel.
En dan nog soveel volwasse afrikaanse mans teen een – wat n skande!! Dit spreek boekdele van hulle menswees.
So het ons eie mense maar net sulke vrot appels soos enige ander volk.
Nou reken jy dat almal maar kan maak en breek soos hulle wil.
Twee afduimpies is van omies met leerbaadjies wat dink hulle is Hell’s Angels
Hulle gaan seker tronk toe, maar tog net nie Zuma nie…?
Julle wat nie saamstem nie is seker Zuma ondersteuners… Haha… just kidding!
Zuma moet tronk toe. Hulle moet óók tronk toe… Of Zuma tronk toe gaan of nie, dis waar hierdie mense hoort. En ja, Zuma hoort beslis óók daar…
Ek hoop so!! Hulle optrede is onaanvaarbaar!
Sies
Ja was dit andersom gewees sou niks gebeur het nie ,nog niks gehoor of gesien van persoon in polisie stasie aangerand is nie
Nee Gerrie
Jy staan vir verkeerde beginsels
As dit jou PA of broer was en ek plaas wat jy plaas wat Sal jy se
Reg gevra Hendrik,hy moet die dinge in die regte perspektief sien.
Verkeerd bly verkeerd Gerrie. Dit het niks met Zuma of ander gevalle uit te waai nie.
Wat verkeerd is, is verkeerd maar waarom die dubbele standaarde soos Gerrie se wat van die person wat in die polisie stasie aangerand was. Reels is goed maar dit moet konsekwent toegepas word.
Mense wat in groepe aanval is sterk, wit en swart.
Dis ‘n feit wat staan soos ‘n paal bo water.
maak dit hierdie dan ok? sover ek aangaande is, kan hulle almal toegesluit word – 5 teen 1 is walglik, en hulle verdien watookal hul straf gaan wees
Dit het niks met Zuma te doen of as dit anders om was nie. Dit is plein onmenslik dat 5 mense een mens so aanrand. Ek hoop hulle word toegelsuit. Sies man!!!!
Die haat in die mens se hart is te groot teenoor ander nasies.
Danksy die dubbele standaarde vd anc.Of weet jy nie wat om jou aangaan nie
Werner As jy my wil antwoord doen dit ordentlik, ek is nie ‘n idioot nie. Die manier wat jy antwoord se alles van jou. Dubbele standard of nie, mens doen nie so iets nie.
Geen dubbele standaarde nie. Mense wat ander so aanrand verdien om vir ewig uit die samelewing verwyder te word. As jy vir sulke mense is of dalk een van hulle geld dieselde vir jou.
Soms kry ek bitter skaam vir my eie nasie se dade
Die haat in die mens se hart is te groot teenoor ander nasies
Jy wat duim af wys of jy daar van hou of nie dis ‘n feit,jou hart is die oorsaak van alles wat dink of doen.PUNT
Voel absoluut soos jy Misky
Ek is Skaam vir wat my mense doen
Sies
Klomp lafaards! Was dit nou nodig?
Miskien was dit, ons weet nie wat die man vir die vrou gese het nie.
Hulle gedrag is om van skaam te kry. Sies man. Hulle verdien hul lot. Barbare tree so op.
As dit nou ‘n Engen was sou dit ‘n helse storie gewees het, kan nie net ek wees wat al agtergekom het dat Engen se joggies van baklei hou nie?
Omw nie woorde nie
Is al die opseep dinge wat in die land aan gaan… Mense raak moeg vir onregverdigheid… :(
Nee wat. Daai optrede is hul eie skuld. Jy ry nie al die pad van die huis af om ‘n swarte aan te rand omdat Zuma nie in die tronk is nie. Jy doen dit want dis hoe jou pa en sy pa en sy pa was en jy sit die tradisie voort.
Nee VaalDonkie dis juis die probleem jy kan nie jou pa en oupa blameer vir jou optrede nie. Jy klink nou nes die anc wat apartheid vir alles blameer. Jy is verantwoordelik vir jou eie dade en optrede. En as ek so na die manne kyk gee hulle nie om watter kleur die slagoffer is nie.
Daleen, ek dink jy’s reg. Hulle diskrimineer nie. En ja, ek moes besluit om nie soos my pa en oupa te wees nie. My oupa het geglo hoe misliker jy moet jou kind is, hoe meer “leer” hy. My pa het daai selle houding gehad. Hy het my eendag sommer verskree omdat ek nie geweet het wat ‘n “Vernier” is nie. Ek was later so bang vir hom dat ek begin maagpyn kry het as dit naweek is, want dan wil hy aan goed werk en dan moet ek staan en flits vashou of verniers aangee. En dan is dit pakslae tyd as ek te lank vat om ‘n #13 met die oog te kan uitken.
Anyways, my kind is nou amper 3 en ek sal vir haar met liefde alles leer wat sy moet weet. Ek sal nie die Here se naam ‘n vloekwoord maak as sy nie die koppelaar reg trap nie. En ek sal ook nie voor haar (of selfs waar sy nie kan sien nie) op ‘n swart man se kop spring omdat hy laat was vir werk nie.
Agree
So gemaak so laat staan
Ek keur die optrede glad nie goed nie maar hoekom noem Maroela in die berig dat n swarte aangeval is terwyl daar nooit genoem word dat n wit persoon aangerand of aangeval word nie. Waar is die deursigtigheid in beriggewing?
Darem bly hulle het jou kommentaar geplaas ek wil dit ook weet
Stem saam Jakes – ek het MM ook gevra om asb in die toekoms die ras van slagoffers en die ras van misdadigers pertinent te plaas in berigte.
Jy wat duim af wys of jy daar van hou of nie dis ‘n feit,jou hart is die oorsaak van alles wat dink of doen.PUNT
Aan almal wat nou so geskok is jy kan n hond net slaan tot hy genoeg het.Maak julle maar reg vir nog baie skokke.En Androclus kom terug SA toe dat jy kan sien wat hier aangaan voor jy wil preek
Ek dink dis eerder n geval van skaam kry ou Werner
Ek is in SA dis hoekom ek preek laat die skille van jou oë af kan val.Werner
Dink eerder dis tyd dat die skille van jou oe af val.Jy seker ook een vd liefdes predekers.Weet jy ooit wat daar gebeur het of glo jy weer die verdraaide storie vd media
Skuim van die aarde kom in alle kleure. Wit ook. Hulle dink mos daai baadjie maak hulle sterk. die ou bikers hou mos daarvan om moeilikheid te maak daar waar gewone mense rustig wil kuier en afblaas na ‘n week se harde werk. Plaas dat hulle en die Bakkie Brigade mekaar uitsorteer en die res van die mensdom met rus laat.
Secunda se biker-gang is baie berig vir hierdie soort aanvalle. Wit of swart. Almal in die omgewing weet wie is hulle. Live by the sword die by the sword.
And yet we don’t learn!!!!!!!! nee wat hoor as jy dom is moet jy sukkel!!! Welkom in nuwe suid afrika mnre
Dis skokkend om te sien wat mense aan mekaar doen, en dan is hier mense wat sulke gedrag goedkeur en hulleself Christene noem. Ek boer en is deeglik bewus van ons land se probleme. So moenie sê aanranding is geregverdig in hierdie situasie nie.
(Tong in die kies) Die aanranders dra ook nie maskers nie…
Is oukei, Brannewyn maak die virus dood
Lol, hulle was te uit asem Hendri
ek het nie eens die afwesigheid van die maskers raak gesien nie – baie skerp! Ek stem saam, mense wat dit probeer regverdig is net so af soos die gemors wat 5 teen 1 baklei
Ek weet nie. Ek was kommin toe ek jonger was en als, maar ek het nooit in ‘n geveg betrokke geraak waar daar meer as twee ouens was nie. Ons het darem min of meer eerbaar gewees in daardie opsig.
Soos ek gesê het, as dit andersom was het die land gebrand. As die dame die polisie gebel het, sou hulle nie uitgekom het nie. As sy die saak gaan aanmeld het bestaan die vrees dat hulle haar sou toesluit. Soos rukkie terug wel gebeur het. So, wat moes sy doen, julle klomp slim mense!
Stem 100% saam Anel
Anel, ek is nie slim nie, maar wat sy gedoen het is heel normaal. Almal wat hulp nodig het bel gewoontlik iemand om te kom bystaan of te kom help. Wat egter die probleem is, is dat die persone wat sy gebel het, ‘n ander persoon aangerand het, en dit is waaroor die berig gaan,
Het sy vir die “aanranders” gese, ek was in n ongeluk, kom slaan hierdie ou in wie ek vasgery het?
Ai, dis vieslik! Hierdie is onaanvaarbaar. Wat met Zuma of Magashule of wie ook al gebeur, is irrelevant. Mense wat só optree moet uit die samelewing verwyder word!
Stem nie saam wat die mannetjies gedoen het nie,dis op video vasgevang en op sosiale media, hulle kan in groot moeilikheid beland
Berei julself voor vir die EFF, hulle kan nie wag om redes te kry om blankes te blameer nie.
Warren, wel hier gee “low life” blanke uitvaagsels die EFF goeie rede met bewyse.
Ag nee regtig mense.. Is dit nodig? Julle het nou meer probleme as wat julle kàn dink…
Kommin in hoofletters met ‘n kappie op die o.
Skandalig. Geen helde in normale mense se oë nie. Mense met ‘n tikkie integriteit tree nie so op nie.
Kom ek probeer weer my kommentaar pos – ons blanke mense is moeg daarvan om alewig beskuldig te word van rassisme en alles wat ons voorouers verkeerd gedoen het. Die rassisme-pot is stadig besig om warmer en warmer te raak. “Mark my words” – ons stuur af op volslae ras-gemotiveerde burgeroorlog, soos dinge tans staan. COVid-19 help ook nie – almal se lonte is deesdae baie kort. Vir diegene wat summier hier veroordeel – kry eers jul feite reg. Ek is seker daarvan die dame het nie die ander persoon se voertuig met opset gestamp nie en dat die “gesprek” wat daarna gevolg het, nie ‘n oor-en-weer-“hoe-gaan-dit-met-jou”? was nie. Sy het waarskynlik bedreig gevoel en toe haar man gebel, wat toe met ‘n paar versterkings opgedaag het.
Beste kommentaar van hierdie berig stem 100%
Elinette jy se ” Vir diegene wat summier hier veroordeel – kry eers jul feite reg” dan se jy ” Sy het waarskynlik bedreig gevoel ” …so jy raai self net?
Jy raai ook Anthony want enige logies denkende mens sou gebel het omdat sy bedreig gevoel het.Of dink jy nou sy wou wraak neem.Dink almal moet maar wag met hulle oordele tot die waarheid uitkom.Elinette is 100% reg om te se dat ons moeg word vir die behandeling wat ons kry in hierdie land.Is jy tevrede dan kan ek verstaan dat jy nie verstaan wat sy probeer se nie.
Nee ek verstaan wat Elinette se Werner, maar ons almal raai maar, jy self raai nou dan nie? So ons lig ons oningeligte opinies. Dit maak vir interessante gesprekke, so lank ons nie kwaai & persoonlik raak met nie of wat se jy?
Stem ou maat
Vaaldonkie..ek stem skuim kom van orals..en ja ken so bietjie daai lot…en hulle is maar deel van dit..die skuim…glo my hulle glo daai baadtjie help hulle met so paar drink goedtjies da by..en ek wonder of hulle nie so paar happe in het nie.. hulle se mos brandewyn het nie brieke nie
Jammer die mouterbaaik het ook nie brieke nie
Ek kan glad nie spekuleer wat wie waar gedrink het nie. Daar is nêrens in die berig genoem van enige alkohol wat gedrink is, of enige alkoholtoetse wat gedoen is nie, so eintlik is dit onmoontlik om te kan sê dat enigiemand dronk was. Ek weet ook nie wat die gebeure voorafgegaan het nie. Ek was nie daar nie, en het nie genoeg inligting om ‘n oordeel te fel nie. Al wat ek kan sê, is dat die optrede soos uitgebeeld in die video, geensins goedgekeur kan word nie, ongeag wie jy is of hoe jy lyk. Geweld is wel geregverdig wanneer ‘n lewe bedreig en ter beskerming aangewend word.
vraag: Is alle bikers so, om soos n trop wildehonde op 1 persoon toe te sak? Ek het nou al hoeveel gevalle gesien, waar n ou en se meisie by n kuier plek rustig sit en kuier, dan kom soek n biker vir moeilikheid, en as die meisie se ou hom aanvat, dan is die res van sy buddies by om te baklei? Soos ek se dis net n vraag, miskien is dit nie almal nie,maar die paar wat hulle so gedra gee alle bikers slegte name.
Jy kn sien in die video, dit is bikers,met hulle club se baatjies aan.
Eintlik gee hulle blankes ‘n slegte naam.
As dit ‘n een op een geveg was kon ek nog rede probeer soek om dit te regverdig het maar 5 teen 1 en om hom te skop terwyl hy le is totaal en al ONAANVAARBAAR. Lafaards soos julle moet maar kry wat julle kant toe kom. Sak my kop in skaamte.
Die ou toppie , hier by 1 min in die video, jy kan bly wees jou biker buddies was by ,anders het jy dalk jou alie gesien :) . Ek glo die storie het 2 kante, sal wil weet wat die ander knaap gedoen het, om dalk die hele ding uit te lok?
Hierdie “mense” in hul groepies wat hulself met belangrikheid ‘self kroon.
Ek se nie hull optrede is reg nie, ek se net dinge wat in die land aan gaan maak mense moedeloos, naderhand het dit n bom uitwerking en onskuldige mense loop deur…
mense is in elk geval nie veronderstel om in die nag rond te ry nie.
Swak emosionele intelligensie. Dis eintlik wat dit is. Daardie situasie kon maklik ontlont geword het, maar hulle het eerder hul name sleg gemaak en nou kry hulle nog kriminele rekords ook…
Nee man ouens, dink met julle verstand.
As blanke mense nie weet hoe om hulle teen die tyd te
gedra nie, moet hulle maar leer op die harde manier..
Sonja van Meyeren kon net verskoning gevra het,
maar toe kry sy haar vriende om die slagoffer reg te sien.
As jy dom is moet jy sukkel, ek skaam my vir sulke bedrag.
haat dit as mense nie hul eie fights kan fight nie.
Sies en julle noem julself Suid Afrikaners
Sies man
Waar het daai geweld julle nou gekry
Ek kry skaam vir my eie nasie
Kon daai poppie nie net die polisie gebel het nie of was geweld wat sy wou hè
Julle ken dalk nie Secunda polisie nie, ek het n inbraak ses jaar terug gehad, terwyl, ek, my vrou en 2 van ons dogters in die huis was, ek wag nou nog dat hulle my kom besoek… En dit is n feit
Msroela Media…behandel almal gelyk asb. As die swart op wit geweld is, noem julle glad nie die velkleur nie, maar waneer die wit op SWART geweld is, sê julle UITDRUKLIK dat n SWART man aangerand is….skaam julle dat julle aanhits…
Mooi so daar slaan hulle weereens die wittes se naam met n plank. Die manne was baie sterk vier teen een dit is nou braaf. Sluit hulle ook maar toe en laat hulle betaal vir die swart man se pyn en lyding miskien sal hulle dan n les leer.
Ek lees bittermin dat daar genoem word ‘n wit man … gewoonlik sal dit wees ‘n man… maar in die geval is dit genoem… ‘n swart man!