Video: Wagte beseer in transito-skietery op N1

Die transitovoertuig is op sy, sy in die pad aangetref (Foto: Verskaf)

Drie veiligheidswagte is beseer toe rowers op ʼn transitovoertuig op die N1 noord van Pretoria toegeslaan het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici omstreeks 10:20 na die N1 tussen die Wallmannsthal- en Murrayhill-afrit in Pretoria ontbied.

Volgens ooggetuies het ʼn verdagte voertuig die transitovoertuig van die pad afgedruk, waarna ʼn skietery uitgebreek het. Die transitovoertuig het gerol.

“Drie sekuriteitswagte het geringe tot matige beserings opgedoen. Dit hou egter nie verband met skietwonde nie. Paramedici het hulle op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling,” bevestig Herbst.

Volgens Emer-G-Med, wat ook op die toneel was, was daar vier wagte in die transitovoertuig. Die vierde wag het ongedeerd van die voorval afgekom.

Die omstandighede van die voorval word ondersoek. Dit is nog nie duidelik of enige geld gesteel is nie.

In ʼn video wat op sosiale media versprei word, is dit duidelik hoe die transitovoertuig in die pad op sy sy lê. ʼn Wit Toyota Fortuner is langs die pad in vlamme gehul. Dié voertuig was na bewering by die gepoogde rooftog betrokke.

Verkeer is erg deur die voorval ontwrig en teen 12:30 was van die bane steeds gedeeltelik vir verkeer gesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marius ·

Die bestellings vir geskenke rol nou in . Lekker plek ne padda pot ?

Snowball ·

Dalk kan iemand nie hulle personeel se salarisse betaal nie….

Kobus ·

Help my asb . Ek verstaan die geldwaens is gepantser en is dus baie swaar. Hoe of waarmee druk rowers so ‘n swaar voertuig van die pad af? Indien die bestuuder aanhou ry behoort die kapers mos die aftog te blaas omrede hulle voertuig beskadig sal word. Selfde geld vir indien hulle die pad versper. Ry hulle in hulle kanon in. Voorstel aan die sekuriteits maatskappye. Installeer iets soos pepersprei sproeiers wat na buite sproei binne die voertuig. Meng sommer met kleursel ook,die boewe sal maklik identifiseerbaar wees.

Potties. ·

Mense het amper 2 ure aan 5km gery was glad nie nice nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.