[Video] Wag tydens transitorooftog doodgeskiet

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Veiligheidswag is Saterdag tydens ʼn transitorooftog in Athlone, Kaapstad doodgeskiet.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het omstreeks 09:50 op die hoek van Klipfontein- en Canieweg plaasgevind. Volgens Rwexana was die veiligheidswagte besig om kontant by verskeie kitsbanke af te lewer toe vyf verdagtes op die transitovoertuig toegeslaan het.

“Twee mans, albei 44 jaar oud, is geskiet. Een van hulle is dood, terwyl die ander na ʼn hospitaal gehaas is vir behandeling,” het Rwexana gesê. “Die verdagtes het in ʼn grys Audi met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.”

Sy het gesê sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Saterdag het ʼn onbekende aantal rowers ook met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug nadat hulle ʼn transitorooftog op die R24 aan die Oos-rand uitgevoer het. Die verdagtes het plofstof gebruik om die transitovoertuig ten aanskoue van talle motoriste op te blaas.

In Mokopane in Limpopo het die polisie Saterdagoggend ʼn beplande transitorooftog gestuit nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het. Die polisie het die verdagtes se voertuig op ʼn pad buite Mokopane voorgekeer en ʼn skietgeveg het ontstaan. Twee van die verdagtes is doodgeskiet en een is ernstig gewond. Twee ander verdagtes was ongedeerd en is in hegtenis geneem.

Die gebruiker Police Pics And Clips het beeldmateriaal van ʼn veiligheidskamera wat die rooftog in Athlone vasgevang het op YouTube gedeel.

Die video is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie:

https://youtu.be/v8HqqD6j114

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Geen respek vir die lewe nie. Mag hul lewe net so weggeneem word soos wat hul met ander doen.

Penellope Jones ·

Hulle het net geen, maar geen respek vir ‘n ander persoon nie, nog minder respek vir lewe.
Koud, hard en gevoelloos.

Manie ·

Inside job. One can see the driver inside the vehicle but he is not driving of. Typical. Tonight he will get his share.

Ange ·

Hoekom is dit nodig om die man te skiet en n familie uitmekaar te skeur? Daai geld beteken niks. Dis papier.

Swanna ·

Die wag wat geskiet is het nie sy samewerking gegee nie en moes boet daarvoor. Hy was nie deel van die plan nie. Wat ek nie kan verstaan is dat nie kan bepasl hoeveel geld gesteel is nie. Hoe hou hierdie firmas rekord hoeveel geld vervoer word op ‘n tyd. Daar moet rekord wees en weereens se ek dit is ‘n inside job.

Pastoor ·

Jys reg Swanna. Daar word streng boekgehou. Verseker n inside job. If you live by the sword you will die by the sword. Innige simpatie vir die man. Hy sterf dit is nie eens sy geld nie

Harrie ·

Regtig Maroela..in ‘n land met soveel geweld neem julle deel aan die verspreiding en bemarking daarvan.Dink aan hierdie gelde wagte se families en vriende en die angs waarin hulle leef…nie baie mooi van julle nie…

Theresa B ·

Stem SO saam met AL en Penellope Jones. Dis ondenkbaar!!!

thelsa ·

SA behoort omtrent die enigste land te wees wat advverteer met hierdie gepantserde en gemerkte voertuie “Ons vervoer geld. Ons kan beroof word want ons vervoer baie kontant”
Daar behoort seker ‘n meer intellegente manier te wees om dit te doen”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.